Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5639 Non-Weerstand

God het gesê:

Lewe op Aarde is nie bedoel om die struweling te wees soos jy dit bevind nie. Wat beteken die woord struweling behalwe om te veg teen iets? Om te baklei is nie goed vir jou nie, glad nie. Dit mag, inderdaad, jou verswak. Jy het al die uitdrukking gehoor - swak met woede. Jy is duideliker sonder woede. Vrede maak nie die water modderig nie.

Martial arts praat van non-weerstand, omdat, sonder weerstand, is jy kalm. Kalmheid verswak 'n veronderstelde opponent se energie en spaar jou eie.

Goedheid weet, jy mag 'n vyand sien waar daar nie 'n vyand is nie. Jy het al in daardie strik geval meer as een keer. Jy mag dalk ook 'n ekspert wees om te skreeu "Vuur." Erken dit.

Hoeveel goed doen dit wanneer jy al jou energie uitoefen en dit oneffektiewelik opgebruik? Jy het soms nie geslaap nie oor al jou fussing en fuming. Word slim. Dit is glad nie slim van jou om jouself te verslaan met jou woorde en gedagtes.

Om nie weerstand te bied beteken nie jy moet ingee nie. Jy hoef nie in te vou nie. So ook, jy hoef nie dit wat jy nie begunstig nie tromp op te ontmoet nie. Jy hoef nie jou kop teen 'n klipmuur te stamp nie. Jy kan om 'n struikelblok gaan. Jy hoef nie alles brawn en muscle te wees nie. Jy kan 'n langer uitkyk het as die baklei reaksie wat jy 'n gewoonte gemaak het in die verlede. Jy was op outomaties gewees.

Jy hoef nie te struwel nie. Jy hoef nie te skop en skerm nie. Jy hoef nie 'n vinnig of stadige vuur te het nie. Verseker hoef jy nie jouself as 'n ruffian of gang member voor te stel nie. Daar is meer as een manier om moeilikhede aan te pak as om net die eerste uitweg te vat.

Jy hoef nie weg te hardloop nie, en jy hoef nie jou vuiste op te lig nie.

Jy kan reguit wees. Jy hoef nie dubbelsinnig te wees nie. Jy kan ook jou pragtige hart en verstand gebruik. Jy kan hartlik en bedag wees.

Weet dat wanneer jy 'n ompad vat is dit beter pad om te vat as aanval, verbaal of andersins. Wanneer jy in verkeer is, en jy sien 'n rooi lig - ry jy stadiger en stop. Dit is nie goeie praktyk om deur 'n rooi lig te jaag nie. Dit is veel wyser om te wag. In hierdie geval, sal jy goed doen om te wag totdat jou eie ongeduldigheid uit die pad is. Maak dood jou vure. Wees eers kalm.

Het die Lewe nie vir jou te veel gelyk na 'n dringende nood nie? Verfris jou gedagtes. Gee jouself bietjie tyd om vanuit 'n ander hoek te kyk. Wanneer jou eerste reaksie woede is, hoef jy nie rooi te sien of te skreeu nie.

Jy mag dalk verkeerd lees wat aangaan. Jy kan, byvoorbeeld, spring tot konklusies sonder om 'n boodskap die hele pad deur te lees. Voor jy enige iets doen, gee ander geleentheid om gehoor te word. Luister en besluit voor jy reageer.

Wees eerlik, ja, maar om eerlik te wees beteken nie jy moet rant en rave nie. Jy hoef nie jou eer te beskerm nie. Hou in gedagte om 'n koel komkommer te wees.

Om nie onmiddellik te reageer soos in hand-tot-hand baklei beteken nie dat jy uitstel of die lewe laat gly nie. Dit beteken jy sit jou swaard neer. Dit beteken jy is nie 'n warm-kop nie.

Kyk, jy kyk albei kante wanneer jy die pad oorsteek. Dit maak sin om albei kante te kyk. Pas toe om albei maniere na jou lewe te kyk. Meer bestaan in die lewe as jou standpunt. Jy kan reg wees. Jy kan ook reg wees sonder dat jy dit hoef te bewys of onderlyn nie.

So what as iemand anders se standpunt verskillend is van joune? Jou standpunt verander gereeld genoeg in elk geval. Toe jy 'n kind was, het jy soos 'n kind gedink. Jy word nou groot.

Hallelujah!