Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5486 Die Lewe Marseer Aan

God het gesê:

Almal is lief om begunstig te word. Niks verkeerd met dit nie. Geniet dit ten volle. As die wêreld versot is op jou, geniet dan die verering terwyl jy kan.

Hiers die ding: Jy hoef nie deur die wêreld vereer te word nie. Jy hoef nie in die kollig te wees nie. Dit is ook heeltemal okay om gewoon te wees en onopgemerk te wees in die wêreld. Wat jy van jouself dink is wat werklik saak maak, want hoe jy oor jouself dink is wat jou lewe op sal neerkom.

Jy kan ook die onopvallende werker wees wat in die agtergrond loop. Jy hoef nie die fokus te wees nie. Jy kan net sowel die werker en die man wat bedien word wees. Jy hoef nie die stêr van die show te wees nie. Daar is werklik nie so baie in dit nie. Enige iets wat jy moet hê beheer jou wêreld.

Dit kom neer op die volgende: Wat die meeste tel is wie jy is en nie wat jy doen of wat jy besit nie.

Roem is kortdurend, en wat het jy as jy dit het? Wat jy is is joune. Jy behoort aan jou Wese. Jy is jouself, en dit is wonderlik. Ongeag van enige iets anders, jy is God se kind. Jy is definitief My Kind.

Wees bly dat jy dit so ver gemaak het.

Wanneer daar 'n tyd kom wat jy jouself sien as verhewe bo ander, weet dit is net 'n kortdurende ding, en kom oor dit.

Wanneer jy smag vir iets buite bereik, blyk dit ontsagwekkend te wees. Wanneer jy dit het, is dit net nog iets om mee te deel. Dit wat jy soek, sodra dit in jou hand is, blyk dan moeite te wees. Jy mag dalk net jouself moet gereed hou vir dit.

Geniet roem of wat jy ook al begeer tot jou harts genot. Onthou net, jy is niemand behalwe jouself nie. Beter om nie in jou bewonderaar se propaganda te glo nie. Jy is 'n dood gewone mens. Dit is gesê die wêreld is jou oester. Waarlik, jou wêreld is jou siel. Hoeveel vriende gaan rond en maak bekend dat hulle van jou siel hou? Jy mag dalk net jou siel begin waardeer.

Somtyds, iets of iemand blyk dit te kry, soos Beanie Babies of hula-hoops in die wêreld. In die wêreld blyk dit dat niks vir ewig hou nie. Hier vandag en weg more. Waar is die sneeu van gister? Vandag is al wat daar is.

Daardie wat hoogtepunte van guns in die wêreld bereik het is nie altyd lief vir hul status nie. Hulle mag dalk vir dit lief wees vir wat dit vir hulle doen, maar nie vir dit self nie. Vir 'n ruk, vir 'n bekende of onbekende rede, is jy die gunsteling roomys geur vir die dag, week, jaar of moontlik 'n leeftyd. Tog, op 'n sekere stadium, wat is dit waarlik wat jy het, en wat maak dit saak, en aan wie maak dit saak?

Daar is geen kategoriese beste nie. Daar is idees van die beste wat een of ander tyd minder aantreklik raak en stof opgaar. Jy weet dit by nou al. Die beste meubels benodig afstof sowel as stukke hout wat aanmekaar gegooi is. Kaviaar gaan af net soos 'n goedkoop bredie. Die beste prestasies in die wêreld word deur 'n volgende een verbeter.

Maar die inhoud van die Lewe, kan aangaan in jou hart of jou verstand of dit mag nie. Dit ondersteun weereens die idee dat alles is 'n idee. En al die groot idees wat jou eens gebind het, hou nie altyd die wonderlike gloei as wat dit eens gedoen het nie. Jy draai van hulle. Dit kan wees dat jy hulle ontgroei. In ieder geval, die opwinding is nie meer daar nie.

Wow, dit was 'n wonderlike dag toe jy die beste skrywer in jou klas was. Jy kan net nie dieselfde wonderlike gevoel vandag na-maak nie. Jy mag of mag nie meer die beste skrywer wees nie, tog kan jy net nie dieselfde energie insit wat jy eens gedoen het nie. Dit is soos iets wat jy eens kosbaar gevind het oorgeverf is, en jy vind dit nie meer kosbaar nie. Op 'n manier het dit sy kosbaarheid verloor en jou belangstelling.

So is die Lewe, altyd besig om te verander reg voor jou oë. Die Lewe word uitgegooi in die verlede, huidige en die toekoms, en die Lewe maak nie altyd sin nie. Dit is okay. Dis deel van die Lewe. Die Lewe het elke rede om te verander en jy met dit.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"