Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #4408 Soldate Van Geluk

God het gesê:

Gedagtes vlieg in en uit jou verstand. Jou gedagtes is soos engele wat in en uit jou sig vlieg. Is 'n engel nie 'n vonk van lig nie? En is gedagtes nie dieselfde nie? Meer en meer groei jou gedagtes om soos sprankelende engele te wees. Ek verklaar jou 'n engel, so hoekom sal dit verrassend wees dat jou gedagtes die Heelal dien? Jy het jou vlerke weggesteek vanaf jouself, of, jy het nie vir dit gekyk nie. Ek het gekyk en Ek het gesien.

Jy mag jouself sien as 'n sukkelende mens, gestop deur die diverse sake waarmee mense gestop word. Wat jy sien as dinge wat jou aftrek is 'n oorwinning, geliefdes. Ek vat jou arm en lig dit en sê: "Die Wenner is JY." Sal jy My hoor?

Als wat na jou toe kom is 'n uitstekende geleentheid. Jy het dit al van tevore gehoor en jy skud jou kop. Jy skud jou kop heftig, omdat jy geheg is aan lyding, geheg daaraan om jou groei, lyding van een of ander soort te noem. Jy het jouself gehou onder 'n donker hindernis, en, nou, stel jy jouself vry.

Jy het altyd vryheid gesoek, en nou stel jy jouself vry van die verlede. Jy het gereeld die verlede geleef in wat genoem word die huidige oomblik. Jy het jou ou self saam met jou gebring. Jy het jou ou dinkpatrone wat lankal hul waarde verloor het, saamgebring. Jy het jou stewels ingeplant soos 'n hardkoppige donkie. Jy het gedink jy kan nie leef of deur dit leef as jy nie jou ou manier van dink behou nie. Jy maak nou al die kettings los van die verlede soos jy deur die gevoel gaan wat jy lyding noem.

Goue lugweë word vir jou aangebied, en jy noem hulle verslane. Dit wat jou vrymaak, noem jy jou boete. 'n Paradys van 'n geleentheid is vir jou aangebied, en jy noem dit een of ander tragedie, net omdat jy jou ou gedagtes naby aan jou hou. Jy het 'n slegte ruiling gemaak, My geliefde. Wat jy mislukking noem mag 'n groot sukses wees, omdat dit al die ou verlede weg vee.

Selfs siekte is vryheid. Jy hoef nie te weet wat siekte jou vertel nie. Dit is nie jou verstand wat hoef te verstaan nie. Jy hoef niks te verstaan nie. Ons praat van wat verby die realm van verstaan is. Weet net, maak nie saak waar deur jy ook al gaan, ongeag jou interpretasie daarvan, jy word magtelik geseën deur al die agente van Hemel. Wat jy sien as wonde sit jou eintlik aanmekaar. Moenie merke vorm nie, want dan hoef jy hulle nie te verwyder nie. Selfs dit wat jy nou sien as verwoesting is manna van die Hemel. Wat jy huidiglik sien as straf is 'n uitroep tot liefde, 'n roep vir My liefde.

Jy skuif nie nader aan My nie. Jy styg na My toe.

Op een of ander manier is dit vir jou om op te styg vanaf die Aardse poel. Soldate van Geluk gaan altyd vorentoe, en jy is 'n brandwag van Goeie Geluk en seëninge. 'n Seëning met 'n ander naam bly steeds 'n seëning. Jy is geseën. Jy is 'n seëning wat geseën is. Seën jouself.

Watter pad reis jy op? Wat sal jy dit noem? Watter naam jy dit ookal gee, dit is die pad Huistoe, en jy word gedra na My. Laat jou gedagtes jou oplig. Laat gaan alle trane en al jou skop en geskreeu. 'n Seëning is aan jou gegee op hierdie dag. Jy weet daar is geen dood nie. Daar is geen tragedie nie. Alle paaie lei na My Huis.

Die Verlore Seun het sy protes gestop. Hy het bedank van sy vergeetheid. Hy het bedank van sy selfregering. Hy het lyding opgeoffer en oorgegee aan My. Deur liefde te kies, het hy niks opgegee nie.

Die wereld is 'n weg, en die Verlore Seun maak dit altyd deur dit wat hy padblokkades noem. Die sterre verlig sy weg. Die sterre verlig jou weg. Daar is geen vallei van dood nie. Daar is geen slaggate nie. Daar is jy wat styg, styg, styg, en jouself sien deur dit wat jy jou verbeel het. Verby dit wat jy jou verbeel lê Waarheid, en jy is, in Waarheid, liefde. So lief.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"