Heavenletter #5523 'n Bladsy Wat Jy Omblaai
God het gesê:
As jy nie langer vashou aan emosionele en seer herinneringe van die verlede, soos wat sal jou lewe dan wees? Wat sal jy dan wees? Waarmee sal jy klaar wees?
In hierdie scenario, sal jy jou naam ken. Jy sal als weet wat jy nodig het om te weet - waar jy bly, waar jy werk, die vaardighede wat jy geleer het, en waar jou hart is. Hoe sal jou lewe wees wanneer jy nie meer probeer om jou lewe te herleef oor en oor soos 'n chant nie?
Jou emosionele pyn sal nie meer bestaan nie! Ah, daar sal geen meer treuring wees oor die verlede nie. Jy sal lief. Jy sal bewus wees van al die harte wat nie meer op Aarde is nie. Dit is jou gehegdheid wat sal gaan. Liefde sal bly, en jou sin van verlies en jou behoefte sal gaan.
Jy sal vreugde het. Jy sal soetheid het in plaas van seer dat geliefdes nie meer teenwoordig is in jou lewe nie. Jy sal glimlag vir gedagtes van geliefdes eerder as om te huil.
Elke herinnering sal 'n bladsy wees in 'n boek wat jy omblaai, en jy is reg vir die volgende bladsy sonder enige gevoel van onrus.
Huidiglik mag jy jou hart uit huil. Dit sal gebeur dat 'n foto van die verlede sal jou gelukkig maak en nie meer verlange en verbystering veroorsaak nie.
Jy sal aanhou om te lief sonder lyding oor dit. Omdat jou hart 'n hart is wat lief beteken nie dat jy verskuldig is aan lyding nie. Jou liefde sal nie weg gevlieg het nie. Bedroefheid sal weg gevlieg het.
Jy sal jou geliefdes weer ontmoet, en daar sal blydskap wees! As jy aan die verlede moet dink -- net as jy moet -- sal jy aan dit dink met blydskap.
Jou hart is steeds gekoppel aan geliefdes se harte. Net die moet hê, die aandrang dat jy geskei was en jy is onvolledig -- hierdie swaarte sal jou verlaat soos 'n seilboot wat seil op 'n meer. Jy hoef nie jouself los te skeur met herinneringe nie.
Wat is hierdie vashou wat herinneringe oor jou het?
Jy weet jy kan nie bly waar jy eens was nie, net soos 'n baba wat van sy baba-kombers moet laat gaan. Jy het die baba-kombers lank reeds gelos. Jy bly nie meer in die huis waar jy gebore was nie, en, tog, hoe jy vashou aan herinneringe van die verlede met 'n sin van leegheid.
Die verlede is nie 'n slegte mens nie. Al die verlede, die liefdevolle en pynlike, is net gedagtes. Dit is al wat herinneringe is, onthou-de gedagtes. Nou weet jy hoe waardevol die eense verlede is vir jou. Dit beteken baie vir jou. Nou sal jy dit eenvoudig net omhels. Geen woorde sal nodig wees om gesê te word nie. Jy sal dit lief en bly wees om dit te omhels. Slegs liefde sal oorbly. Liefde sal huistoe gebring word in plaas van dat jy huil oor dit.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"