Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5638 Hoe En Waar Is Illusies

God het gesê:

Datums is 'n vorm van tyd, en datums vlieg verby. Hoe vinnig akkumuleer datums. Datums is amper 'n mambo-jumbo, maak nie saak hoe ge-orden hulle mag lyk nie.

Soos datums akkumuleer, blyk hulle onwerklik te wees. Eens was jy gebore op 'n sekere datum, en toe word jy een jaar oud. Nou mag jy vyftig of sestig jaar oud wees - of 'n honderd jaar oud. Die jare wat toe stadig verby gegaan het, vlieg nou verby en lyk soos 'n flash in a pan. Hoe onwerklik datums nou mag lyk. Tyd het die verloop van jou lewe geteister. Waar is die sneeu van weleer?

Jy mag 'n gevoel het dat jy kaart gespeel het met kalenders en datums. Tyd lyk so stomp, 'n blip, 'n sekere soort fraksie wat wat aandui? Iets wat nou onsigbaar is en lyk of dit nooit was nie. Al die vreugdes, en al die smarte - hulle lyk nie meer werklik nie. Hulle was nooit behalwe 'n skets van wilde verbeelding nie. Tyd was altyd fiksie. Dit het nie bestaan nie. Die Keiser se Klere. Dit was wedersyds herken met 'n wink van almal wat hulde gee aan tyd, asof dit heilig was.

Dit is soos 'n bredie van jou lewe wat gemaak is van baie bestanddele. Jy onthou 'n paar punte, maar glad nie almal nie. Daar is 'n gevoel dat die illusie van tyd laat jou hoog en droog. Geliefdes, tyd bestaan nie, tog lyk dit of tyd jou stoot en trek en maak met jou wat dit wil.

Jou lewe het ditself geleef as episodes en gekenmerk op hierdie of daardie manier. Sekere dele van jou lewe kan jy nie vergeet nie, en sekere dele van jou lewe kan jy nie onthou nie. Jou lewe mag nou lyk soos 'n verbleikte prentjie boek met verlore bladsye. Alles was so belangrik eens. Nou lyk dit als onwesenlik.

Eens op 'n tyd, was hierdie geleentheid en daardie geleentheid baie belangrik vir jou, en nou is dit als fluff en bestaan nie en het verdwyn. Dit is tyd se magiese spel - tyd het nooit bestaan nie - en nou flous dit jou deur te glo dat dit wat nooit was nie het nou verdwyn, so sê die waarsêers van die wêreld.

Wat 'n spel! Wat 'n drama! Jy kon in graad drie wees, en dit was so belangrik dat jy 'n praatjie moes gee. Wat beteken dit nou? Natuurlik het jy 'n praatjie gegee tot groot aplous of dalk het jy gebom? Vertel My, geliefdes, wat het dit te doen met enige iets nou? Wat maak dit saak nou of jy aplous of geboe was?

Waar jy jou tyd gespandeer het was ook illusie omdat ruimte is ook opgemaak. Natuurlik watter verskil maak dit albei tyd en ruimte opgemaak is as, op daai tyd, jy in hulle geglo het met jou hele hart?

As 'n saak teen jou in 'n geregtelike hof opgemaak was, en jy tronk toe is, watter verskil maak dit aan jou dat alles opgemaak was? Ongeag, jy sit in 'n fiktiewe plek genaamd die tronk. Vir alle praktiese doeleindes, jy het tyd in die tronk gespandeer. Die tyd wat jy daar moet voltooi word genoem 'n vonnis.

Die realiteit van tyd is dat daar geen tyd is nie. Nietemin, jy hardloop rond in dit. Jy glo jy doen. Jy kan nie tyd terug hou nie, en jy kan ook nie opvang tot dit nie. Jy dans op die wysie van tyd asof jy in 'n rolprent teater is en na 'n fliek kyk in een weergawe of 'n ander. Die fliek is geprojekteer. Vir 'n ruk, vir 'n nie-bestaande ruk, kyk jy die fliek genaamd die Lewe. Dit is 'n prentjie-storie, en jy noem dit joune.

Die werklike storie op Aarde is gemaak van een komponent, en dit is Liefde. Liefde is die Een en Enigste Waarheid van die Lewe. Liefde is iets werklik en die moeite werd om geleef te word.

Liefde is Een-heid, en dit is die deal.