Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #4926 Die Evolusie Van Die Wêreld

God het gesê:

Jy is lewensbelangrik en noodsaaklik vir die wêreld. Jou gee is meer belangrik as jou ontvang. Ja, Ek sê dit baie duidelik sonder twyfel. Dit is nie te sê dat jy nie mag ontvang nie. Dit is om te sê: Om te ontvang is nie genoeg nie. Watter voordeel jy ook al mag ontvang, gee dit uit sodat ander ook die voordeel kan kry.

Jy mag net nog nie ingelig wees dat alles wat jy ontvang kom van My. En alles wat Ek jou gee is nie die einde van die storie nie, omdat almal is Een, en jy is deel van 'n ketting wat buite jouself strek. Jy is nie die einde van die lyn nie. Daar is 'n verdere stap. Onthou Eenheid. Jy vermeerder jouself as jy deel. Soos jy deel , so kry jy meer. Moenie jouself weerhou om te deel nie.

Om te deel is natuurlik. As jy 'n pond lekkergoed ontvang, hoef jy nie alles weg te gee nie. Die feit is dat wanneer jy deel, wen jy. Dit is nie altyd maklik vir my kinders om die prinsiep te verstaan nie. Jy mag dalk dink om te deel is om af te trek, en minder te hê. Deel is die volgende stap in wen. Gee is wen, nie verlies nie. Om te deel en te gee vermeerder jou. Die doel van die lewe is om te vermeerder.

Wanneer jy 'n seëning ontvang, word jy verhoog. Wanneer jy gesoek het en jy gevind het, is die verhoging nie net vir jou alleen bedoel nie. Wat jy ontvang, moet jy ook gee. Om te ontvang is nie die einde van die geval nie.

Weet jy nie dat jy 'n ketting is in die evolusie van die wêreld nie? Jy is lewendig is jy nie. Wees lewendig om lief te hê. Die son skyn vir almal. Jy moet soos die son wees en uitstraal na almal toe. Om die meeste te maai, geliefdes, moet jy gee. 'n Boer saai die sade. Hy gooi hulle weg. Hy gooi weg en sodoende saai die sade. Sekerlik, was hy nie die sade gegee om te hou vir homself nie. En wanneer die sade groei en hul eie sade produseer, is daar meer en meer om te deel.

Laat vaar die idee dat wat ook al vir jou gegee is, is vir jou alleen. Jy moenie soos klein Jack Horner wees wat in die hoek gesit en sy kerskoek geëet het en haal toe 'n pluim uit en sê: "Wat 'n goeie seun is ek?"

As jy jouself nog nie bekend gemaak het met die geur van gee nie, raak bekend met dit nou. Geliefde, jou gee is die fondasie van die wêreld.

As jy tien rand het gee een rand vir iemand anders. Moenie wag totdat jy tien miljoen rand het nie. As jy wag, leer jy gierigheid. Wanneer jy gee, leer jy liefde. Ek is jou bron. Ek gee aan jou sodat jy aan ander kan gee. Ek is soos die skoolonderwyser wat jou papiere gee om aan die klas uit te deel, jy vat een en jy deel die res uit.

Dieselfde is waar met antwoorde wat jy ontvang in die lewe. Jy forseer niemand nie. Niemand hoef na jou te luister nie, en tog deel jy, en so hervul jy jou hart en heel moontlik jou koffers ook. Wat is my woorde hier behalwe om dit te deel?

Wat het die Groot Spiritueles gedoen? Geen van hulle het die gedagte gehad: "Ah, wel, ek is volledig. Ek het die antwoorde." Hulle het hulle self vervul deur te deel wat Ek vir hulle gegee het. Ek is die Gewer, en jy is ontwerp om ook 'n gewer te wees. Dit beteken nie jy druk elkeen in 'n hoek soos die Ou Seevaarder wat sy storie versprei het om hom van sy skuld te vrywaar. Jou behoefte is om te gee, want jy is bedoel om 'n gewer te wees altyd. Totdat jy gee, is jy 'n vatter, geliefdes. Handhaaf die Heelal, geliefdes. Handhaaf.

"Written by Gloria Wendroff
Translated by Dawie Steyn"