Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5493 Groei In 'n Wyer En Wyer Boog

God het gesê:

Deur My einste bestaan, het Ek die Kosmiese Hum geskape. Ek Self hum nie direk nie, nie persoonlik soos jy, wat nou bewustelik of onbewustelik weet dat jy hum nie. EK IS, en Ek vibreer. Hierdie is 'n subtiele hum. Jou siel tel dit op. Hierdie is die Musiek van die Sfere. Hierdie is die Musiek van Bewussyn.

En jou siel hum ook, en die hum wat natuurlik vibreer vanuit jou siel word sterker, harder. Ons kan se meer voelbaar in 'n wyer en wyer boog.

Daar is so baie van jou wat jy geen bewustelikheid van het nie, en dit is hoe dit is op Aarde. Bewustelikheid blom, tog is jy vele kere nie bewus van jou bewustelikheid nie, hierdie wonderlike bewustelikheid wat verwys word as joune.

Jy hou nie daarvan om in die donker te wees op Planeet Aarde nie. Jy, wat in die lig is, is baie gereeld in die donker, en daar is die probleem. Sonder die dekking oor jou bewustelikheid, sal jy weet dat Jy die Lig is wat jy jou Self altyd en noodwendig, is. Hierdie is die Grand Kosmiese Grap. Jy is alreeds Oneindig Verlig. Daar is geen geheime aan jou nie. Jy dink net so. Jy is heeltemal oortuig. In die manier, is jy verward, omdat jy jou self verward gemaak het.

Ons kan sê jy hou van jou onkunde. Daar is baie kante aan jou. Jy speel baie rolle. Jy val in hulle in. Jy speel die dwaas maak nie saak hoe opreg jy jouself ag nie. Jy het jou self oortuig dat jy niks weet nie, wanneer die feit is dat jy alles weet. In die stil resesse van jou hart weet jy alles. Jou DNA weet alles, tog beskerm jy jou self van Groot Kennis, oortuig soos jy is, dat jy kan nie moontlik baie weet nie.

Dit is aan jou bewys eens en vir altyd in die wêreld. Jou onkunde is aan jou uitgewys genoeg, dalk uitgeplot.

Wat Ek van praat het niks te make met intelligensie nie. Ek praat van 'n Ingebore Grootheid gebaseer op jou sellulêre struktuur. Dit is nie gebaseer op studie nie. Dit is net. Jy is eintlik 'n Genie van Bewustelikheid. Jy is 'n Begeleidende Missiel van Bewustelikheid. Bewustelikheid is inherent aan jou. Iets in die wêreld, met jou samewerking, doen 'n toesmering.

Almal is Suiwer Bewustelikheid, en almal ervaar toesmering van sy Helder Lig met 'n Ou Kleed. Daar moet 'n sekere spel wees wat aangaan binne jou en al die ander wat jou briljantheid wegsteek. Of, Ons kan sê, al die ander het dit nie so baie gesien dat jy nie waag dit sien nie en verstoot wees. Plaas van verstoot jy jou self van jou Self.

Nie te min, daar was tye wanneer jy diep gewonder het wat lê agter die Ou Kleed waarmee jy jou self toegedraai het.

Dit word nou tyd dat jy jou self van jou valse kleure ontneem. Jy is die Lig van God. Jy is die Lig van Kosmiese Intelligensie. Jy is die Heelal, en jy het skaamtelik verlof gevat. Dit is nie waarlik moontlik nie. Dit is moontlik dat jy versigtig is vir lof en om jou self te sien soos jy is. Jy spekuleer dat as jy jou self verkondig as wat jy regtig is, sal daar geen terug gaan wees, na die idee dat onkunde is totale gelukkigheid. Kennis van Self wat Suiwer Bewustelikheid is -- nou dit is totale gelukkigheid.

En, ja, eens blootgelê, is jy ontbloot. Jy kan nie in 'n ouer model van jou self in klim nie. Nou is jy in Waarheid. Waarheid is nie trots nie. Waarheid is Bewustelikheid. Jy het die Beloofte Land ontdek. Dwaasheid is agter jou. Waarheid hou jou gevange, en dit is nie langer moontlik vir jou om na dwaasheid terug te keer nie. Die Son het gestyg. Jy is die Son.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"