Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5470 Subliminaal Waar

God het gesê:

Daar is ‘n vonk binne elke pragtige kind van My, ‘n vonk wat die ander wat ander genoem word, verlig en die grote wêreld. Neem kennis, Ek het gesê elke liewe kind van My want almal het daai vonk binne hom of haar. Jy het die vonk binne jou. Hierdie vonk kom van dieper as diep. Hierdie is jy in jou Brandende Glorie. Jy het die vonk binne jou om die wêreld te verlig.

Iemand wat volgens die wêreld se opinie pragtig genoem word, het die Verligte Lig wat Ek van praat, en tog die oppervlakkige skoonheid mag vergaan na ‘n ruk. Iemand wat in wêreldse terme nooit die uiterlike skoonheid gehad het nie, nogtans, het die innerlike helder lig wat die wêreld verlig wat die uiterlike skoonheid doen. Dit is nie oorspronklik om te sê dat oppervlakkige skoonheid gaan net so diep, tog is daar die innerlike skoonheid wat die wêreld verlig soos die sterre. Rerig, wat is so mooi omtrent die sterre behalwe vir hulle lig wat skyn in die donkerte.

Jy mag dalk nie weet van die lig wat vanuit jou straal nie. As ‘n baba, het jy die lig. Vars van die hemel, is jy versekerlik omhul in die lig. En as jy verlam is, dieselfde lig skyn vanuit jou. Daar is lig buite die fisiese wat joune is. Wanneer jy liefde voel, skyn jy dit uit. Lig is lig van waar ook al dit skyn.

Oë is al bolle genoem. Oë is al die venster van die siel genoem. Dit is net deels waar om te sê skoonheid is in die oë van die wat dit sien, vir daar is ‘n definitiewe skoonheid binne elkeen op die Aarde wat skyn vanuit hul verligte oë. Onder die klatergoud, onder alles, lê die Lig van God. Dit is geleë binne jou, helderder as helder, tog is dit nie van die fisiese realm. Hierdie is Ware Lig as of gesien van ‘n ander realm.

Lig onthul is blydskap. Dit is die Gloeiende Son binne jou. Somtyds is dit onthul in trane ook, vir die lig van trane verklaar liefde ook. Daar is golwe van liefde. Selfs in hartseer, word die strale nie verminder nie. Heilig is jy, maak nie saak hoeveel sneeu jou lig bedek nie. Selfs ‘n vinnige kyk na jou lig is genoeg om die aangesig van die wêreld, en om al die eensaamheid wat die wêreld blyk mee gevul te wees te verlig, en dan kan die wolkerigheid mee klaar wees.

‘n Wêreld sonder liefde is koud. Liefde verlig jou en liefde verwarm jou. Liefde en sy lig herhinner jou van Hemel. Hemel is meer as ‘n plek wat kan of nie kan opgespoor word. Hemel is binne jou, en soos Ek, is nie ver weg in die lug op die buite wyke van die wêreld nie. Jy mag dalk hou van Hemel op ‘n afstand. Jy mag dalk dink van Hemel as ‘n droom plek. Dink meer dis waar pragtige drome gedroom word en elke droom waar word.

Drome wat jy droom terwyl jy wakker is, is alreeds waar iewers diep binne jou.

Sulke drome was altyd waar, anders sou dagdrome nie bestaan nie.

Die Nuwe Wêreld was altyd waar. Dit was nog net nie ontdek nie. Die land wat Columbus ontdek het was altyd daar. Dit was nog net nie gesien deur oë in die res van die wêreld nie. Die Nuwe Wêreld het reeds bestaan net soos enige iets in die relatiewe wêreld bestaan.

Waar bestaan drome? Binne in jou, selfs al glo jy nie jou hoogste drome nie. Waar bestaan Hemel? Binne in jou, selfs al glo jy dit nie. En waar bestaan Ek? Binne in jou en binne elke ding wat bestaan en nie-bestaan nie.

Jy is een van My drome waar geword. Ek was waar, en jy is waar binne My Lig, wat ook in jou en buite jou skyn. Ons is waar, subliminaal waar. Ons is Een Eenheid

“Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn”