Heavenletter #5603 Al Die Vloeiende Waters Van Die Wêreld
God het gesê:
Moenie dat jou dinkery en oor-dinkery 'n probleem wees nie. Laat jou gedagtes seènings wees, een na die ander soos pragtige prinsesse. Seèn jou lewe en die lewens van daardie om jou. Dit is hoe jy 'n seèning word. Jy is My seèning gegee aan jouself en vir die wêreld. Jy kom vanaf die Hemel, en jy gaan terug na die Hemel. Ten spyte van jou mix-ups, jy het nooit die Hemel verlaat nie. Jy hoort in die Hemel. Ondanks alles, die Hemel is joune.
Weerhou jouself van vrees. Jy is nie vrees se gevangene nie tensy jy so sê. Jy kan ophou met vrees veg. Wanneer jy die angs van vrees rond dra, maak jy jou hande agter jou rug vas. Jy laat vrees jou immobiliseer. Sit vrees op sy plek.
Daar is baie van My kinders wat in die greep van vrees in een of ander vorm is, maar die lewe - jou lewe - is nie bedoel om vreesaanjaend te wees nie.
Jy hoef nie met die angs van vrees te leef nie. Dit is nie noodsaaklik om te dink aan vrees nie. Jy het die vermoè om vrees in sy plek te sit. Redeneer oor onsterflikheid meer as wat jy redeneer oor sterflikheid. Dit is nie meer jou plig om bang te wees om verkeerd te wees nie, en ook nie meer verleentheid te vrees nie. Jy hoef nie bang te wees om te lewe nie. Jy kan vloei met liefde en liefde alleen. Liefde het geen ewe nie. Jy het die vermoè om te lief soos 'n pro. Liefde is binne jou bereik.
Geliefdes, wat kan Ons doen om jou van vrees te bevry en liefdevol te maak? Die vrees baan het 'n groef in jou hart gemaak. Kom na die vrugbare veld saam My, en Ons sal dans.
Hoe het dit gebeur dat My kinders toegelaat het dat vrees so 'n kabouter word? Sê, "Boo," vir vrees. Jy wat bang is vir vrees was 'n te groot voorstander van dit.
Wees harmonieus teenoor jouself. Ondersteun jouself meer as wat jy bang is vir vrees.
Gaan oor die pad deur albei kante te kyk. Loop in die lewe deur op te kyk. Vrees is 'n miggie. Jy is groter as 'n miggie. Ek sertifiseer jou groter as 'n miggie.
Verbeel jou dat Ek 'n sheriff badge aan jou sit. Ek vra jou: Het jy regtig 'n badge en cowboy boots nodig om die vooruitgang van vrees te stuit? Nee, jy het nie.
Vrees is 'n krimineel. Kyk vrees in die oè. Moenie vrees bedink nie. Moenie jouself in vrees deurdrenk nie. Sny vrees af by die kraal.
Kom Ons praat oor die toestand van liefde. Lief in plaas van vrees. Liefde is magtig en vrees is skugter. Hoera vir liefde wat al die vloeiende waters van die wêreld verenig. Eenheid is waar. Vrees is 'n luiaard. Stem vir liefde. Omhels liefde.
Vrees is besig met oneerlike gedrag.
Genoeg van beheptheid met vrees. Sit vrees eenkant. Kom Ons ontruim vrees in die Naam van Liefde.
Vrees vat weg. Liefde gee. Gee liefde. Stuur liefde. Koester liefde. Liefde doen goed. Liefde sal jou dra. Liefde sal die dag dra. In Waarheid, dit is liefde wat jou op en af deur die berge dra. Liefde versier jou. Liefde lig jou. Liefde lig die wêreld.
Daar is niks behalwe liefde in die hele wêreld nie. Liefde is Eenheid, en Eenheid is Ware Bestaan. Dink hier aan, jy is Eenheid. Jy is My Eenheid. Eenheid kan nie gediversifiseer word nie. Bewustheid van Eenheid gee jou rigting, en hoe jy gerig wil wees. Wees gerig saam met My. Weet dat Ek jou hou. Jy kan net opeindig met My. Kom na My nou. Omhels My nou.
Moenie skaam wees nie. Storm na My arms. Hierin lê Ewigheid. As spasie bestaan het in Ewigheid, dan kan Ons sê dat Ek het 'n plek gemaak vir jou in ewigheid. DIe Hemel is Ewigheid, en in Ewigheid bly Ons as Een Wonderlike Liefde. Hier is waar Ons altyd is.