Heavenletter #4608, Vanaf Die Binneste Van Jou Hart
God het gesê:
Daar is net die binneste van jou hart, verstaan jy. Jou hart is waar. Jou hart kan nie vals wees nie. Somtyds, as gevolg van omstandighede, opbrengs ens. regverdig jy nie jou hart nie. In terme van jou hart, het jy lief, of jy het jou liefde geignoreer of toegebind. Wanneer jy nie liefde voel vanaf die binneste van jou hart nie, het jy die liefde in jou hart gemis.
Jy het 'n ompad om liefde gevat. Jy gaan die lang pad om.
Beslis, jy weet dit is belaglik om nie lief te he nie!
Dink net, jy en almal (al die beelde van jou) is op 'n kort vakansie op Aarde. Jy is nie 'n permanente inwoner nie. Jy is 'n vakansieganger. Jy weet nie en kan ook nie weet hoe lank jou huurkontrak is nie, omdat dit als agter die skerms gereël was. Jy kan gaan waar jy later vandag bly of more of vyftig jaar van nou af. Niemand weet sy uitgangsdatum nie. In elk geval, jy weet dat jou lewe op Aarde is nie vir ewig nie. Dit is wetenskaplik en statisties beaam. So, jy is hier met jou bure, in terme van Ewigheid, vir 'n baie kort tyd. Gedurende die kort tyd, wees gelukkig.
Hierdie spesiale en manjifieke tyd op Aarde met al die geliefdes en bekende plekke en manier van lewe sal nooit weer gebeur nie. Jy mis dit selfs nou al voor die tyd. Jou baba sal ook gryshare groei. Alles verander reg voor jou oe.
Hoekom op Aarde sal jy ooit bedenkinge of afguns of enige iets hou wat jou nie vreugde gee nie? So ook, wat anders sal jy wil wees as 'n wekroep vir vreugde. Hoor, die Boodskap Engele.
Jy moet weet dat jy die weg voorberei vir ander. Jy was nooit hier net vir jouself nie. Maak nie saak wat nie, in elk geval, hoekom sal jy aan iets vashou wat jou minder gee as vreugde? Om Hemels naam, hoekom op Aarde sal jy ooit vashou aan enige iets wat jou nie vreugde gee nie? Sekerlik, sal jy nie vashou aan 'n klein ergenis, sal jy? Sekerlik sal jy nie. Sekerlik nie, tog, die ding is, jy het. Jy het vasgehou aan griewe vir veels te lank. Die deur was toe gemaak lank terug, en tog hang jy steeds aan.
Jy sê jy sal lief wees om jou storie oor te skryf en klaar wees met al daardie voortslepende gedagtes. Hoekom doen jy dit nie? Jy kan dit doen.
Jy wou hê dat iemand, dalk baie, moet voor jou oë verander. Jy sou daarvan hou as hulle iemand anders sou word. As hulle hierdie perfekte mens geword het sonder foute soos jy begeer, wie sal hulle dan wees? Ek sê jou dat , sonder uitsondering, jy sal hulle mis. Jy sal iets omtrent hulle mis. Groot of klein, jy sal dit wat daardie persoon homself maak, mis. Klaarblyklik, was hulle belangrik vir jou, of jy sou nie steeds aan hulle dink as 'n vloek of 'n seëning nie.
Sal dit jou verbaas as Ek aan jou sê dat ongeag die persoon se foute, ongeag van jou griewe en maak nie saak hoe afgruwelik hulle dade was, was hulle 'n seëning vir jou. Op 'n sekere manier, het hulle na jou toe gekom, en hulle het hul dans voor jou gedoen. Op 'n sekere punt, is hulle van die verhoog af, en tog het jy hulle in jou hart gehou tot vandag toe. Hulle het jou herhinneringe en gedagtes gegee wat jy nog nie mee klaar is nie.
Iemand was onbeskof teenoor jou, of lelik, of het nie omgegee nie. Hulle was nie wat jy wou gehad het hulle moes wees nie. Hulle was dalk 'n klein-, of geensins dit wat jy wou gehad het hulle moes wees, en, tog, het hulle 'n ewige indruk op jou gelaat.
Jy moet hulle nou laat gaan. Verbeel jou dat hulle weg seil in 'n lieflike boot en jy waai hulle totsiens. Poef, hulle is weg.
Geliefdes, bykomend, moet jy ook die wat jou lief gehad het laat gaan en wie jy gewaardeer het en nou waardeer. Wees steeds lief vir hulle, en laat hulle gaan. Hulle sal vir jou wag op 'n ander oewer.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"

