Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5494 Goue Heuwels

God het gesê:

Ek hoor jou wanhoop. Ek hoor jou sê:

"Liewe God, geliefde God, die Een Groot God, hoe kan ek, wat diep verbind is met U, sulke diep wanhoop voel? Hoe kan dit wees dat ek nie die gelukkigste persoon in die wêreld is nie? Wat gebeur, en wat gebeur nie? Ek is so moeg om verlore te voel in my huidige en toekomstige lewe hier as 'n verslonste menslike wese op 'n blykbaar verslonste Aarde. Hoe kan dit wees dat ek op die onderkant van lewe fokus eerder as op die Lewe se Prag en Wonderbare en Nabyheid aan U?"

Liewe kinders, julle is bang vir verandering. Jy sal graag die wêreld onder jou as solied wil voel maar die wêreld voel nie solied nie. Vele kere wonder jy bewend wat jy hier op Aarde doen. Jou verstand is gereeld nie hier nie. Dit is iewers anders, en jy is nie seker waar daardie iewers anders is nie. Soos dit is, leef jy deeltyds, tot een of ander omvang in 'n Land wat jy dalk Vrees noem.

Wat gebeur? Dit is as of jy op 'n vlot dryf op 'n rivier. Jy kom vanaf iewers, en nou gaan jy iewers anders. Nie opdraende, maar rivier-op, dryfend voort na waar die Lewe jou neem. Jy vra wat gebeur?

Geliefdes, Lewe is wat gebeur.

Jy soek een of ander soort sertifikaat van veiligheid. Jy wil 'n skriftelike waarborg sien. Jy soek vrede en 'n sin van vervulling nou en vir altyd en nie meer slegs aankondigings van dit nie.

Jy wil nooit weer geskud wees nie. Jy wil nooit 'n bewende blaar in die wind wees wat af val en dan weg gewaai word. Jy mag geneig wees om te dink dat jou lewe hang af van nie-staatmaakbare gebeure en reaksies van die wêreld rond om jou wanneer dit jy is wat staat maak op jou reaksies en wankelende persepsies van dit. Dit mag wel wees dat jy hou jou lewe weg van jou vanaf 'n vermoedelike afstand.

Natuurlik, jy vra wanneer en hoe jy selfstandig kan wees en onwankelend ten spyte van die winde wat waai. Ja, jou reaksies is wat jou maak bewe. Jy is nie so afhanklik van die wêreld as wat jy wil uit maak nie.

Jy vra hoe jy kan staat maak op wat Ek sê? Jy dink dat Ek wens om jou gemak en vertroosting te bied, tog vrees jy dat wat Ek bied is spekulatief. Jy sien beloftes aangebied. Jy vrees dat beloftes net beloftes is. Jy hou daarvan om te vertrou, tog kan jy nie eintlik staat maak op beloftes om waar te word nie. Ten minste, nie in jou leeftyd nie dink jy. Jou selfvertroue word al minder.

Jy het 'n diep begeerte om op die lewe te vertrou met alles in jou. Jy gaan op en af in jou staatmaak op My en Lewe en alles en elkeen. Dit is as of jy inkoop in die onderkant as of jou suspisie jou versterk.

Wat is dit, liewe julle? Wat is jy so bang voor?

Die wêreld was nie altyd jou pêrel nie. Jy wil dalk nie erken aan jouself en die wêreld, jy was jou eie teleurstelling. Jy is nie soos jy wil wees nie. Jy kan uitroep na die wêreld, na die Lewe, My ens. regs en links. Teleurstelling van oral af is makliker om na te kyk as 'n teleurstelling in jou self.

Nooit wens Ek dat jy jou self af druk nie. Nee, nee, glad nie. Tog, wanneer dit neerkom op dit, oortuig jy jou self van afvalligheid en onvermoë om die lewe te betrek met optimisme, en jy lui 'n angstige klok van wanhoop.

Jy sal lief wees vir 'n Groot Hand om jou te lig bo jou flou hart. Hoe jy begeer dat 'n held jou sal oplig op 'n wit perd en jou wegstuur na Goue Heuwels.

Van jou vlak van persepsie en aandag, is die lewe nie veilig nie. Dit is gevaarlik. Jy kan deur 'n mangat val op enige oomblik. Die Lewe blyk 'n afwyking te wees vanaf blydskap wat verskuldig is aan jou. Styf en onbuigbaar, mag jy kyk na die Lewe met skeel oë as of die Lewe iets is wat jy moet baklei in plaas van omhels.

Oorweeg dat jy dit agterste-voor het.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"