Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5497 Eenheid Sal Opstaan

God het gesê:

Die Kuns van om te Deel bevry jou. Geen kwessie, om te deel bevry jou van blokkasies. Blokkasies kom van die verlede, die verbeelde verlede, die verlede soos jy dit gesien en gevoel het, waar of nie.

Jy is gebore uit die Hemel. Die staat van Hemel het nie blokke nie. Aarde, egter, stel baie blokke op. Op Aarde, mag jy blokke opgaar en hulle vas hou, huiwerig om sonder die stut van hulle te wees.

Lewe op Aarde gaan omtrent die verwydering van beperkings. Lewe open jou tot groter uitdrukking en groter verwesenliking.

'n Gevoel van ongemak om te deel kom van vrees wat hurk op Aarde. Waarvoor is jy bang? Selfbeheersing om te deel vir enige rede wat jy opmaak, kom van vrees van iets. Waarvoor is jy bang? Verlies van beskerming van wat? Vrees dat iemand iewers op 'n manier voordeel van jou sal vat? Watter vrese hou jy naby jou wat jou laat beroof voel?

Jy hoef nie alle dinge vir alle mense te wees nie. Jy wil die heerser wees van jou eie lewe. Jy wil volgens jou eie hart gaan. Jy lewe jou lewe. As jy voel jy moet aanhang, sal jy opgaar en jou gee beperk. Jy wil seker wees jy het genoeg.

Jy wil nie die Lewe leef onwillig nie. Jy wil nie leef van verpligting, omdat verpligting voel nie goed vir jou nie.

Ek het jou vrye wil gegee. As jou hart nie ten volle in jou besluit is nie, dan leef jy van verpligting. Jy is nie 'n slegte mens nie. Jy is 'n groeiende menslike wese. Dit is jou keuse en besluit. Jy wil nie 'n vrygewigheid van hart voorgee wat jy nie voel nie. Dit mag dalk hard wees vir jou om te onderskei tussen verantwoordelikheid en verpligting.

Daar is mense wat met liefde meer vry kan gee as sekere ander in staat is om huidiglik toe te laat. 'n Besluit om te gee vanuit hulle harte kan net nie spontaan kom nie. Hulle vind hulle self soos dit. Hulle mag wel wil anders voel, maar hulle doen nie, en hulle forseer hulle self ook nie.

Daar is ander harte wat na vore kom om 'n halwe brood of 'n hele brood te gee. Hulle is meesters daarvan. Daar is mense wat hulle eie beperkte voedsel voorraad aan iemand gee wat dit meer nodig het. En hulle voel geen bekommernis daaroor nie. Hulle leef vanaf die heup, om dit so te stel. Hulle vind hulle is hulle broers en susters se versorgers, en hulle is bly en dankbaar. Gee kom makliker. Gee het blydskap geword. Gee bereik hulle as 'n beloning namens hulle. Hulle gee is 'n dubbele seëning. Gee voel dieselfde as ontvang.

Liefde is aan die styg.

Niemand wil hê dat vrygewigheid moet geforseer word nie. Niemand wil hê dat om te gee moet 'n aksie wees apart van die hart nie. Niemand wil hê dat vrygewigheid moet 'n strawwe oefening wees nie.

Jy wil hê dat vrygewigheid jou Waarheid is. Huidiglik, iets binne jou mag in die pad kom. Dit sal vrygestel word. Jy sal nie altyd styfheid van hart voel nie.

Jy hoef nie jou besluite aan enige een te regverdig nie.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"