Heavenletter #5496 Selfs Al Het Jy Nooit My Naam Gehoor Nie
God het gesê:
Jou aandag op My bring jou nader aan My. Wanneer jy nader aan My kom, dan styg jou bewustelikheid. Ons kan sê dat jy op 'n fyner hoogte vibreer. Maak vrede met My. Hou aan om saam My te vibreer totdat Ons duidelik Een is. Maak dit nie sin vir jou nie? Wie sal harmonie nie lief het oor valsheid nie?
As jy nog nooit My naam gehoor het nie, as jy nooit bewustelike bewussyn van My gehad het nie, sal jy steeds skuif na liefde vir jou mede weses, en jou bewustelikheid sal styg. Dit is soos harmonieka in musiek.
Alhoewel, as jy vind dat jy bitter voel met My, of jy teenkanting het teen My of die wêreld verkleineer jou en jou in negatiwiteit omhul, sal jy vibreer op 'n growwer koord. Hierdie is die Realiteit van die wêreld.
Wat jy skynbaar na verwys as realiteit is nie Realiteit nie. Selfs die sogenaamde werklikheid van die wêreld word nie altyd op jou afgedwing nie. Jy dwing dit af op jouself deur die aanduidings wat jy het van 'n mindere wêreld. In watter staat jy jouself ook al vind, jy het heel waarskynlik die staat na jouself gebring deur jou idee van realiteit. Op hierdie manier, meeste van die tyd maar nie altyd nie, wat jy sien is wat jy kry. Jy roep 'n sekere vibrasie uit, en die natuur echo terug.
Wanneer jy vind dat jy kwaad is vir jou buurman of mense reg oor die wêreld, of mense wat nie soos jy lyk nie, of mense wat 'n ander geloof het en ander sulke relevante spekulasies, met ander woorde, wanneer jy negatiwiteit uitspoeg dan sal ewe negatiwiteit terug spoeg. Negatiwiteit is negatiwiteit. Maak nie saak na wie jy jou negatiwiteit uitgee nie, jy hoor die geluide wat jy maak.
Dit is nie te sê dat daardie wat diep lief het en liefde vrygewig gee en hoog vibreer en almal lief het word nooit met negatiwiteit gelaai nie. Jy weet alreeds dat dit nie die geval is nie. Jy weet ook by nou al dat daardie wat ander aanval in gedagte of daad ontvang ook vry ritte, so te sê.
Daar is groot Spiritueles wat liefde geleef het met elke asemhaal, en hulle was vervolg. Nou, wanneer alles gesê en gedoen is, die uiterlike beeld van almal se lewens vertel nie noodwendig die hele storie nie. Dis net dit, die lewe is nie so voor die hand liggend soos wat dit mag lyk nie. Soos jy dit sien, maak die lewe nie heeltemal sin nie.
Die lewe gaan nie altyd by die reëls soos wat jy dink dit moet wees nie. Wat verwys word na goeie geluk en slegte geluk besoek almal. Jy mag dalk kyk vir redes wat jy nie kan vind nie. In ieder geval, daar is meer vir jou om te doen in die lewe as om ander se lewens uit te sorteer of om jou lewe te spandeer deur ander te kritiseer of hierdie beeld wat jy voor jou het as jouself.
Bly weg van veroordeling. Veroordeling is nie jou gebied nie. Die gevolgtrekkings wat jy maak mag of mag nie so wees nie. In elk geval, wat het jy gekry vir jou veroordeling? Waar het jou verontwaardigende houding en skatting jou gevat? Dit kan 'n voorbeeldige idee wees vir jou om jou denke te verander en so hardkoppige veroordeling te laat vaar.
Kom uit die hele arena van reg en verkeerd in die eerste plek. Lewe, soos jy dit ken, is wat dit is. Laat veroordeling gaan. Jy het jou eie lewe om te lei. Die Lewe is somtyds 'n glibberige pad. Jy was nooit aangestel as die oorsiener van ander wat anders sien as wat jy sien.
Sê totsiens aan die verlede of selfs 'n oomblik gelede. Sê hallo vir die Lewe soos dit arriveer. Sê totsiens vir self-veroordeling en vir oordeling van jou self. Te veel kere, veroordeel jy jouself te erg. Ander kere mag jy dink dat jy die sheriff se volgeling is. Ek het jou nooit 'n borswapen gegee om fouterende menslike wesens te vang en op te skryf nie -- as of jy die wêreld se rekenmeester is, en jy die rekords wat jy het moet ontbloot.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"