Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5525 Die Lewe Is Goed

God het gesê:

Teer is die Hart van God.

En, tog, sommige van My kinders, van tyd tot tyd, of hul hele lewe lank al, sien My as 'n monster wat blyk in hul pad te staan.

Dit is goed om te onthou dat Ek is aan jou kant, asof daar kante is. Daar is geen voordeel vir jou om die idee te dra dat Ek teen jou is nie.

Die Lewe is nie altyd 'n maklike rit nie. Dit is geen geheim nie. Dalk het jy te vinnig toegesak op die probleme wat jy ervaar tot die uitsluiting van jou seëninge.

Ek weet wat jy voel en hoe jy voel. Dit is die moeilikste ding van als, in jou berekening, om 'n kind te verloor. Ek is wel bewus van die pyn wat dit skep. Ek maak nie lig daarvan nie, geliefdes. Ek is nie hard van hart wanneer Ek moet sê dat jy jou eie hart seer maak nie.

As jy jou kind in jou arms gehou het vir een jaar, of twintig, of vyftig, sal jy nie bly wees vir die dae en jare wat jy toegestaan is nie? Die alternatief mag wees dat jy nooit geboorte gegee het aan jou weggevliegde kind nie. Is dit wat jy sal kies? Ek dink nie so nie.

Daar is groot pyn wat ervaar word op Aarde. Almal weet dit. Dink jy dat Ek nie weet nie?

My bedoeling is nie om jou seer te maak nie. Dood mag dalk na die ergste ding op Aarde lyk vir jou. Hierdie idee kom tot jou nadeel want, geliefdes, julle sien dood as 'n vyand. Dit is 'n fout van die intellek.

Jy kan nie glo dat iets so erg soos om 'n geliefde kind te verloor kan met jou gebeur nie. Jy sou dood voorkom of verwyder het van die aangesig van die Aarde as jy kon. Jy sou dood heeltemal weg vee sodat niemand kan ly nie.

Ek maak nie lig van wat jy deurgaan nie. Soos jy dood sien, kan jy net ly. Die dood van jou geliefdes is ondraaglik om te dink om nie te praat van om te ervaar nie. Geliefdes, wanneer jy ly, dan sit jy jouself deur dit.

Emosies volg gedagtes. Jou persepsie van dood is die skuldige. Jou oortuigings is die skuldige. Jy is ingeskerp met die idee dat verlies is gelyk aan lyding. Jy het groot geword met die idee. Sommige mag dalk sê jy was gebore met dit, omrede as 'n jong kind, het jy gehuil met die verlies van jou speel trok of pop.

Dood is deel van die lewe. Dood is 'n normale deel van die lewe. In die Lewe, is daar vloei. Wat in die lewe bly dieselfde, geliefdes? Die gety kom in, en die gety gaan uit. Jy kan nie die gety terug hou nie.

Op een of ander manier, of op 'n sekere manier, kom oor die idee dat die lewe en of die dood is 'n straf. Om verlies te ly is 'n idee. Dit is 'n idee waarmee jy nog altyd saam gegaan het. Daar is daardie wat sal sê dat seermaak is die natuur van die lewe en dood. Wie is dit wat jou hart seer maak? Verseker, jy is ten minste 'n vennoot in dit.

Die natuur van die lewe is vreugde, nie lyding nie. Vat jou keuse. Dit is 'n storie dat jy ly. Jy het die storie gekoop. Jy hou die storie voor jou asof jy nie verkeerd kan wees nie.

Geliefdes, daar is geen eienaarskap, en, daarvoor, is daar geen verlies nie.

Vereer jou hart wat jy sien as gebreek en huil. Huil jou hart uit. Jy weet nie wat anders om te doen nie.

Wanneer 'n geliefde jou verlaat deur sy keuse, dan betreur jy dit dieselfde as dood. Hy lewe, en jy vind rede om te huil, omdat hy blykbaar verlore is vir jou. Jy huil oor wat dalk kon wees. Jy huil vir dit wat jy wens was en kon wees as dit net kon.

Jy huil nie vir ewig nie.

Jy het gehoor die wêreld sê dat jy nooit oor verlies kan kom nie. Ek verstaan wat bedoel word, tog oordoende lyding is nie waardevol nie. Moenie jouself verder opbreek nie. Wees jou eie vriend. Wees lief vir jouself ook. Lief eerder meer as om te heg.

Die lewe is 'n oop boek. Daar is blanko bladsye wat nog op geskryf moet word. Skryf iets soos:

"Toe het ek my kop gelig. Ek het om my gekyk en nuut gesien met groter sig en insig, en ek het opgestaan en begin loop. In verwondering, het ek myself hoor sê: 'Die lewe is goed.'"

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"