Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5522 Wat Is Die Teenoorgestelde Van Bekommer?

God het gesê:

Maanlig en Sonlig is albei lig. Maanlig is meer subtiel, sagter. Maanlig is die weerspieëling van die Son. Die Lewe bied jou lig dag en nag, om nie eens te praat van die lig binne in jou nie.

Jy word voorsien. Jy word na omgesien. Jy twyfel nie in die Son of die Maan nie, en, tog, jy mag steeds soos 'n weeskind voel wat dryf in die wêreld, asof die Lewe te lendelam is vir jou.

Jy mag 'n neiging het om die negatiewe kant te sien. Jy mag 'n neiging het om Wolf te skreeu voor die wolf arriveer. Jy mag voel jy leef met die wolf wat by jou huil dag en nag. Jy mag 'n neiging het om hopeloos te voel of gedryf tot afleiding, somtyds dag in en dag uit. Jy mag dit moeilik vind om te slaap, en jy mag vind dit is hard om die lewe te leef in die wêreld.

Jy mag die idee het dat jy oor die nes moet heers, en jy hou so styf vas aan jou verbeelde beheer. Jy doen dit vir selfbehoud. Beslis, die wêreld waarin jy leef is vol teenoorgesteldes. As jy 'n teenoorgstelde vir die woord beheer moet kies, dan kan die teenoorgestelde vertrou genoem word. Tog, hoe voel jy vertroue wanneer jy onseker is van jou plek in die Son?

Benodig jy bewyse voor jy kan vertrou? Jy het bewyse dat die Son styg en die Maan kom uit in die aand! Jou onvoorspelbare hart mag egter sê: "Maar wat van die volgende keer? Ek voel nie so veilig nie."

Somtyds mag jy voel dat die Son en die Maan eenvoudig net nie genoeg restitusie bied vir jou nie, asof hulle nie goed genoeg is nie. Jy mag vra: "Wat goed is die Son en die Maan wanneer ek in 'n situasie is dat ek hulle nie kan sien nie?"

Liewe Ene, jy het so gewoond geraak aan die negatiewe kant selfs al was jy gered keer op keer.

Jy mag voel dat die beste wat jy kan doen is om die lewe af te weer. Ja, jy het deur dit gekom, en jy het deur dat gekom, en tog bekommer jy jou dat die bogeyman dood reik uit om jou Lewe op Aarde te eien. Jy het van Hemel gehoor, en jy sal dit begeer vir als wat jy werd is, tog, terselfde tyd, jou vrees vir die illusie dood en die noodlottige reis na dit hang oor jou meer as wat jy van hou.

Kan jy meer vertroue het in My? Kan jy meer vertroue het in jou Self?

Nuwe Horisonne bestaan sowel as jou klaery van So Lank na Aarde hierdie keer.

Jy mag dalk treur voor die tyd dat hierdie Lewe wat, op een hand, jy onverdedigbaar vind en, tog, jy kan dit nie verdra om van te laat vaar nie.

Geliefdes, julle het genoeg van leiding gehad, en tog maak julle meer staat daarop. Jy verlang vir die verlede om jou oor die heuwels van vandag te vat. Jy mag selfs nie meer die toekoms waardeer nie, omdat jy donderslae hoor en weerligstrale sien flits voor jou in die klipperigheid waarin jy leef.

Het jy vergeet dat elke dag bied jou met 'n Nuwe Horison? Sal jy jouself herhinner? Is jy plig-gebonde om so baie aan ondergang te dink? Die konsep van verloor blyk om heel bo in jou verstand te wees. Somtyds voel jy eerder seëvierend in al die hartseer wat jy deur is. Jy bedink watse hartseer wag nou vir jou. Laat vaar die hartseer van die nie-bestaande verlede, en laat vaar die hartseer van die nie-bestaande toekoms. Laat vaar hartseer.

Die Lewe is regtig nie te veel vir jou nie, tog hou jy aan om die lewe te veg en sê dit is te veel vir jou. Jy maak beswaar daarteen.

Die Waarheid is dat jy leef in 'n Paleis, en jy spandeer baie tyd in die herrangskikking van meubels. Jy bekommer voor die tyd. Jy spandeer jou tyd op ontsteltenis en bekommernis.

Waar bestaan teenoorgesteldes? Hulle bestaan binne jou gedagtes. Laat vaar teenoorgesteldes. Maak op jou verstand. Maak weer jou vreugde in die lewe wakker. Skatte wag vir jou. Ontvang hulle vandag. Verwelkom hulle. Weet dat hulle vir jou is.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"