Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #1414, Soos Die Son Vanoggend

God het gesê:

Wat is die goed in enige iets sonder liefde? Wat is die goed van die mees pragtigste herehuis sonder mense van liefde in dit? Wat is die goed van 'n mees pragtige diamantring sonder 'n geliefde se hand om dit aan te sit? Wat is die nut van enige iets sonder liefde? Wat is die nut?

Wat is die nut vir onderwysers sonder liefde? Wat is die nut in kinders wat A's kry sonder liefde in hul harte vir kennis?

Wanneer en hoe was dit dat liefde vergete geword het? Of as nie vergete, eenkant geskuif, terug gedruk of af gedruk, eenkant gesit vir 'n sekere tyd, nie nou nie, maar later, as of elke ding op Aarde voor liefde gekom het en liefde net 'n klein part het om te speel.

Wanneer het die verstand so verwaand geraak om op liefde te trap? Wanneer het die hart so onderdanig aan die verstand geword? Wat het die verstand so wonderlik gemaak en die hart so agter-af? Wat het van liefde geword?

Beslis, niks kan met liefde gebeur nie. Liefde is nie beseer nie. Liefde is niks minder as liefde nie. Maar liefde is laat sit op die agter sitplek. Liefde is teen gediskrimineer en gemaak om te wag by die toonbank van die lewe om te sien hoe ander gevalle eerste bedien word.

Wanneer het liefde soos 'n weeskind geword? Wanneer het liefde Cinderella geword, gerelegeer na die ashoop? Wanneer het liefde laaste gekom? Wanneer het dit versteek geraak soos verkleurde silwer is wat in 'n laai weggebêre is? Sedert wanneer is liefde in 'n geskenkpak geplaas en die deksel toe gemaak?

Wanneer het voorkomste en optredes meer gewaardeer geword as liefde? Wanneer het geld?

Wanneer het koninklikes soos 'n arme moes aantrek? Wanneer het vertonings van liefde meer werd geword as liefde self?

Wanneer het kompetisie meer belangrik geraak as geselskap?

Wanneer het dwaasheid Waarheid verby gegaan?

En, tog, selfs so, liefde vat jou by die hand. Selfs so, liefde is die stêr van die Heelal en sal sy regmatige plek in jou Menslike hart inneem. Selfs so, liefde roep na jou en jy antwoord. Jou hart antwoord my nou.

Jou hart klop vinniger. Soos 'n trein, het jou hart 'n kadens, en dit sê: "Ek is oppad, God. Ek is besig om Jou te vang."

Jou hart loer uit vanaf die struike, en dit sien meer van homself. Meer harte kom uit, en die een uitroep van die Heelal word: "Laat liefde uit kom. Laat liefde uit kom soos die Son. Laat liefde beroemd wees soos filmsterre. Laat daar advertensieborde oor liefde wees. Laat strate liefde genoem word. Laat liefde eerste wees. Laat liefde die hoof van die lyn wees. Laat liefde eerste bedien word. Laat dit bekend wees dat, naas liefde, is alles sekondêr. Liefde is wat saak maak, niks anders nie. Laat liefde die banier van die wêreld word. Laat liefde van een hart na 'n ander hart versprei word, en nie een hart oorgekyk word nie. Laat die wêreld sien met die visie van liefde."

Geliefdes, laat liefde vloei na en van vriend en vyand, oor en weer.

Laat daar geen droogte van liefde wees nie.

Laat die Hemele liefde reën. Laat dit neerval en niks dit uithou nie. Laat die wêreld geweek word in liefde. Laat liefde agter elke hoek wees.

Laat liefde bekend wees vir die kosbaarheid wat dit is.

Laat liefde bo alles skyn.

Laat liefde bekend word.

Laat liefde aangesteek word.

Laat liefde oorlog-oplos en die kan-nie-dood redes vir dit.

Laat liefde die sitplek van eer gegee word.

Laat liefde wees wat dit is.

Mag liefde groei in die menslike hart vandag. Mag liefde uit kom net soos die Son vanoggend en styg tot Mid-Dag.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"