Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5579 Wat Is Lewe Op Aarde In Elk Geval?

Heavenletter #5579 Wat Is Lewe Op Aarde In Elk Geval?

God het gesê:

My kinders mag Lewe Op Aarde ag as 'n Deurgangs Rit, as 'n kanoo rit rivier af, as 'n trek deur 'n oerwoud, vol van onverwagse gevaar. My kinders mag die Lewe op Aarde ag as 'n rit op 'n carousel, as 'n dans vloer, 'n Broadway-musiekblyspel, 'n daad van groot afmetings. Wat kan Lewe op Aarde nie geag word soos nie?

Wat jy die Lewe ag te wees maak 'n verskil tot die lewe wat jy ervaar. Die oorwig van jou gedagtes oor die lewe is toonaangewers. Jou denke skep 'n kaart vir jou lewe om te volg.

Dit is veilig om te sê dat wat ookal jy ag die lewe te wees, die lewe sal steeds 'n paar verrassings het vir jou. Die Lewe laat jou regtig nie stil sit nie, of, die lewe laat jou stil sit wanneer jy nie wil nie, of die Lewe op Aarde laat jou beweeg wanneer jy eintlik wil stil sit of selfs wegkruip.

Jy sal sê dat die lewe is strydig. Die Lewe maak nie beswaar nie. Dit is jy wat beswaar maak teen die lewe. Die Lewe neem nie aanstoot nie. Jy doen. Somtyds neem jy aanstoot links en regs. Somtyds kan die lewe jou nie tevrede stel nie. Jy vind dit moeilik om tevrede te wees. Jy mag dalk nie weet wat jy van die lewe wil hê nie. Wat kan die lewe doen om jou te pas as jy die lewe sien as 'n haglike avontuur of, selfs, onvergeeflik?

Jy mag rustig op die Nyl vaar. Muskiete of adders kan verskyn. Vrees kan jou beset. Enige iets kan gebeur. 'n Lekker verrassing is goed in jou boek, maar nie net enige verrassing nie, net verrassings wat na jou smaak is. Oh, hoe jy daarvan sal hou om te kies en keur en die voorreg het om sekere verrassings in die lewe terug te stuur. Hoe jy daarvan sal hou om jou lewe te bepaal.

Geliefdes, daar is 'n mate waarin jy wel jou lewe bepaal. Daar mag wel patrone in jou lewe wees wat jou vir jouself stel. Jy sê dat jy nooit hierdie patrone sal kies nie, tog mag jy hulle heraktiveer weer en weer. Jy mag geskok wees met hulle, tog laat jy hulle herleef oor en oor asof jy in 'n trans was.

Daar mag selfs sekere aspekte van jou lewe wees wat onwettig is vir jou, tog lui jy 'n klok en roep hulle na jou. Jy stel jou eie lokvalle en jy val in hulle. Jy kla oor hulle oor en oor en maak jouself 'n slagoffer en blameer ander mense, of jy hou My verantwoordelik. Jy is nie in staat om verantwoordelikheid op jou te vat nie. Jy mag dalk vereis dat jy 'n sensitiewe slagoffer is wanneer jy eintlik die skuldige is! Die lewe lyk nie altyd regverdig te wees nie, tog is jy die een wat die kaarte deel.

Jy kan aanspreeklik wees. Wees aanspreeklik. Aanspreeklikheid is nie jouself blameer nie. Dit is net so dat jy die een is wat aanhou val oor dieselfde slaggate en jy is verbaas. Jy laat jouself val. Is jou skoene die skuldige? Jou vlugtige voete? Hoe kan dit wees dat jy dieselfde of soortgelyke situasie in die lewe het en jy is verward? Jy het nog meer om uit te vind omtrent jouself en familiêre situasies waarin jy jouself bevind.

Ons kan sê dat jy sekere pille neem en dit maak jou senuweeagtig, tog verbind jy nie die pille met jou senuweeagtigheid nie. Ja, My geliefdes, gereeld laat jy jouself val en jy sien dit nie. Iemand anders kan sien wat jy doen, tog sien jy nie jouself dieselfde pad loop nie.

Jy volg 'n paadjie van krummels wat jy al van tevore gevolg het maar jy kan nie onthou nie. Daar is iets wat jy nie sien nie. Moenie te gemoeid word met dit nie. Wees net oop tot die moontlikheid dat 'n verandering binne jou, 'n verandering binne jou oor hoe jy met die wêreld interaksie het kan die wêreld waarmee jy interaksie het verander.

Wees net oop tot dit. Kyk. Sien. Volg die roete na 'n patroon wat jy sien, en, dan, verander dit.