Heavenletter #5495 Die Bewegende Waters Van Die See
God het gesê:
Ek hoor jy vra My op baie maniere, met of sonder woorde:
"Liewe God, sê asseblief wat is belangrik vir ons om te weet oor hoe om U te dien. Hoe dien ons U en hoe maak U bekend aan almal wat verlang word van U om ander te dien met ons hele hart, en almal wat ook nog nie verlang om U te dien nie?"
Liewe Een, jy dien My en die wêreld baie goed wanneer jy die lewe op Aarde geniet. Geniet alles, elke aspek van die Lewe, selfs daardie aspekte wat jy nie sal kies nie. Beslis, jy weet nie hoe om dinge wat jy nie persoonlik verwelkom, te geniet nie. Niemand verwag dat jy moet spring van genot wanneer jy verlies voel van 'n geliefde of enige hartseer.
Ook moet jy nie voorgee dat jy braaf is nie.
Eerstens, huil soos jy wil om jou hartseer te toon.
Tweede, en laastens, herhinner jouself, dat jy lewe hier op Aarde, en jy word getemper dieselfde manier wat staal getemper word.
Hoor My:
Die tempering wat die Lewe jou gee maak jou sterk sodat jy verantwoordelik sal word en in staat wees om te laat gaan van grense. Sonder hierdie tempering, hoe en hoekom sal jy ooit die grense van die verlede laat gaan wanneer hulle jou gerief en gemak gee?
Addisioneel, hierdie tempering wat die Lewe jou gee maak jou vol van ontwikkelende begrip vir ander. Die begrip is 'n geskenk aan jou en al daai rondom jou, omdat, geleidelik, bereik jy groter hoogtes waar tot ander sal styg. Of dit nou bewustelik of onbewustelik is, ander se lewens sal iets snap van jou verhoogde bewustelikheid, en dit sal hulle s'n word.
Bietjie by bietjie, of dalk deur groot stappe, word jy soos die Golwe van die Oseaan. Wat is so buigsaam en absorberend soos die See? Die Oseaan See is onwrikbaar en sterk. Die Oseaan is sterk in energie, en sy gety kan die kus oorweldig. Die Oseaan is onskuldig. Dit het geen boosheid, so ook is dit nie sentimenteel nie. Dit is 'n Super Oseaan. Dit offer skoonheid en beweging en reflekteer die Son. Dit reflekteer die Maan, en die Oseaan reflekteer dit selfs in jou oë.
Die wêreld is afhanklik van die Bewegende Waters van die See.
Die Oseaan is nie in kompetisie met enige iets hoegenaamd. Dit is onpartydig. Oseane doen soos Oseane doen. Die Oseaan is Oseaan. Daar is nooit 'n oomblik wanneer die Oseaan iets anders is nie. 'n Oseaan is altyd Oseaan.
Daar is baie aspekte tot die Oseaan. Klein kinders speel in die Oseaan. Hulle maak modder koekies met Oseaan en Sand en bou kastele. Kinders leer om te swem in die Oseaan en branderplank te ry op dit. Die Oseaan boei die mens en skepe. Die Oseaan offer homself vir jou om in af te koel. Jou liggaam kan deur die Oseaan sny soos 'n mes deur botter.
Die Oseaan is 'n geskenk aan die mensdom.
En, so, is jy 'n geskenk soos die Oseaan, as jy maar net weet. Jy is ferm en naatloos soos die Oseaan. Jy is ook sag en gee vreugde en verligting aan die wêreld. Die wêreld kan gebruik maak van jou. Jy lei ander nader aan My of hulle dit nou weet of nie. Hulle hoef nie te weet nie, want hulle is nader.
Die Oseane bedink nie. Dit dien.
En, jy, as 'n Oseaan van liefde, reflekteer My ook. Ag My as die kus wat die Oseaan die mense na bring. Die Oseaan van Hoë Gees verwelkom almal. Dit is nie kieskeurig nie. Die Oseaan vra nie vrae nie, en die Oseaan debateer nie met homself of enige iets anders nie.
Die Oseaan dien, en dit is dit. Die Oseaan maak nie beswaar teen dit wat die Lewe vra nie. Dit bly die Oseaan. Die Oseaan gee nie voor om 'n berg te wees, of 'n vallei of enige iets anders behalwe wat die Oseaan is.
Die Oseaan, in sy volheid, dien. Dieselfde kan gesê word vir al die berge en bome en blomme en drome.
Dieselfde kan gesê word van jou.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"