Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5472 Wees Lief Vir Jou Lewe

God het gesê:

Die onsigbare meganismes van die lewe werk ten goede van jou. Jy en Ek stem nie altyd ooreen oor wat die moeite werd is nie. Moet jou drome waar word volgens jou versoek of opdrag? As dit moet, as Ek moet spring om jou tevrede te stel, as Ek jou bevel moet volg, wat se soort God sal Ek wees? Ek sal jou Ja-God en assistant wees wat altyd volgens jou poppe dans.

Die feit is dat Ek altyd bedagsaam is aangaande jou, maar Ek is nie vir jou om te beveel nie. As jy soveel soos Ek weet, dan sal Ons Wil in alle dinge Een wees. As jy jou lewe kan sien vanuit die langtermyn, mag jy dalk nie so gretig wees om My te gebied nie. Jy mag selfs sê:

“Dankie, God, dat U my wil ongedaan maak. Ek het gedink ek weet. Ek was seker ek weet, maar ek was verkeerd. My uitkyk was te kort. Ek was nie reg om Jou Visie te volg nie omrede ek nog nie ver genoeg kan sien nie, en ek dink dat dit wat ek sien, is al wat daar is om te sien. Ek is nie net verkeerd nie, liewe God, ek is ongelukkig verkeerd.

“Ek sien nie, byvoorbeeld, die goed vir my, om sonder ‘n huis of geld of familie te wees nie. God, wie op Aarde sou die liefde van sy lewe wil verloor, kort van geld wees, of eensaam?”

My liewe Een, jy stel jou punt baie goed. Iets wat die wêreld eenvormig sien as ongevraagd mag dalk tot jou voordeel wees. Jy sien nie hoe nie. Jy kan nie sien hoe nie. Met langer visie, mag jy dalk. Daar is groter as als van wat jy nou huidiglik droom. Daar is groter seëninge as wat jy van droom. Daar is groter perspektief as wat jy tans herken.

Niemand wil hartseer wees nie, maar tog groei jy van hartseer. Ek sê nie jy moet uitgaan om moeilike tye te soek nie. O, nee, kyk vir vreugde. Maar, as jy iets sien wat jy nie van hou nie, kyk vir iets goed in dit vir die lang termyn. Ek sweer aan jou daar is goed in dit.

Jou lewe op die Aarde hoef nie aan die wêreld se visie te voldoen nie.

Jy dink as jy net dit of dat gehad het, dan sal jy gelukkig wees. Jy moet beslis weet dat daar baie is, wat het, dit, wat jy begeer, en hulle mag moontlik nie gelukkig wees nie. Niks van homself bring jou blydskap nie. Jy moet jou eie blydskap herken. Jy moet dit ken. Soos wonderwerke, moet jy toelaat dat jou geluk sy eie werk doen. Jy moet dit toelaat. Verklaar jou eie verklaring van onafhanklikheid en gelukkigheid.

Dit lyk nie of jy enige teenkanting het om jou eie ongelukkigheid te verklaar nie. Jy ken die gewig van ongelukkigheid baie goed. Jy staan dit teen, en tog mag jy bydra tot dit. Jy sien al die besonderhede van dit. Jy werk ongelukkigheid tot die been. Laat vaar die ongelukkigheid en neem in jou geluk. Wees lief vir jou lewe. Wees bly om te leef en versamel roosknoppe terwyl jy mag.

Jy is ‘n vertaler vir jou lewe. Vertaal jou lewe anders vir ‘n verandering. Handhaaf jou lewe. Wees sy kampioen. Die Lewe het sy kinkels en draaie. Gebruik ander terme om jou lewe te beskryf.

Herhinner jouself dat die lewe is ‘n Heilige Onderneming, en die lewe is gemaak van helde en heldinne. Ek sien jou anders as wat jy jouself sien. Wat van wat Ek sien is meer waar as wat jy sien. Wat as jy uit gemis het op jou seëninge?. Jy is so bekend met jouself dat jy dalk nie jou eie lig sien nie. Begin om jou eie lig op te merk. As jy wil hê die wêreld moet anders wees, begin om jouself anders te sien. Jy kan jouself op-trek, of jy kan jouself af-trek. Wat ook al jy kies, jy konfigureer die wêreld ook. Wees lief vir jou self, en jy verhef die wêreld, dieselfde wêreld wat jy nou verkleineer.

“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"