Heavenletter #5482, Wat Is Die Lewe Veronderstel Om Te Wees In Elk Geval?
God het gesê:
Weet jy, dit is okay om dinge uit te sorteer in jou gedagtes, tog, moet jy ook weet dat alles in die lewe is nie hier vir jou om te organiseer nie. Die Lewe is nie boekhouding wat 'n sekere formaat volg nie. Die Lewe is nie so nie. Die manier wat die Lewe uitspeel is hoe dit bedoel is om uit te speel. Jy is deel van 'n groter plan as wat jy jou kan voorstel.
Lewe in die wêreld volg nie altyd 'n reguit lyn nie. Lewe in die wêreld, meer kere as nie, gaan in elke rigting, en jy weet nie wat die Lewe jou gaan gee totdat dit reg voor jou ontvou.
Die Lewe is nie so voorspelbaar soos jy daarvan sou hou nie. Maar, hey, dis die Lewe. Die Lewe is nie rigied nie en so ook moet jy nie wees nie. Lewe is om te aanvaar. Jy moet opstaan en aangaan. Dit is die Lewe.
Vandag mag wel nie die weer voorstel wat jy verkies nie. Dit mag te warm wees vir jou, te koud, te veel plasse of te droog. Meesal, het jy die weer wat jy het, en jy doen net fyn in die weer wat ook al dit mag wees. Die weer is wat dit is. Die weer is nie bedoel om jou te ontstel of om jou dag te ruineer nie.
Ons weet dat die Lewe kan jou verskrik op onverwagse maniere. Jy is in 'n paniek, tog, wat is daar vir jou om te doen behalwe om steeds aan te gaan. Die feit dat 'n trein ontspoor is beteken nie dat jy hoef te wees nie. Wat ookal gebeur in jou lewe, jy het steeds Lewe. Dit mag dalk nie die Lewe wees wat jy gister gehad het nie, tog, nieteenstaande, jy het Lewe.
Lewe is nie altyd wat jy wil he dit moet wees nie, tog is dit nie 'n groot verrassing nie, is dit? Hoekom sal my kinders dink dat die Lewe moet hunky-dory wees volgens hulle besondere begeerte en indruk op enige gegewe oomblik?
Jy mag jou lewe sien as imperfek. Hoekom moet jou lewe perfek wees volgens jou wense? Terselfde tyd hoef jou lewe nie so streng te wees soos jy dit mag sien nie. Lewe mag jou dae gee wat al jou energie druin, jou hart verskeur en jou laat treur. Tog, harte herstel. Daar is vreugdes wat jy nie kan vervang of terug draai na wat dit eens was nie. Dit is als reg vir jou hart om te herstel. Jy sal jou Lewe improviseer en ander seëninge vind. Jy kan maklik-gaande wees. Jy kan gelukkig wees in nuwe maniere.
Luister nou na dit: Jy hoef nie oormatig gelukkig te wees in elke oomblik nie, tog, sonder uitsondering, terwyl jy Lewendig is op Aarde, ontvang jy baie seëninge. Neem kennis van hulle. Wat as jy Lewe kan aanvaar soos dit kom, sou die Lewe jou breek? Wat is die Lewe bedoel om te wees? Die Lewe is nie altyd 'n fees wat bedien word by 'n smart hotel nie.
Jy weet, jy hoef nie 'n Mercedes te ry nie. Jy hoef nie eens 'n kar te ry nie. Jy kan loop en ook plesier vind. Niks in die Lewe in die Wêreld hoef presies te wees soos jy dit wil hê nie, maar dit bedoel ook nie dat jy moet kapsie maak wanneer die Lewe nie 'n nuwe verf het nie.
Ek sal jou iets vertel. Die Lewe is nie 'n spel wat jy moet wen nie. Lewe is 'n spel wat jy speel en jou hart voor gee en jy baie verkry van. Lewe is nie soos die aandelemark wat jy order dat dit moet hoër en hoër gaan, sonder faal.
Wanneer dit op jou neerkom, moet jy aanpas by elke dag ongeag van die kleur verf wat die dag dra. Daar is so iets soos jy groei hoër en hoër elke dag en jy bekom die wysheid wat beteken dat jy moet die Lewe vat net soos dit kom na jou. Ja, die Lewe is nie 'n gegewe nie. Dit is 'n geskenk.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"

