Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5659 Omhels Eenheid

Heavenletter #5659 Omhels Eenheid

God het gesê:

As 'n foto geneem kon word van Eenheid, sou dit geneem word met die Stralende Lig van My Hart. 'n Foto sal My Hart ontbloot reg in die ope. Selfs so, geen foto kan My vervat nie.

Eenheid is nie geblur nie, tog is daar geen kante nie. Heelheid kan nie kante het nie, omdat daar geen kranse is om gedefinieer te word nie.

Wat sal 'n omhelsing van Eenheid na lyk?

Jy is baie naby om die Volheid van Eenheid te verstaan.

Jy mag dalk Eenheid sien as 'n pin-dot in die middel van 'n leë skerm. Jy mag dalk Eenheid eenvoudig sien as Volheid. Daar is geen einde aan Volheid nie. Ook geen begin tot Volheid nie. Daar is geen middel, geen half, geen hier, geen daar. Daar is geen definiering van Eenheid nie. Eenheid kan nie afgebaken word nie.

Hart Stringe is los. Maak nie saak wat jy Eenheid noem nie -- Oneindigheid, Heelheid, Uitgestrektheid -- daar is geen wegkom van dit nie. Daar is plek vir almal en alles -- selfs al is daar geen ruimte nie. Daar is die Niksheid van Volheid.

Met Eenheid, Volheid, Uitgestrektheid, is daar niks om na te wys nie. Daar is geen punte nie, tog is daar belangrikheid. Daar is 'n duidelikheid van Weetheid selfs as dit wat Ek sê nie verstaan kan word nie. Dit is 'n Weetheid. Genoeg gesê -- Weetheid maak 'n indruk op jou.

Heil tot Eenheid en alle Groot Volheid en Oneindige Oneindigheid.

Geen kunstenaar kan Oneindigheid verf nie. Geen kind met kruit kan Oneindigheid inkleur nie. Geen beeldhouer kan dit skep nie. Oneindigheid is Uitgestrek. Daar is geen meer Uitgestrektheid as Uitgestrektheid.

Niks kan by Oneindigheid gevoeg word nie, en so ook kan niks weg gevat word van Oneindigheid nie. Oneindigheid kan nie gemeet word nie, en so ook is daar geen weg kom van dit nie.

Slegs die beperkte kan opgetel of afgetrek of vermenigvuldig of gedeel of gefaktoriseerd of gelykstaande wees.

Eenheid en Oneindigheid kan nie gedokumenteer word nie. Hulle kan nie gedokumenteer word vir die feit dat hulle nie beperk is nie. Slegs dit wat beperk is kan gedokumenteer word. Nee, Grootheid hoef nie gesien te word om geglo te word nie. Glo, en jy sal voel dat jy gedompel is in Eenheid. Eenheid is.

In Oneindigheid is daar geen woorde nie. Daar is geen padkaarte nie. As daar padkaarte na Oneindigheid was, sou jy hulle nie kon lees nie. In Oneindigheid, is daar geen merkers op die pad nie. Daar is niks om na te wys nie.

Wanneer jy Oneindigheid sien, is daar niks buitekant dit nie.

Wat is geluk? Geluk is Oneindigheid. Oneindigheid is Oneindigheid by watter musiek ookal dit by gesit word.

Kom Ons loop rond in Oneindigheid, selfs al kan dit nie in rond geloop word of betree of verlaat word nie. Die feit is dat jy het nog nooit Oneindigheid verlaat of was enige ander plek nie. Waar jy bly en waar jy dink jy bly is nie dieselfde nie. Jy swerf alreeds op die rand van Oneindigheid. Jy kan nie weg kom van Oneindigheid nie, en daar is geen einde tot dit nie.

Oneindigheid! Hier kom Ons!

Oneindigheid is nie 'n gooi in die donker nie. Dit is 'n sekerheid. Jy ken Oneindigheid alreeds. Jy kan dit voel. Jy kan dit ervaar al is jy Oneindigheid vanself. Jy is 'n Kenner van Realiteit. Oneindigheid is jou tuisveld selfs al het Oneindigheid nie merkers nie. Jy is die Heelheid van Alles, tog bestaan jy nie behalwe in aanhangsel nie. In Oneindigheid is jy. Dit mag al wees wat Ons kan sê.

Jy is nie lig en skadu nie. Jy is Lig. Woorde kan nie begin om te sê, tog alle woorde beklemtoon Eenheid. Selfs in veelheid, ster Eenheid. Veelheid is 'n opgemaakte funksie wat die verstand in speel. Veelheid is gelyk aan voor-skool aktiwiteite. Net so, daar is geen ompaaie van Oneindigheid nie.

Daar is geen weg kom van Waarheid nie. Daar is geen veelheid, tog speel jy in veelheid. Jy maak patty-cakes totdat jy ontdek dat jy is Realiteit. Jy is die Maker, die Aanskouer, en die Gemaakte als in Een.

Ek, God, verwelkom My Self aan My Self in die destydse vorm wat jy in rond speel