Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5653 Ek Hoor Jou Hart Sê

God het gesê:
Ek hoor jou hart sê:
"Geliefde God van my hart, Liefde van my Lewe, U is my toegang na die Hemel van waar daar geen uitkoms is nie. Ek sê dit van die Waarheid van my Hart. Ek glo dit, omdat U so gesê het. Daar is tye wat ek dit weet sonder enige twyfel. Twyfel is so 'n lastige muskiet.

"Nietemin, vrees is 'n uitdaging vir my. Enige teenstander van U, geliefde God, is vrees, 'n verbeelde vrees wat wens om my hart vanaf U te steel. Ek glo U, nie vrees nie, maar dit beteken nie dat ek nie gereeld deur vrees gejaag en gevang word nie. Vrees kry 'n hou-vas op my somtyds. Vanoggend, het vrees my teen die muur gedruk, en ek het ingegee.

"Soos ek dit verstaan is vrees net 'n flikker in my verbeelding, tog bewe ek van vrees al glo ek nie vrees vir een oomblik nie. Ek sal nie, ek sal nooit, nooit, nooit vrees behou nie, tog doen ek.

"Hoe kan dit wees dat ek die woord vrees so baie vrees dat ek sidder om dit te skryf? Vrees is 'n teenstander, die felste teenstander wat ek ken. Ek weet dat vrees is 'n resultaat van my eie gedagtes.

"U is waar, God. Vrees is nie. Hoe kan ek U lief, God, in een asem en, in die volgende asem, hierdie skamele ding wat vrees genoem word vrees? Dit is menslike vrees, terwyl U God is, en God is Liefde. Dit moet wees dat U, God, wen. Daar kan nie enige kompetisie wees nie. Selfs so, vrees wikkel homself in. Ek sou vrees uitroei soos 'n vuur as ek net weet hoe.

"Ek sal nooit vrees bo U verkies nie, tog is daar tye wat vrees aan die styg is. Ek sal nooit hande skud met vrees of neerbuig vir vrees nie, tog wat doen ek as ek die slawerny tot vrees bevrees en ek wil weg hardloop?

"Daar is wonderlike langdurige oomblikke wanneer my hart gevul is met U, wanneer U sekuur is in my hart. Daar is tye wat ek U Teenwoordigheid oorweldigend voel. Op hierdie tye, bestaan vrees nie, en tog lyk dit of vrees 'n lokval stel. Ek voel veilig in dieselfde oomblik wat ek bewus is dat vrees sy vinger na my wys. Vrees is redelik seker van homself. Hoe kan dit wees dat ek selfs 'n gedagte van vrees kan hê wat my pla wanneer daar U is, God?

"Daar is geen vrees in U, God, geen vrees hoegenaamd. Ek wil hê dat vrees nie eens verby my venster gaan nie. Ek wil nie hê die woord vrees moet ooit weer in my in-grawe nie, tog, wanneer ek wens dat vrees die Gesig van die Aarde moet verlaat, dan skryf ek soewereiniteit toe aan vrees wat homself geniet terwyl U, liewe God, geniet dat U en ek Een is.

"Die ding is dat ek glo in U terselfde tyd as wat ek bewe vir vrees. Vrees mag 'n voetnota wees, tog wat doen vrees om my selfs as 'n voetnota wanneer daar U is. U is 'n Oneindige God. Hoe kan vrees my volg in U Teenwoordigheid?

"In teorie, is vrees ver agter my, en, tog, soos lewe in die wêreld is, volg vrees my.

"God, ek smeek U om alle vrees van my af te verwyder. Verdryf vrees vanaf my selfs as 'n konsep. Maak vrees onbekend aan my. Maak vrees 'n onding. Verwyder alle spore van vrees vanaf my sodat ek U kan ken, en weet, sonder twyfel, dat waar U is, vrees kan nie ingaan nie. Vrees kan nie in my skuil wanneer U in my gedagtes is, wanneer U my Gedagte is. Ek kan nie aan twee dinge dink gelyktydig nie, kan Ek?

"Ek is nie 'n vreemdeling tot die Eenheid wat U van praat nie, en tog...en tog...wonder ek wat van my sal word terwyl ek op Aarde is. Ek is veilig in die Hemel. U hande en my hande raak. U tril my werkende hart. Ek het geen begeerte om plek te maak vir vrees in die Eenheid wat U en ek deel, tog hier is ek en praat van vrees wanneer ek eenvoudig net in U kan bak."

Ek beantwoord jou hart wat op en af gaan:

Geliefdes, wanneer iemand die kamer verlaat, dan outomaties kyk jou oë op, en jy sien die deur toe gaan agter die persoon wat die kamer verlaat, so, nou, neem Jy waar hoe vrees sy uitgang vat. Hierdie is die laaste trillings van vrees wat jy sien soos die deur toe gaan.

Aanvaar dat vrees die kamer verlaat, en die deur gaan toe agter vrees. Vrees sal nie weer saam jou wees nie. Vrees kan nou niks doen behalwe om weg te gaan nie. Sonder vrees, het jy vryheid van vrees. Sonder vrees, het jy vryheid. Vrees het grond verloor terwyl jy meer spasie vind vir My in jou hart.

God het Opgestaan, en jy styg op na My. Liefde is aan die Klim terwyl vrees 'n verslonste wisp van rook is.