Heavenletter #5476, Waarheid Vibreer in Heavenletters
God het gesê:
Heavenletters is tydloos. Dis nie gebaseer op tyd nie. Woorde wat waar is, is waar. Waarheid verander nie. Waarheid is waar, anders is dit nie Waarheid nie.
Die Heavenletters wat vandag gepubliseer is, was geskryf reeds maande terug, dalk saam 'n ander Heavenletter of meer, so, nou, is daar rye Heavenletters wat opgelyn is wat wag vir hulle beurt om uit gestuur te word en gepos te word die wêreld in. Almal wat Heavenletters wil lees het die geleentheid, groot nommers vind hul weë hier om te drink van My fees.
In My Woorde, is niks oud nie, en daar is niks nuut nie, selfs al het Heavenletters datums op is dit steeds van toepassing maak nie saak watter jaar dit gelees word nie. Ek gee vir Ewig en Oneindig uit. Addisioneel tot die basiese Waarheid dat Ons Een is en smag om Ons Eenheid te ken, gee elke Heavenletter sy eie merk.
Nou hier is nog 'n ding omtrent Heavenletters. Niemand weet waaaroor 'n Heavenletter gaan wees tot dit geskryf is nie. Heavenletters word gegee soos dit kom. 'n Godskrywer het geen idee wat Ek oor gaan praat nie, wat se woorde ek gaan gebruik of die boodskap van 'n Heavenletter totdat Ek praat nie. So ook weet jy nie wat 'n Heavenletter, oud of nuut, sê tot dit hier voor jou is nie, en jy lees dit in die oomblik wat jy dit lees.
Wanneer jy die eerste paragraaf lees, het nie jy of die Godskrywer 'n definitiewe idee waarheen die woorde lei totdat jy die laaste woord van die Heavenletter lees.
Dit is ook net so met die Lewe dat jy nie definitief weet wat volgende kom, vir dit wat gebeur gebeur soos dit gebeur. Daar is geen outline tot Heavenletters of die Lewe. Heavenletters word nie uitgedink nie. Hulle arriveer as of vanself in dieselfde manier as wat die Lewe arriveer. Daar is geen voorprente nie. Die Lewe kom soos dit kom. Heavenletters kom soos hulle kom, en dit is soos dit is.
Jy verbind met My Woorde soos jy dit verbind. Jy verstaan soos jy verstaan. Geen repetisie vir Heavenletters nie. Jou oë mag oor die woorde van 'n Heavenletter gaan, tog is dit jou hart wat van dit drink. Gelowe is onafhanklik van die hart. Jou verstand hou gedagtes. Jou hart weet.
Van verskille in geloof en interpretasie kom verskille in opinies. Van verskille in opinie mag al die oënskynlike chaos in die wereld kom.
Ongeag, gelowe mag verander en weer verander. So baie vir gelowe. Jy mag hulle dalk nie langer glo nie, of jy kan terug gaan na ou gelowe ook. Al die dinge is nou onbekend. Jy mag vandag in die genade van die Maan wees of die magte wat more kan bestaan. Jou pragtige hart mag sy instelling verander, weer en weer, of nie. Geliefdes, deur alles wat jy dink jy gaan, hou jou sin vir humor. Wat dit op neer kom is dat die Lewe 'n verbygaande fantasie is.
Deur dik en dun, weet jy ook dat die Lewe is die groot turn-on wat dit is. Jy mag dalk wil leef en lief het, of dood gaan. Ongeag, jy wil die res van die storie weet. Jy wil nie enige iets mis nie.
Die Lewe is op die allerminste interressant. Dit mag selfs bisarre wees, gevul met kapmesse, brandende bosse, en bloeisels van alle soorte. En geen Lewe is soos 'n ander met al sy in en uit en vorentoe en agtertoe en sy wysheid of sy ongeloof nie. Daar is niks soos die lewe nie.
Die Lewe is ongetwyfeld 'n rit wat chauffeur gedrewe voel. Iewers is daar 'n padkaart. Jy weet nie waar dit is nie. Jy kan ook nie regtig al die hoeke en draaie onthou nie en ook nie wat jy seker was reg of wat jy seker was, verkeerd was. Die hoeke en draaie meng saam om jou Lewe genoem te word, net soos al die ander se Lewens, tog so verskillend.
Julle deel julle Lewens. Julle leef en julle groei, wat ook al julle Lewens na mag lyk.
Verandering is op Aarde. Permanensie is in die Hemel.
"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"

