Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5400, Een Grashalm

God het gesê:

Wat van meer genade het. Wees meer genadiglik aan jouself ook. Ek hoor jou grom omtrent jouself somtyds die heel dag lank. Jy is uitstekend om fout te vind. Wees beter om als behalwe fout te vind. Dit is jou keuse om te maak. Om fout te vind of om nie fout te vind nie. Om liefdevol te wees teenoor jouself of om nie liefdevol te wees teenoor jouself nie. Om sag met jouself te wees of om hard met jouself te wees. Om vreugde te skep of nog een meer beskuldiging. Om nog een meer fout te skep of jouself lief te hê.

Dit is nie nederig om fout te vind met enige een nie. Dit is hoogmoedig. Hoekom op Aarde sal jy dan dink daar is waarde daarin om jouself lastig te val? Wat beteken dit om fout te vind behalwe lae selfvertroue? Dalk gebruik jy oortreffende terme omtrent jouself soos: "Ek moet seker die mees domste persoon op die planeet wees." In daardie geval, mag jy dalk jouself sien as die beste van die dwase - as of om die beste dwaas te wees 'n goeie ding is.

Hoekom jouself skade aandoen? Jy doen My skade aan wanneer jy jouself skade aandoen. Doen iets anders. Gee jouself 'n breek. Laat vaar foute. Druk jouself uit met groter eer.

Slegs in die wêreld is daar beste en slegste. Daar is geen Guinness Book of Records in die Hemel nie. Daar word nie sulke gevolgtrekkings gemaak nie.

Ag jouself goed. Jy is deur God gemaak. Deur watter Goddelike Reg sien jy jouself as moontlik minder of die minste? Ek vra jou om nie te oordeel nie. Oordeel is so 'n vermoede. Wat kwalifiseer jou, geliefdes, om te oordeel? Slegs in die wêreld word oordeel geprys.

Ek is lief vir My skepping, en jy is deel van My skepping. Ek het jou gemaak met al die Mag van God.

Het Ek jou minder lief as al die sterre in die hemel? Het Ek jou minder lief as al die seë? Het Ek die berge meer lief as wat Ek die valleie lief het? Het Ek 'n blou bloeisel minder lief as 'n rooi bloeisel? Spandeer Ek My bestaan om te kategoriseer? Gaan Ek rond met 'n eindige maatstaf om jou te fouteer?

Ek sien vanaf 'n wyer visie. Is dit jou misdaad dat jy nie My visie het nie? Jy sal My visie sien. Intussen, neem jy aan dat Ek 'n fout begaan het toe Ek jou gemaak het?

Ek verwerp nie My nasate nie. Ek lief. Ek is nie 'n God van Vuur nie. Ek is 'n God van liefde. Liefde is wat Ek weet hoe om te doen. Nee, liefde is wat Ek is. Jy moet vir jouself lief wees, en dan sal al die ander in jou voetspore volg.

Jy hoef nie jou kwaliteite te oordryf of te betreur nie. Dit is nie 'n hoë stand van bewustelikheid om jouself of ander af te breek nie. In elk geval, dis dieselfde. Breek jouself af, en almal voel dit. Ander weet nie waarom of hoe nie, steeds voel hulle dit. Soos jy gaan, so gaan die wêreld. Jy is die drommer van die wêreld. Die ritme wat jy vir jouself stel, stel jy vir almal.

Wat dink jy sal Vrede aan die wêreld beteken? Wat dink jy beteken Hoër Bewustelikheid? Dit beteken 'n verklaring van bewustheid wat liefde groei. Hoe groei jy liefde? Jy aanvaar dat jy liefde is, en jy straal dit uit. Jy straal uit wat jy glo. In watter manier jy ook al na jouself en die wêreld kyk, dit is wat jy uitstraal.

Jy is gemaak soos jy is. Jy is 'n mens. Met alle liefde vir muggies, verklaar Ek dat jy nie 'n muggie is nie. Met alle liefde vir slange, verklaar Ek dat jy nie 'n slang is nie. Met alle liefde vir al die foute wat my kinders maak, verklaar Ek dat jy nie 'n fout is nie. Jy wat Ek met liefde gemaak het, het die vermoë om die wêreld te poleer en nie een grashalm te beskadig nie. Jy is 'n bouer en nie 'n vernietiger nie. Jy is nie 'n afbreker nie. Jy is 'n kind van God. So is dit.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"