Heavenletter #5516 'n Dans Van Atome
God het gesê:
Soos jy groei in bewustelikheid, groei jy in vertroue. Hierdie is 'n nuwe soort vertroue. Dit is joune. Dit behoort aan jou. Dit is nie jou ou soort huiwerige vertroue of moontlik 'n soort windmakerigheid nie. Oh, nee. Hierdie vertoue is meer soos vreugde. Verseker, jou vertroue is vreugde nou, omdat jy My verpersoonlik.
Jy is nie net meer vol vertroue nie, jy is meer selfversorgend. Jy is meer met My en, daarvoor, minder afhanklik van My. Jy is nie weg van My nie. Jy is nader aan My. Jy onderhou jouself. Jy is meer versekerd van My Teenwoordigheid.
My Teenwoordigheid sit binne jou. Jy sien dit nou. Ek, God, Wie jou Hulpbron IS, is gevestig in jou. Wat meer kan jy wil hê? Jy weet presies waar Ek bly. Jy besef meer duidelik hoe dit is dat elke mens wat leef jou broer en suster en, daarvoor, Een met My en Een met jou is.
Hierdie sin van Eenheid groei so sterk dat jy begin voel dat Elkeen is Jy. Jy begin te weet dat Alles wat jy sien wat Bestaan is eintlik jy, geen minder die voëls en blomme en elke stokkie -- jy sien Als as 'n Uitdrukking van jou.
Jy druk jou liefde uit deur alles wat jy sien en hoor. Soos jou weetheid vergroot, Elkeen en Elke ding vibreer as 'n uitdrukking van jou hart. Elkeen en Elke ding is 'n wonderwerk wat jy saam leef, en jou hart styg. Orals waar jy draai, ontmoet jy jouself, en jou hart sing. Jy dans. Jy roep uit: "Halleluja. Dankie, God."
Waar ookal jy draai, ontmoet jy My, omdat Ek in Elkeen en Alles bestaan, en so word jy gedra op die Vlerke van Engele. Jy sien dat jy die Energie van Engele is wat die wêreld dra. Jy lê eis tot bestaan. Jou hart kan slegs groei in liefde en liefdeslewe, elke deeltjie, elke openbaring, elke gebeurtenis. Jy drink die melk van menslike vriendelikheid. Jy dans met die wêreld en die hele wêreld word bevat. Jy dwarrel saam met al die ander engele wat ook jy is. Jy eer die lewe. Jy verstaan die lewe beter. Jy verstaan die geskop en geskreeu wat aan gaan. Jy verstaan en -- vang dit -- is lief vir die skurke wat, na alles, net soos jy, speel 'n rol wat jy nie weet hoe dit joune geword het om te speel nie.
Jy naboots nie die skurke nie, so ook skei jy nie enige skurk van My liefde en medelye nie. Jou sig verbreed. Jy lewe in 'n groter en beter wêreld. Jy is nie mikroskopies nie. Jy is nie vas aan blameer nie. Jy is nie vas aan My nie. Jy is vermeng saam My en My Greep op die Mensdom.
Jy word jou eie hero. Jy verhoog jouself. Jy sien vanaf bo. Jy sien die Dans van Atome. Jy sien. Jy verstaan. Jy sien jou broer as jouself, en jy sien met liefde. Jy onthou nie wat vyandigheid is nie, omdat nou swem jy in liefde. Jy is geen langer naby-siende nie. Asof oornag, het jy 'n Siener geword wat alles sien, alles verstaan, als lief het.
Liefde vloei deur elke sel van jou liggaam. Dit is waarvoor jou liggaam is, om 'n voertuig vir liefde te wees om deur te vloei en na 'n dors wêreld.
Jy het 'n Gesant van My geword en niks anders as 'n Gesant van My nie. Jy lewe op My aandrang. Jy versprei komberse van liefde op My aandrang. Jy is Liefde Verpersoonlik. Jy is God aan die Werk, tog werk Ek nooit. EK IS. EK IS Wese, en so is jy. Ons is dieselfde Wese.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"