Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #1, God Praat

God het gesê:

Vandag sal jy terug sit en ontvanklik wees en leer.

Vandag sal jy jouself eenkant sit en na My luister.

Jy het nie meer jou agendas nodig nie.

Jy was gebore gebind aan jou moeder sodat jy jouself kan ontbind en jou Eenheid met My leer. Jy hoef nie êrens te gaan nie. Jy hoef jouself nie eenkant te hou nie. Jy skei om te leer daar is geen skeiding nie. Maar, jy is geheg aan skeiding.

Jy was geheg aan jou individualiteit, en nou sal jy plek maak vir My.

Julle is almal suiwer ontvangers van My liefde.

Ontvangers is houers. ‘n Ontvanger ontvang en hou, nie om te hou vir ewig, maar om leeg gemaak te word.

As ‘n ontvanger van My liefde, laat jy My uit. Jy hoef nie veel te doen nie. Jy moet net ‘n bietjie buig, ‘n bietjie tiep, en My liefde sal vloei van self.

Ja, jy sal ‘n suiwer ontvanger van My liefde wees.

Suiwer meen nie wat jy dink dit meen nie. Dit meen nie dat jy perfek is in die oë van die wêreld nie, dat jy perfekte kosse eet, of jou perfek gedra nie. Jy, vanself, kan nie jouself perfek gedra nie, want die individualiteit wat jy aan geheg is, weet so min en verstaan selfs minder.

Jy sal hoër gaan vandag. Jy sal jou verlede agter laat. Jy sal nie meer so baie op jou verlede staat maak nie. Jy maak plek vir My, en om dit te doen, jy (dit wat jy jouself voorstel jy is) moet uit die pad kom.

Dit is al wat jy moet doen. Skuif oor. Dan laat jy My toe.

Die ontvanger dink hy is die eienaar van sy inhoud. Maar ‘n ontvanger is nie ‘n eienaar nie. Hy is ‘n vervoerder. Hy hou net, om te kan vervoer. Die inhoud is nie vir homself nie. ‘n Ontvanger is gereed en reg om oor te gee dit wat hy gehou het. Die ontvanger hou nie vas nie maar laat gaan.

Ek is Suiwerheid.

En jy word die suiwerheid van liefde wat jy bedoel was om te wees deur van jou eie individuele sin van eienaarskap afstand te doen. Jou individualiteit wat jy so prys hou jou terug. Jy dink dis belangrik, maar dis jou verhoor en verdrukking. Jy dink dis jou oop deur, maar dit is verskans met jou gehegtigheid.

Die individueel wil nie verander nie. Hy mag sê hy wil. Hy wil hê dit wat om hom is moet dalk verander, soos hy dit ag, maar hy wil regtig homself hou soos hy is, of soos hy dink hy alreeds is. Hy wil die wêreld gevange hou eerder as homself oop te maak vir die wêreld.

Geen meer vas hou nie.

Eerder, laat My in kom en die liefde uitgee wat jy vir My opgestoor het.

Vandag, kom uit die pad van jouself.

Jy is nie die onderwerp nie.

Ek is die onderwerp.

Die wêreld van lewe is Myne.

Jy het die wêreld omseil.

Nou sê ek vir jou om in te gaan.

En gaan in soos jy gekom het.

Jy het gekom met niks behalwe My nie. Jy het gekom met My geloof in jou. Nou leer jy jou geloof in My. Wees onskuldig.

Jy het nie gekom met tasse nie. Jy het nie verstaan nie. Jou hand was oop en so het jy als gehad om te gee.

Jy bevat alles steeds. Alles is bevat binne jou. Maar jy kyk na buite om jou te vul. Jy is alreeds vol. Jy het My binne jou. Weet dit. Laat My gedagtes joune wees.

Vandag word wakker ten opsigte van jou Heiligheid.

Kleinigheid is ‘n voorgee.

Dit is nie waarheid nie.

Vandag leer jy wat, U Wil geskied, beteken.

Huidiglik grou jy in die grond met jou vingers, en al die tyd is daar ‘n groot padskraper tot jou beskikking. Jy grawe met ‘n stok terwyl jy net moet toelaat dat Ek die aarde oopmaak. Jy teken fantasieë met jou stok en kla oor dit wat jy oor gefantaseer het en bevraagteken dit en bekommer dit van elke hoek en vra vir elke beskrywing en analiseer dit sodat jou wil gedoen kan wees, en, al die tyd is jou wil net ‘n klein stok.

Sluit aan by My wil en kom van ‘n hoër wyer plek van Groot Waarheid en groot Liefde. Dink jy regtig die tydelike kan die Ewige verby vat? Moenie geheg wees aan jou klein wêreld nie. Open na Myne. Open tot die Hemel, want Ek het dit in jou geplaas.

“Written by Gloria Wendroff
Translated Dawie Steyn”