Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5517 Laat Vryheid Lui

God het gesê:

Daar is alle soorte sisteme in die wêreld. Daar is die sonnestelsel, die spysverteringstelsel, die Dewy Desimale stelsel. Daar is bestuursisteme, beheersisteme, mediese sisteme, verkeerssisteme, eet sisteme, bank sisteme. Jy is omring deur sisteme. Dit maak sin om saam met al die baie sisteme wat binne die gemeenskap is waarin jy leef te gaan. Nie alles is oor baklei of protesteer nie.

Terselfde tyd, dit is nie altyd goedgunstig om saam met die groep te gaan nie. Dit is fyn om jou eie persoon te wees.

Jy is nie bedoel om 'n outomaton te wees nie. Jy is bedoel om jou eie spasie te hê om in asem te haal en in te dink.

Ek het nie elke kind van My dieselfde gestempel nie. Ek forseer nie die Hoogste Eenheid op jou as 'n bevel nie. Jy het sê in die geval.

Jy kan 'n goeie burger van die wêreld wees en nie 'n ondergeskikte wat elke algemene pad moet volg nie. Jy is nie 'n revolusionêr nie, en tog moet jy vir jouself dink.

Ek gee jou gesag nou.

Jy hoef nie jouself toe te wy aan sisteme wat iemand anders of vele ander mag glo dien die wêreld en is die beste vir jou nie.

Ek het en gee jou Vrye Wil.

Sekere sisteme in die wêreld laat jou nie Vrye Wil toe nie. Hulle mag jou meer regeer as wat hulle jou dien. Jy vind dat jy dien beheerliggame wat bedoel was om jou te dien, tog die beheer het gegroei asof vanself.

In die wêreld, word My kinders gereguleer en mag nie veel vryheid van keuse gegee word nie. Baie van My kinders dink nie eens wat hulle wil is nie. Die wil van die meerderheid mag nie jou Stygende Son wees nie.

Is jy 'n koekie-snyer vir jou buurman en, daarvoor, dalk nie die Kaptein van Jou Eie Siel nie? Sekere sisteme mag rigied wees. Hulle sê nie enige iets van hou van of lief wees vir jou buurman nie -- of jouself.

Daar is alle soorte gevangenisstraf. Daar was al baie prente gewees oor hierdie soort ding. Jou wil was dalk skoon gevee.

Daar is regulasies wat sê jy het geen sê oor wat jy vir jouself of jou kinders wil hê nie. Daar is daardie wat glo dat hulle weet wat is goed vir jou en jou kinders, en jy nie. Hulle is seker dat hulle beter weet. En jy is gesê om hulle leiding te volg.

Geliefde, jy is My kind. Ek bemaak aan jou Vrye Wil.

Jy is vry om kosse te kies wat jy wil eet. So ook moet jou lewe nie gerantsoeneer word nie. Jy is nie 'n kind wat geen sê het nie en moet gesê word om als te sluk.

Die wêreld waarin jy leef is nogal 'n raaisel. Beslis, jy wil 'n wets-gehoorsame wees, en tog wil jy nie vertel word wat om te doen nie. Nouer en nouer lyk die weivelde waar jy woon. Somtyds het jy skaars spasie om in om te draai. Jy wil nie 'n slegte dwaas wees nie, en tog wil jy jou eie God-gegewe vryheid van dink en wil beoefen.

Op een of ander manier, is jy opgevang in die wêreld waarin jy leef.

Advertensie lei jou rond aan die neus. Vir wie se voordeel is die wêreld bestuur? En teen wie se koste? Wat word bedoel wanneer gesê word: Een vir almal, en almal vir een?

Onthou liefde. Onthou om te gee vir jou broers en susters. Alle sisteme is nie dieselfde nie.

Wat word bedoel met maak die wêreld 'n beter plek? Beter vir wie? En hoekom? Wat moet verplig wees en wat hoef nie verplig te wees nie?

Laat Vryheid lui.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"