Heavenletter #5535 Jy Is Gemaak Van God
God het gesê:
Waarvan is jy gemaak? Waarvan is jy werklik van gemaak? Wanneer als gesê en gedoen is, en al die nonsens is weggevat, wat bly oor? Hierdie is wat jy van gemaak is.
Jy is gemaak van God. Ja, jy, jy is gemaak van My Liefde. Ah, as jy dit net kan aanvaar en al die speelgoed wegbêre wat jy bekom het op jou pad, hoe gelukkig jy sal wees.
Warboel, egter, is waardevol vir jou. Jy is nie op die regte pad nie, geliefdes. Daar is so baie wat onnodig is wat jy wil glo is noodsaaklik vir jou, insluitende al jou eienaardighede. Jy kan jou nie heeltemal verbeel wat van jou sal word as jy minder bedek is met jou persoonlikhede. Ek sê persoonlikhede meervoudig want jou persoonlikheid is lieflik en soet en ook aanvallig vir die wêreld en jouself. Jou persoonlikhede speel rond in die velde van die lewe.
Hierdie gedetaileerde afwaartse neigings wat jy mee saam hardloop hou jou waar jy is. Beslis, jy sal daarvan hou om dit te verander en tog, terselfde tyd, jy is geheg aan die verlede wat jy sal goed doen om tot rus te laat en te verwyder van die rakke van jou verlede. Los die verlede agter jou. Laat die verlede gaan slaap.
Gereeld is My kinders slegs houers vir die verlede, versamelaars van dit wat nie langer bestaan nie maar wat lewendig gehou word vir ou vergane dae, lewendig gehou maak nie saak wat die koste, dieselfde manier wat te veel van My kinders besittings stoor in gehuurde stoorplekke en eindig op om 'n fortuin te spandeer om die verlede fisies te vermeerder. Die oorblyfsels van die verlede is nie meer langer goed vir gebruik deur jou nou nie, behalwe vir versamelstukke wat jy iewers verplaas. Al wat dit nou doen is stof versamel.
Onthou, jy is Eenheid, en Eenheid is eenvoidig. Eenheid is basies. Eenheid maak saak, nie ou oorblyfsels wat moeilik is vir jou om te los nie. Omhels die nuwe.
Besittings is nie regtig besittings nie. Hulle is idees. 'n Tafel is 'n genaamde idee. Dit is nie waarlik 'n aandenking nie. Wat waarlik van waarde is is lig, nie swaar nie. Moenie die verlede naby jou hou nie slegs omdat die verlede moeilik is vir jou om te los. Jy kan net uitstel wat onvermydelik is.
Wat maak saak in die wêreld? Jy maak saak. Die Lewe maak saak. Maak plek vir liefde insluitend liefde vir jouself. Jy is ver meer as wat jy geweet het. Begin nou om te leer.
Verminder die onnodige. Behou die goud. Die goud is jou ware wese, nie 'n trou-rok nie, nie jou opgestopte speel-beertjie van jou kinderdae, niks van jou verlede nie.
Jy lewe in die lewe nou. Jy lewe nie langer in 'n grot van die verlede nie. Kom uit die verlede uit. Jou verlede was dalk gewigtig. Dit bestaan nie meer nie selfs al mag jy 'n huldeblyk maak vir die lang-vergane verlede. Jy is jou huidige reis, nie 'n ou een nie.
Ou gedagtes laat jou val. Wees bewus vir die opeenhoping van die verlede en dit op te trek na die huidige. Opeenhoping van die verlede is soos om sente te spaar wat nie meer geldig is nie. Ou sente is van geen goeie nut vir jou nie. Hulle hou jou terug van die Lig van Vandag. Iets hoef nie weg te wees vir jou om dit te waardeer nie.
Hierdie droom wat jy betree het hou nie vir ewig nie, en dit is 'n goeie ding. Droom die Waarheid wat jy nou leef soos Ek jou herhinner dat jy is die Volheid van Alles Wat Ek Is. Op die heel minste, nooi Ek jou om saam My te sit by die Koning se Tafel. Jy sal ontdek dat jy behoort reg hier saam My. Jy sal wel ook ontdek dat jy nog altyd reg hier by My was, selfs soos jy rondrits in die kort-bestaan wêreld van vlugtige illusie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"