Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5658 Die Sterre Van Die Heelal

God het gesê:

Alles in die wêreld is soos jy dit sien of verkeerd-sien. Daar is verstaan en misverstaan en spring tot gevolgtrekkings. Oortredings het tot stand gekom. Verpligting het die wêreld betree. Hartseer het gegroei. Die konsep van vyand het gegroei. Alle teenoorgesteldes was stewig geplant. Die ongewenste het gegroei. Onkruid van denke het oorgeneem. Die wêreld het lukraak en gevaarlik geword.

Dit was nie 'n maklike ding om te kies om die Aarde te verlaat nie, en so is dit nie altyd sjarmant om te bly nie.

Woorde het die Heelal uitgebrei en woorde het ook die Heelal afgesny. Mense was geinterpreteer in wilde maniere en neergeslaan, gesorteer en geklassifiseer volgens wie-weet-wat.

Hoe kort die lewe was vir mense op Aarde, en hoe lank dit gevat het.

Tyd was voor neer gebuig. Ruimte het geld gekos. Water het skaars geraak en was verkoop. Daar was alle soort tekorte in die wêreld.

Daar het 'n tekort van hart op Aarde gegroei. Harte het verdroog asof harteloosheid 'n gesogte skat was. Harteloosheid was nie raar nie.

Blaam het egter bly voortbestaan op Aarde. Dit het soos 'n wingerd gegroei. Dit het die velde oorgeneem. Niemand kon die wingerd van blaam ontvlug nie alhoewel sommige blameer min of meer kragtig.

Nietemin, die daaglikse wonderwerke van die lewe het voortgeduur.

Ek het verder gesien as wat julle in die wêreld gesien het. Julle het vergeet om op te kyk na die hemelryk. Waar ookal julle gekyk het, het julle foute gesien, en julle het hulle getel. Dit is hoe jy rekenkunde geleer het, en die wêreld het julle gesê om foute uit te wys is 'n goeie ding.

Die Mens het gedink hy het die Heelal bemeester. Hy kan nie eens homself bemeester nie. Hy het homself aangestel as 'n kenner. Hy was 'n kenner van gekheid.

Mense het gedink die Lewe op Aarde moet neerbuig vir hom. Hy het homself opgehef terselfde tyd as wat hy homself verwoes het.

Rentmeesters van die Heelal het neer geval op hulle werk. Hulle het heftig gesoek na gewin en selfsug bewonder asof dit 'n diamant in die Son was.

Nietemin, die Son het lojaal uit gekom. Lig op Aarde het nooit gestop nie. Die Son was so gereeld, dit was nie ge-ag nie. Skaarsheid was gewaardeer.

Julle, My kinders, dra maskers. Julle het baie maniere gevind om weg te kruip. Ergste van alles, julle het Waarhede van julself weg gesteek. Leuens was opgemaak en geglo in en gestrooi op die Aarde.

Hierdie is 'n kort geskiedenis van hoe weë gebore was in die wêreld. Geskiedenis was 'n fout van die intellek. Geskiedenis was 'n klinkende fout van die intellek. Klokke was nie gelui nie. Hande was vas gemaak en waterputte het droog geword.

Pandora's Box was ge-open. Nou gaan dit toe. Die era van lyding is oppad uit. Weë staan terug. Daar is nie meer plek vir opoffer op Aarde nie.

Lewe moet vereer word. Die menslike hart is besig om te styg. Die wêreld groei in goddelikheid goddelik.

Die Herald engele sing. Musiek van die terreine en hemisfere word hernu. Die Aarde kom uit sy bevalling.

Liefde word losgelaat op die wêreld.

Liefde word onthou, en liefde word herlaai.

Uitgestrekheid word vermeerder. Disharmonie neem af. Daar is geen plek vir disharmonie nie. Disharmonie is nie langer moontlik nie. Harmonie styg. Harmonie sing sy eie liedjie.

Liefde is losgelaat vanuit sy grot. Liefde kan nie meer terug gehou word nie. Liefde sing ditself hard en duidelik.

Liefde is nie meer betwis nie.

Eindigheid het oneindigheid vervang.

Uitdrukking van Liefde kan nie meer afgedruk word nie.

Julle en die wêreld brei saam uit.

Oppervlakkigheid of gevoelloosheid bestaan nie meer nie. Daar was nooit 'n plek vir minder as Grootheid nie. Dit wat nie liefdelik is nie trek terug.

Die wêreld is nou 'n hop-skip-en-jump weg vanaf Elegansie. Oorweeg nou dat Prag van die Lewe is verklaar en aanvaar.

Niemand is meer 'n eiland tot homself nie. Eilande bestaan nie meer nie.

Die wêreld is gevul in prag.

Sterre was gebore en vereer. Julle, My Kinders, is die Sterre van die Heelal. Ek het julle Teenwoordigheid aangekondig. Julle het lank terug ge-arriveer, maar was nie altyd duidelik omtrent wie julle altyd was nie. Julle is die Lig op die Aarde. Julle is die Son. Wie is die Verlosser van die Wêreld? Hoekom, dis jy.