Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5471 Het Jy Dit Gesê

God het gesê:

Daar is moeilikheid wat na jou toe kom, beslis, net dit wat jy nie wil hê nie. Ter selfde tyd wat jy nie probleme vir jouself sal voorspel, nooi jy dit na jouself. Jy wil dit nie hê nie, maar tog bring jy dit na jou. Hoe bring jy dit na jou toe? Met jou idee van ongeluk, as of jy geen keuse het nie. Jy mag dalk opgegee het op jouself en jouself blindelings op-offer as ‘n slag-offer vir ‘n lot wat jy nie wil hê nie.

Hier is die soort self-praat wat Ek hoor by jou. Sulke praatjies hou jou onder, en Ek vra jou beleefd om op te hou met moedeloosheid en jouself te verslaan met aanmerkings soos die:

“Wanneer was die laaste keer dat enige iets maklik na my gekom het? Waarom kry ek altyd die kort end van die stok? Hoekom is die lewe so moeilik vir my?” En so voorts.

Jy maak jou eie prognose. Dit is nie duidelik vir jou dat dit is wat jy doen nie. Jy sien dit net nie. Jy sien dat jy eerlik en opreg is. Sien nou: Deur jou woorde, verwelkom jy probleme na jou. Dis as of jy sê:

“Hierso. Moeilikheid, kom hierso. Ek het jou verwag. Hierso.”

Geliefdes, jy hoor nie jouself nie, jy verwag probleme en so nooi jy hulle in soos jy ‘n ou vriend sal. Ja, jy het ‘n verbond gevorm met dit wat jy nie wil hê nie, en tog is jy so bekend met negatiwiteit dat jy dit na jou roep, as of jy nie weet hoe om sonder dit by jou, klaar te kom nie, behalwe vir God naby jou.

Jy mag dalk sê:

“Sien jy hoe moeilikheid sy pad na my vind? Moeilikheid kies my. Selfs my komper veroorsaak probleme vir my helfte van die tyd.”

My geliefdes, dit is jy wat probleme inroep. Jy sal nooit vra vir moeilikheid nie tog is dit presies wat jy gedoen het. Jy verkondig moeilikheid. Jy roep dit na jou met jou woorde van:

“Arme ek. Ek kan net nie weg kom van moeilikheid nie. Dit blyk moeilikheid skadu my. Dit is op my pad. Dit maak ‘n bee-line na my toe. Dit ontmoet my meer as halfweg. Ek hardloop weg van moeilikheid maar dit agtervolg my. Dit lyk of moeilikheid weet hoe om my te vind. Dis net my geluk.”

En so lê jy jou lewe uit as ‘n slagoffer van moeilikheid.

Verander wat jy uitgee. Die woorde wat jy praat en die denke wat jy dink maak ‘n verskil aan jou lewe. As die woorde wat jy sê jou kan bring wat jy nie wil hê nie, ‘n beter keuse van woorde kan dan sekerlik jou bring wat jy wil hê. Ernstig, verander jou uitkyk. Die Heelal is lief om vir jou te gee dit waarna jy verwys. Die Heelal bedoel om jou te bevredig.

Van nou af, gebruik praatjies wat jou sal bring wat jy wil hê.

Jy mag dalk dink dis te maklik. Jy mag dalk sê: “Die positiewe denkery mag dalk vir ander werk, maar dit sal nie vir my werk nie.”

En, hoekom, bid, sê, sal dit nie werk vir jou nie? Hou in gedagte dat die onskuldige Heelal, vir jou wil gee, ja, jy, dit wat jy oor praat.

Begin om so te dink:

“Die Heelal seën my met sy geskenke. Ek is een van die gelukkigste mense in die wêreld. Als wat ek wil hê kom maklik na my toe. Wanneer ookal ek my begeertes bekend maak, kom hulle na my, somtyds dadelik. In tussen tyd maak ek goeie vordering met goeie geluk.”

Geliefdes, jy moet beslis jou self-praat verander. Jy mag so sonder hoop wees dat jy jouself gom aan hopeloosheid, en so kry jy meer hopeloosheid. As jy hopeloosheid kan broei, kan jy ook hoopvolheid broei. Dit is nie dat jy hopeloosheid beveg nie. Jy hoef dit nie eenkant te gooi nie. Wat jy moet doen is om dit wat jou hoopvol maak, te verwelkom.

Dit werk. Gee dit ‘n kans. Gee dit ‘n maand se getroue probeerslag en sien wat jy voel. Dit is soos dit werk. Gee aandag.

“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”