Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #495 Maak Geen Man 'n God

God het gesê:

Daar is mense in die wêreld wat 'n oond of 'n kar of 'n tand kan reg maak. En jy gee 'n sekere mag aan hulle. Jy gee oor aan hulle. Jy betaal hulle vir die talent en vaardigheid wat hulle aan hulself toeskryf, en vir die tyd wat hulle aan jou bestee. Dit is 'n besigheids ooreenkoms, en wat julle verruil is duidelik.

Maar in die wêreld van Lewe, is daar geen kenners nie. Jy mag dalk iets leer van ander maar jy is die leerder. Moenie aan 'n ander verantwoordelikheid vir jou lewe oorgee nie. Wie kan jou deel van die lewe herstel as jy - as jy en Ek? In die wêreld van liefde (God) is niemand jou guru nie. Tog is almal jou onderwysers. En die wat jy onderrig is ook jou onderwysers. Maar Ek is die Onderwyser.

Wanneer, in die saak van die Lewe of in jou soeke na My, en jy opkyk na 'n individueel, wanneer jy opkyk in die sin van jy gee 'n deel van jouself in respek vir hulle, sit jy hulle bo jou, en jouself minder, dan het jy die Eenheid vergeet waarin ons geskape is.

Geen mens is 'n kenner van jou lewe nie. Moenie jou verantwoordelikheid of glorie vir jou gedagtes of jou wese of jou allokasie aan My afstaan vir 'n ander mens nie.

Die wêreld van die mens, is die wêreld van mode.

Mode sê vir jou hoe om aan te trek. Dit sê vir jou hoe jy moet lyk. Maar mode is meer as net aantrek. Mode sê vir jou wie om te volg. Hierdie jaar is sekere opinies meer na geluister as na ander. Volgende jaar mag dit omgekeer wees. Jy mag mode sien vir dit wat dit is. Dit is nie die groot ding van die Lewe nie.

Wanneer iets of iemand geag word as 'n sensasie of as sensasioneel, dan moet daardie idee jou sê om stil te staan vir 'n oomblik. As 'n man 'n sensasionele leier van 'n gedagte-skool is, is hy steeds net 'n man en nie die regeerder van jou nie. Moenie so geneig wees om jouself so vinnig weg te gee nie, maak nie saak hoe wonderlik iemand is nie, maak nie saak hoeveel onder hom volg nie, en maak nie saak hoe goed hy jou laat voel nie. Tip jou hoed vir hom in waardering, maar onthou jy dien My, geen man is jou bron nie.

Modes van die lewe verander. Moduees is moduees. Maar mode is nie waarmee Ons Onsself besig hou nie. Ons kyk na die ewige waarhede van die Lewe, en een van hulle is dat jy geen gode voor My sal hê nie. Jy adoreer God. Geen man is bo jou nie.

Tog somtyds is 'n sekere tentoonstelling van My in die mode of in hoë aanvraag. Maar Ek is nie in styl of uit styl uit nie. Ek is soos Ek altyd was. EK IS. En Ek is nie 'n regeerder nie. Ek is 'n Skepper, en Ek het jou geskape om jouself te wees. Ek het jou nie geskape om te regeer nie en ook het Ek jou nie geskape om jou soewereiniteit af te staan nie.

Alles is trots behalwe as jy waar is aan jou waarheid. Dit is 'n sekere trots wat jou na die of daai een skuif. Jy gaan hier en jy gaan daar, jy gaan na die of daai een, wagtend dat hy of sy jou na My sal wys. Jy dink hulle het die mag om My vir jou te gee. Die meeste wat 'n ander persoon kan doen is wys. Dit is beter hulle wys na My en nie na hulle self nie. Enige waarheid wat hulle hou is Myne.

Moenie 'n ander meer krediet gee vir die mag en glorie wat Myne is. Jy dink iemand anders sal jou na My lei. Jy ag hulle heiliger as jy, en jy buig neer. Jy dink om jou verstand en hart weg te gee is heilig, en dan meer van 'n ander mens te maak, maak meer van jou. Deur aan 'n ander se gedagtes te hang is dieselfde as om jou eie te abdikeer. Jy is nie die skaap van mense nie. Jy is die Lam van God.

Geen man gee My vir jou nie. Ek gee Myself vir jou. Jy ontvang My jouself. Maak geen man 'n God nie. Plaas geen ander gode voor My nie.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"