Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5478, Wagtend Vir Die Wereld Om Jou Te Bedien

God het gesê:

As jy nie kan aanvaar dat jy jou lewe skep nie, dalk kan jy aanvaar dat jy bydra tot jou Lewe in die Proses. Jou gedagtes praat vir jou. Jy mag dalk verwag vir jou Lewe om te verander terwyl jy dieselfde bly. Grotendeels, hou daarvan of nie, jy meesterbrein jou Lewe.

Jy sal verkies om nie die idee te aanvaar nie. Jy verkies om 'n onskuldige party te bly. Dit is net wat jy is, geliefdes, 'n onskuldige party. Jy sien nie en jy wil nie sien dat jy ten minste 'n sekere verantwoordelik vir jou lewe dra nie.

Ek het die twee punte van tevore al 'n honderd maniere gesê:

Wanneer jy kla en kla, sekerlik sal jy meer klagtes het om oor te kla. Wanneer jy dankbaar is vir die goeie wat jy gegee is in die wêreld, sal jy meer goeie dinge het om voor dankbaar te wees.

Daar is 'n sekere gevoel dat jy voel die Lewe skuld jou 'n Lewe. Jy mag voel dat die Lewe nie omgee in hoe dit jou hanteer nie. Jy voel dat die entiteit genaamd die Lewe, moet jou met kinder-handskoene behandel. Sekerlik, hierdie groot faktor, die Lewe, kan jou geld gee sowel as aan iemand anders.

Jy mag dalk dink: "Sal dit nie lekker wees as die Lewe na my kyk geheel en al?" Die Lewe kyk wel na jou. Jy kyk na jouself. Jy is hier, is jy nie?

Jy wil dalk nie werk vir jou lewe nie. Jy mag die ander wat nie na jou kyk soos jy dit wil hê nie, sien as sleg, terwyl hulle jou sien as 'n nikswerd.

Skuif jou gedagtes oor. Jy verdien groter as wat jy jouself gee. Jy is die pad-aanwyser van jou Lewe. Nou mag jy dalk terug lê en wag vir die wêreld om jou tee en koekies te bedien.

Sekere van my kinders gee te veel, en sommige van hierdie kinders, verwag om beloon te word. Ek sal so ver gaan om te sê dat jy groter verdien as wat jy ontvang. Eintlik, is daar geen twyfel omtrent dit nie.

Jy mag dalk aan die Heelal sê of voorstel aan die Heelal: "Ek verdien alle goed." Dan mag jy dalk onder-af uitlaat: "Maar die wêreld gee dit nie vir my nie. Dit het nog nie."

Sien, jy mag bou, en dan mag jy afbreuk dit wat jy gebou het.

Op 'n manier het jy nodig dat die Heelal na jou kyk en 'n ewe nood om te kla. Beter om te glimlag na die Heelal. As jy wil hê die Lewe moet Sonskyn op jou skyn, moet dit nie sleg sê nie. Vat 'n diep asem en vat verantwoordelikheid vir jouself, en wees vol vertroue in jouself.

Gee meer om vir jouself en die Heelal. Ontmoet jouself ten goede. Wanneer jy teleurgesteld is in die wêreld, vat jouself 'n stap op. Herskryf die storie wat jy jouself vertel. Jy mag dalk wil hê die wêreld moet mooi maak, eintlik, is jy die een wat nou moet gee.

Sien jy nou wat Ek bedoel wanneer Ek sê dat jy 'n been moet skud en hoër gaan in jou gedagtes. Moenie langer wag vir die wêreld of iemand in die wêreld om jou te lig nie. Lig jouself op. As jy sien as of die wêreld jou teleurstel, is dit omdat jy baie dors is. In die geval, staan op en gaan drink by die fontein.

Jy mag dalk dink jy het elke reg om te kla. Ek sê aan jou, staan op en moenie langer kla nie. Vind dit wat jy alreeds kan waardeer. Vat initiatief vir jou Lewe. Dit is joune. Bewys jouself aan jouself. Staan op. Die son skyn. Die Lewe wag vir 'n glimlag van jou. Gee jou glimlag, sodat die Lewe kan begin.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"