Heavenletter #5518 Op Die Klein Eiland Van Jou Klein Self
God het gesê:
Vryheid beteken nie-ingeperk. Vryheid beteken geen versperrings nie. Vryheid beteken die teenoorgestelde van styf en gesmoor. Dit beteken onbeperk. Dit beteken vlieg. Dit beteken nie-meganies. Vryheid beteken vry. In vryheid, is jy vry.
So ook, voel vryheid vreesagtig vir jou. Waarvoor is jy bang? Vry val? Aarde voel nie so vry vir jou nie. Jy voel ingeperk.
Die Waarheid is dat jy is nie ingeperk op Aarde nie. Jy mag dalk vashou aan Aarde aan 'n veseltjie draad wat eintlik niks is om aan vas te hou nie. Wel, wees dan onverbonde. En nou gaan jy vol-sirkel, van vryheid na versperrings na vryheid. Vryheid beteken om te laat vaar, geliefdes.
Jy hou vas aan Aarde wanneer die Waarheid is dat jy dwarrel in wat genoem word ruimte. Jy soek die vryheid waarvoor jy so bang is.
Somtyds voel jy soos A Girl of the Limberlost selfs al weet jy nie wat Girl of the Limberlost beteken nie, of jy mag voel dat jy net vir 'n kort rukkie Verlore Horisons gesien het. Jy voel verlore, beroof van wat jy nie eens weet wat nie, soos jy verlang na... iets of iemand. Jy voel verslons. Jy is huiwerig om die krag te hou wat Ek binne jou berus het. Hierdie is jou vrees: Om die lewe te leef.
Wat gaan Ons doen omtrent jou vae vrese? Hoe maak Ons jou los as jy die Aarde vashou vir als wat jy werd is? Jy wil so graag meer as lipdiens gee. Jy wil so graag vry wees van vrese, en tog hou jy jou vrese vas. Jy is dalk meer bekommerd oor skadebeheer as wat jy bekommerd is oor hierdie vryheid wat jou hart so na verlang. En so kom jy af na Aarde met al jou vrese ongeskonde.
Jy moet weet dat, sonder al hierdie lastige vrese, styg jy na Hemel. Uiteindelik, dryf al jou vrese weg, en jy is vreesloos. Dit is, daar is niks om te vrees nie. Jy is nie braaf nie. Dit is nie nodig om braaf te wees waar daar nie vrees is nie, waar vrees nie eens 'n vastrapplek kan vind nie, vir, sonder vrees, styg jy na die Groot Hoogte van Eenheid.
Daar is niks om aan vas te hou nie. Daar is geen ander. Daar is geen anders nie. Daar is geen andersins nie. Eenheid alleen is. Hier voel jy geen eensaamheid nie. Eensaamheid bestaan nie. Jy vlieg nie solo selfs as net Eenheid Alleen Is.
Al jou boeie moet verwyder word. Jy moet hulle verwyder. Hulle was waardeloos in elk geval. Hulle het jou nie bymekaar gehou nie. Hulle hou jou gebind. Jy sit tekeninge van onstewige heinings op asof hulle jou beskerm het. Op die klein eiland van jouself, het jy ingeperk gevoel. Jy het 'n teken gedra wat sê Bly Af, en so het jy vas gehou aan jou klein self en voorgegee dat jy van gevaar weg gebly het wat ookal dit mag wees. Versot op vrese wat jy nie die name van geken het nie, het jy jou uitbreiding gevrees. Die Vlerke van Engele was nie genoeg vir jou nie. Niks was genoeg vir jou nie.
Ongelooflik was jou vrese. Hulle was onduidelik om die kante tog van so 'n omvang in jou droom dat jy bedek was met hulle. Geen einde aan jou vrese. Vrese het gallop oor die skerm van jou verstand. Jy wou nie en kon nie hulle teenstaan nie. Daar was geen einde aan jou vrese nie. Julle, julle, liewe harte, het julleself afsydig gehou van julleself en daarvoor het julle alles op 'n afstand gehou wat julle van kon gebruik maak.
Jy het teenstrydig met die lewe geword. Die beste wat jy kon doen op die oomblik was om die lewe te bekyk en haarstyle en gewoontes van alleenheid.Jy het jouself van jouself weggesteek. Jy het weggekruip in die buite-wêreld. Daar was baie plekke om van jouself weg te kruip, en, tog, het jy aangehou om jouself te vind hier en daar soos 'n krul in jou hare wat net nie wil weggaan nie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"