Heavenletter #5473 Jy Is 'n Magtige Kaptein Van Jou Skip
God het gesê:
Ek sal jou sê wie jou aards-vyand is. Ek sal jou sê wie als begin het. Ek sal jou sê wie jou in die moeilikheid kry. Geliefdes, dit is julle. Dit is ‘n deel van die lewe op Aarde.
Jy is die een wat jouself stop. Jy mag jouself stop van verantwoordelikheid deur iemand anders of iets anders verantwoordelik te hou. Jy haal verantwoordelikheid van jouself af soos ‘n shawl van jou skouers af. Hoe gemaklik. In misgiste vrees, is jy nooit verantwoordelik nie, maak nie saak nie. Jy sien jouself as kwesbaar, as of om verantwoordelik te wees sal te veel wees vir jou om te dra. Geliefdes, almal is verantwoordelik. Erken dit.
Wat se groot misdaad is dit om verantwoordelik te wees? Om verantwoordelik te wees is jou krag, nie jou swakheid nie. Totdat jy verantwoordelik is, waai die wind jou rond, en is jy ongelukkig. Beter om verantwoordelikheid vir jouself te vat. Dit maak jou solied. Dit maak jou meer van ‘n burger en minder van ‘n losloper. Jy het regte en voorregte. Beter om verantwoordelik te wees vir hoe jy optree en hoe jy reageer in die wêreld.
Onvermydelik, stuur jy jou eie boot. Staan sterk, en neem verantwoordelikheid vir jou lewe. Dit is ‘n hoof sleutel tot jou evolusie. Jy is die verantwoordelike persoon wat aan die helm sit. Jy is nie arme onskuldige jy nie. Jy is ‘n magtige Kaptein van die Skip. Daar word nie aan jou gedoen nie. Jy is die een wat die koers bepaal.
Hoe jy die lewe ontvang maak al die verskil in die wêreld. Jy is dit aan jouself verskuldig. Jy is sterk, nie swak nie. Jy wen wanneer jy verantwoordelikheid vat. Jy verplaas nie verantwoordelikheid vir jou bestaan na ‘n derde party nie. Om Hemels naam, waarom nie verantwoordelikheid vat vir jou lewe en aangaan met jou lewe!
Verantwoordelikheid is nie blameer nie. Blameer is nie goed nie. Verantwoordelik is goed.
Moenie jouself bluf nie. Wees ‘n leier, nie ‘n slagoffer nie. Verseker, dit is moontlik om daarvan te hou om ‘n slagoffer te wees en nie verantwoordelikheid te dra nie. Dit mag jou dalk ‘n sekere status gee in jou eie oë, maar hoekom? Om verantwoordelikheid te vat vir jou eie lewe maak jou sterker as die ander.
As ‘n tornado jou optel en jou in ‘n boom neersit, wie is verantwoordelik vir wat jy nou gaan doen. Jy neem die besluite. As iemand kom en jou red, goed en wel. As jy ‘n manier kry om jouself uit te kry, is dit ook goed en wel. In ieder geval, jy vat verantwoordelikheid om te wag om gered te word, en jy vat verantwoordelikheid om jouself uit te kry. Moenie wanhopig wees. Jy maak jou beste besluit. ‘n Helikopter wat nie kom nie is nie verantwoordelik nie. Wanneer jy jou omstandighede aanvaar, vat jy verantwoordelikheid. Jy gee jou lewe jou beste probeerslag.
Ja, om te wag vir die helikopter mag dalk ‘n verantwoordelike besluit wees, tog is jy die een wat verantwoordelikheid vat. Jy kies wat jy sien as jou beste uitkoms op daardie stadium.
Slegs na die geval, kan jy ‘n besluit sien as ‘n fout. Jy het beslis nie nawete voor die tyd nie. Tog dra jy menslike verantwoordelikheid. Dit meen nie jy het gefouteer nie.
Jy het al gehoor Ek sê daar is geen ongelukke nie. Hoe weet jy dat wat jy nou sien as ‘n fout, was nie die regte besluit nie? Uitkomste vertel nie die hele storie nie. Jy kan net sover sien as wat jy kan sien. Moenie jouself veroordeel, en jy sal nie huiwer om verantwoordelikheid te vat nie. Maak nie saak hoe drasties ‘n keuse mag wees wat jy gemaak het, na die geval weet jy nie vir ‘n feit dat dit wel ‘n fout was nie. Om verantwoordelik te wees bedoel nie jy is strafbaar nie, sit die idee eenkant dat jy moet skuld dra. Wees verantwoordelik, en moenie aan skuld vas hou nie.
Daar is meer om te aanskou in Hemel en op Aarde. Jy het nie als al gesien nie, nie naastenby nie.
“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”

