Heavenletter #5620 Die Koring Van Die Lewe Groei Hoog
God het gesê:
Jy is gemaak vir meer as net om dit te maak. Dit is nie dat jy jouself moet bewys as 'n groot sukses op Aarde nie, tog is daar meer tot jou en vir jou as om net deur te kom terwyl jy op Aarde is.
Bestaan bied meer vir jou as om net deur te kom. Hierdie lewe op Aarde is nie bedoel om jou belangrik te maak in ander se oë nie. Dit is oor om nader aan jouself te kom en om nader aan My te kom. Dit is nie om ego se onthalwe nie. Dit is vir die lewe se onthalwe en vir liefde se onthalwe.
Jou potensiaal is so groot, vir My Onthalwe, gebruik meer van dit. Ja, jy sal ander seën en die hele wêreld. Mees belangrik is dat jy jouself seën deur paaie te open in jou dwalende gedagtes.
Jy is bedoel vir groter as om jou lewe te leef by die vel van jou tande. Natuurlik, om dit te maak by die vel van jou tande kan 'n avontuur vanself wees en 'n seëning vir jou en al die ander ook.
Weet dat jy is die vervuller van My seëninge. Soos jy styg, seën jy My. Wees jou eie seëning is om te sê - verryk jou sin van die lewe en jou lewendigheid. Deur so te doen, verryk jy die wêreld.
Jou meriete is vreugde en nie struweling nie. Om tevrede te wees of ontevrede te wees is so naby. Hulle raak mekaar. Net een swem slag nog, en jy is so naby die strand en vol van visie. Nader aan God is jy.
Die water is goud. Spring in.
Waar Ek is, is daar geen tekens vir jou om te lees soos Hou Van Die Gras Af. Daar is geen hekke wat jy nie kan open nie. Daar is geen haaie wat wag om na jou te gaan nie. Die mere en die oseane en kinder swembaddens is vir jou om in te swem net soos die sand wat die oseaan omring vir jou is om op kaalvoet te loop.
Begeer, intensie, en ontvang. Hierdie is 'n natuurlike progressie. Dit is nie dat jy ander se drome vir jouself moet vervul nie. Ek praat nie van om te presteer in die wêreld se sin nie. Dit gaan nie oor om 'n mooi gesig op dinge te sit nie.
Dit gaan oor om die lewe lief te het soos jy dit lewe. As jy 'n bietjie geluk kan hê, hoekom kan jy nie groter geluk of selfs inner raping het soos jy nog nooit van gedroom het nie?
So Ons kom terug na drome.
Jy is ver groter as jou omstandighede. Daar is uiterlike geluk, geen twyfel, tog na 'n ruk van versierings, verloor uiterlike geluk sy skyn. Rykdom bestaan binne jou.
Ons praat van 'n lewe geinspireer, 'n lewe nie soveel vir gaar maar eerder as om te gee van self vir die Lewe. Groter geluk bestaan, en dit bestaan vir jou. Jy is bedoel om dit te het. Die soeke vir inner geluk vanself is soos om 'n drie te druk.
Dit is jou hart wat Ons van praat wat jou kommandeer in die rigting wat dit wil gaan, nie vir prestasies maar vir sy eie uitdrukking. Ons praat van groter as wat die oog kan sien en woorde kan sê.
Die koring van die lewe groei hoog. Daar is meer tot die lewe as om gras te sny. Daar is meer tot jou lewe as die details daarvan. Jou Gees ontgroei jou daaglikse lewe. Jy is bedoel vir Glorie, nie as 'n soldaat op die veld wat die wêreld se glorie verkry deur oorwinng, maar vir 'n groter glorie, vir 'n soort van inner glorie wat die wêreld boei soos dit styg bo die wêreld.
Alle eer aan die God binne jou. God loop uit binne jou. Jou hart weet meer as wat die wêreld jou ooit kan vertel. Die wêreld maak staat op afmetings. Ons praat van die onmeetbare. Ons praat van die uithoeke van die Hemel soos dit groei vanuit jou Hart van Liefde. Hierdie is om 'n blik te kry van Wie Jy Regtig Is. Geen bene omtrent dit nie.
Hallo. Welkom. Jy is altyd welkom in My Koninkryk. Daar is plek in die herberg