Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5524 Diamante Is Diamante

God het gesê:

Wanneer kom Stilte? Wanneer jy vir dit luister, sal Stilte jou seën. Die Stilte wat nie gehoor kan word nie sal jou ore vul. Die Stilte sal jou hele bloedstroom vul. Die Stilte sal huis wees vir jou. Jou hart sal verplig wees deur dit.

Verplig tot wat? Jou hart sal verplig wees om plek te maak vir hierdie Stilte. Die Stilte vat eenvoudig oor, en jy ken Eenheid. Dit vloei oor. Dit vat jou kleinheid wat oorbly en vul dit tot die rant met Eenheid. Jy dink nie Eenheid nie. Jy IS Eenheid.

Die Stilte is soos 'n fluit vanwaar alle note kom. Die Stilte waarvan Ons praat is musiek wat oor jou kom. Als wat jy gedink het jy was verdwyn. Jy hoor niks behalwe Myself nie. Jy is niks behalwe Myself nie. Jy is waarlik uit hierdie wêreld van reg en verkeerd, goed en sleg. Jy is uit die wêreld. Daar is geen vrae nie. Daar is Wese, en jy is die Wese. Daar is niks behalwe jy - die jy wat Ek is, dit is.

Jy is die Bron van. Jy is die Bron. Jy is wat jy gesoek het die hele tyd. Jy soek nie meer vir dit wat tot jou beskikking is nie omdat jy nou weet waarin Ek woon. Die Bron, jou Ware Self, was nog altyd tot jou beskikking. Dit is nie dat jy 'n alchemis is wat tin in goud kan verander nie. Tin was nooit nie. Goud het nooit weg gegaan nie.

Diamante is diamante asof jy nou bewus is dat hulle diamante is of nie.

Wat Ek van praat is nie 'n bewustelike besluit nie. Jy kan nie 'n besluit neem om Eenheid te wees nie. Geliefdes, jy jouself en Ek is die besluit. Dit is wat jy voor gewag het en angstig was vir, Eenheid wat altyd reg in die palm van jou hand was.

Wanneer jy Alsheid is, is daar geen vrae nie. Daar is geen soeke nie. Jy bly in die Hart van Eenheid waar Eenheid Alleen is. Jy is nie in die Water nie. Jy IS die Fontein van die Water.

Hierdie het niks te doen met Ego nie. Ego is nie instaat om die Stilte te betree nie. Ego moet horings en fluitjies het. Stilte is. Stilte is Alles en vereis Niks nie. Heelheid is Heelheid. Dit kan nie opgebreuk word in stukkies nie, anders is dit nie Heelheid nie.

Stilte is nie presies 'n ontmoetingsplek nie, omdat Ons is nog altyd ontmoet. Daar is nie nuwigheid hier nie. Daar is wat nog altyd was. Wat jy na gesmag het is jou Self.

Dit mag lyk of jou Self nog altyd buite jou was. Jou Self was nog altyd binne jou. Dit is asof jy te besig was, en die wêreld was te raserig. Jy het nie geweet hoe om 'n breek te vat van die wêreld nie, so ook wou jy nie 'n breek vat van die wêreld nie, omdat die wêreld jou van een soort avontuur bied. Stilte vat nie weg van jou af nie. Dit vat wel jou onkunde weg en restoreer jou tot jou onskuldigheid.

Dit is nie heeltemal dat jy dit bedink het en dit uit gedink het nie. Wanneer die Son skyn, weet jy wat Sonskyn is. Daar is nie uitdink of konfigurasie nie. Daar is nie details nie.

Daar is geen opstyg nie, omrede jy is gestyg. Daar is nêrens om te gaan en geen tyd om dit in te doen nie.

Is dit moontlik vir jou om in die wêreld te beweeg en in die Stilte te bly? Ja, dit is. Dit is die Realiteit, maar jou bewustheid het dit nog nie geabsorbeer nie.

So gebeur dit dat jy gereeld in teenstryd is met jouself. Jy is nooit in stryd met My nie, maak nie saak hoe baie jy mag dink dat jy is. As jy in teenstryd is, is dit met jouself waarmee jy in stryd is.

Alle argumente, ongeag van hoe hulle mag verskyn in die wêreld, is met jouself. Die vyand wat jy dink daar buite is, is jouself. Jy is vry om aan te hou veg, net soos jy vry is om die non-Ego Heerlikheid wat die Waarheid van jou is te aanvaar. Al hierdie het jy nie herken of besef nie. Ons praat van Self-Besef. Dit is die mees non-ego ding wat jy ooit aan gedink het.

Ego was nooit werklik nie. Eenheid is.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"