Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5641 Een In 'n Miljoen

God het gesê:

Geliefde Kinders, moet jy altyd wees waar jy wil wees? Verseker, jy wil wees waar jy wil wanneer jy wil.

Ander kere weet jy eenvoudig net nie waar jy wil wees nie. Jy mag wel weet waar jy nie wil wees nie. Jou huidige lewe mag dalk nie wees wat jy wil hê dit moet wees nie.

Nou, dit is goed dat jy werk het om na toe te gaan selfs al wil jy eerder iewers anders wees. Nie elke werk is 'n pluim of jou koppie tee nie. Terselfde tyd, is dit beter om 'n werkplek te het om na te gaan eerder as om geen werk te het nie.

Vryheid is goed. Struktuur is ook goed. Struktuur het sy meriete. Binne in struktuur, is daar ook vryheid in hoe jy met struktuur deel.

Natuurlik, dit sal goed wees as jy - en almal - 'n werkplek gehad het wat jou pas na 'n T. Dis net dat jy nie altyd weet wat jou pas nie, of dit mag wees dat geen plek jou pas nie.

Gelukkig is die mense wat werk het wat groter is as om tyd in te sit en wag om 'n tydkaart te druk wanneer jou skof verby is.

Dit mag beter wees om na skool te gaan as om nie skool toe te gaan nie, selfs al is skool nie perfek nie. Natuurlik, elke skoolkind wil waardeer word, spesifiek wanneer hy nie is nie.

Natuurlik, is daar kompromie in die lewe, en daar is oorweldigende kompromie wat lyk of dit jou siel in twee sny. 'n Mediaan plek mag dalk nie jou hart vul tot die mate wat jy verdien en begeer nie.

Somtyds, soos die lewe lyk, is 'n pickle. Jy mag min of baie keuses het, geen wat lyk of dit perfek is nie. Wat om te doen omtrent die onbekende kwaliteit genaamd om tevrede te wees, of selfs halfte tevrede, met jou eie lewe. Selfs in 'n veld van ontevredenheid, kan daar groot belonings wees.

Soos jy aangaan in die lewe, mag jy wonder hoeveel lewe en werk blyk jou onder te hou. Binne die raamwerk van jou lewe, hoeveel aanvaar jy, en hoeveel sal jy uitgaan om jou fortuin te gaan soek? Waar lê jou geluk?

Wanneer dit lyk of jy die lewe baklei eerder as geniet, herhinner jouself dat die lewe kom in inkremente. 'n Spesifieke gedeelte van jou lewe mag styg vandag, en 'n ander gedeelte mag uitvasseer. Jy vra:

"Vra ek te veel van die lewe of nie genoeg nie? Ek sal geluk verslind het as ek geweet het hoe. Ek is glad nie seker dat die volledige geluk wat ek begeer moontlik is nie."

Daar is daardie staatmaker mense wat dien in enige hoedanigheid waar hulle dien en die lewe vat soos dit kom. Die werkplek is nie hulle mate van hul waarde nie. Hulle hou nie aan om die lewe uit te kyk nie. Hulle werk om hul families te versorg, en dit is okay met hulle. Waar ookal hulle is in die konteks van hul lewens, hulle is gelukkig.

Sekere mense werk in een veld hul hele lewe lank, of selfs in een werk. Ander spring rond. Wie aan die buitekant is dit vir om te sê wat beter is? Dalk wat jy het vat jou verder as wat jy weet.

Maak vriende met die lewe wat jy leef. Dit mag moontlik wees dat jy die lewe wat jy leef oorskry. Die werkinge van elke lewe het verskillende stories om te vertel. Selfs die ondraaglike, gesien in nuwe lig, kan die moeite werd wees.

Is die lewe, jou lewe, iets wat opgetel moet word? Is die lewe 'n enterprise wat opgetel en afgetrek moet word om sy meriete te vind? Sekerlik het jou lewe meer om te sê as jou verlede.

Mag jy vreugde vind in elke enkele oomblik van die lewe net soos dit is, omdat jou lewe joune is. Die lewe is joune, en jou lewe is wat jy darvan maak. Daar is alle soorte prestasies, en jy het presteer. Jy het dalk meer bereik as wat jy kan sien.

Begin om te sien. Gee jouself 'n bietjie eer. Jy lewe 'n lewe op Aarde. Die lewe wat jy leef op Aarde - jy mag dalk uitblink daar in. Verseker, daar is nie nog 'n lewe net soos joune nie of 'n ander person net soos jy nie. Jy is een in 'n miljoen.