Heavenletter #5576 Wat Jy Dalk Vir Die Lewe Sê
God het gesê:
Verseker wil jy praat. Verseker, om jou verstand te praat beteken nie jy moet 'n tirade het nie. Jy moet nie opblaas vir die lewe nie en so ook nie vir mense nie. Jy hoef nie 'n rede te het nie. Jy kan eenvoudig jouself verteenwoordig sonder drama. Om jou stukkie te sê is nie 'n groot saak nie. Dit is 'n groot saak vir jou wanneer jy in die gewoonte was om weg te skram om jouself uit te druk van hoe jy voel eerder as om aandag te gee aan hoe jy voel.
Asseblief weet dat Ek vir jou is. Ek is vir jou selfuitdrukking, maar, om jouself uit te druk beteken nie om enige een aan te val nie. Jy is nie vals as jy 'n dame of heer is en nie enige een aanval nie. Die Waarheid van Jou is nie kwaai nie. Jy voel kwaad slegs as jy te veel ingehou het en vir te lank en jy rerig omgekrap is met jou eie self.
Een ding wat Ek van jou vra is dat jy 'n wapenstilstand in jou hart te weeg bring. Dit is tot jou eie voordeel. Jy mag wel dalk sleg behandel gewees het. Moenie verkeerde behandeling jou cause celebre maak nie. 'n Oorsaak is nie jou rede vir wees nie. Jy is nie lewendig op Aarde om kwaad te word nie. Kwaad is nie jou naam nie. Jou naam is Seun of Dogter van God. Jou naam is Wie jy is. Is jy of is jy nie My kind nie? Ek sê jy is.
Jy is nie onsamehangend in die wêreld behalwe as jy so sê. Moenie so sê nie.
Kom weg van om te dink dat die lewe hard is. Die lewe kom na jou toe. Die Lewe is nie so prikkelbaar soos jy is nie. Jy is die een wat 'n groot boo-ha van die lewe maak. Die Lewe is 'n ou standby. Watter jas ookal die lewe dra, dit dra net een jas in een styl of 'n ander. Jy hoef nie so aan te gaan daaroor nie. Jy hoef nie die lewe enige iets te leer en lesse te gee nie.
Dit is beter as jy 'n paar lesse van die lewe leer. Jy kan vriendskap maak met die Lewe. Jy kan van die lewe maak wat jy wil. Jy kan die lewe weerstaan en baklei. Jy kan ook in terme van die lewe wees en gemaklik wees met die lewe. Lewe is net lewe. Jy is die interpreteerder van dit. Jy kan die lewe van verskillende hoeke bekyk.
Die lewe is nie een ding nie. Die lewe kom in baie kleure, en sekere kleure is jou gunsteling, en sekere kleure hou jy nie van nie, tog jou ongunstigde kleure is ook die lewe. Jy kan nie altyd kies en keur watter kleure gaan kom nie. Dit is illusie binne illusie dat jy jou lewe kan beheer deur omgekrap te wees met dit wat die lewe jou bring. Die lewe wapper nie. Die lewe is net die lewe wat arriveer, een stap na 'n ander.
Die lewe probeer nie enige iets bewys nie. Beslis, die lewe probeer om jou te bereik. Die lewe vat jou nie so persoonlik as wat jy die lewe vat nie. Die lewe moet iewers land, en gereeld land dit op jou. Die Lewe bedoel nie om jou om te gooi nie. Die lewe bedoel nie om 'n swaar gewig te wees nie. Miskien het die lewe geen sê oor ditself nie enigsins meer as wat jy 'n sê het oor sy wanorde, tog, terselfde tyd, jy het dalk die lewe na jou geroep presies soos dit arriveer. Jy het wel dalk die jas uitgekies wat jou lewe nou dra in enige gegewe oomblik. Jy peuter met jou lewe. Jy gaar en maak jou lewe wat dit is. Jy sterk-arm jou lewe.
Dan mag jy aan die lewe sê: "Sien wat jy gedoen het?"