Heavenletter #5572 Kom Uit Die Skadu's Uit
God het gesê:
Dit is verstaanbaar dat somtyds het jy onwelkome gedagtes. Somtyds hoor jy dat jy jouself spot en jy grom negatief onder jou asem vir jouself, asof jy jou eie obstruksie is eerder as jou eie vriend. Jy kap na jouself. Jy vind fout met jouself asof jou doel is om met jouself te spot en jouself af te breek eerder as om jou op te bou.
Herbou jou lojaliteit teenoor jouself. Wees 'n ondersteuner. Waardeer jou teenwoordigheid. Moenie jou foute onthou nie. Laat vaar hulle. Moenie 'n self-aanklaer wees van swak doen nie. Maak die lewe maklik, nie moeilik nie. Laat ligheid jou tema wees. Wees lig van hart en vol van hart. Hoe het die lewe so ernstig geword dat jy nie verby jou foute kan kom nie? Somtyds tel jy hulle oor en oor en jy pin jou foute teen 'n kennisgewing bord asof jy hulle moet hê om jouself aan te kla en jouself plat te hou.
Beter om jouself op te bou. Moet jy jou eie opponent wees? Moet jy 'n ou kwaai onderwyser wees wat jy eens gehad het eerder as om 'n liefdevolle een te wees. Wie is die beste onderwyser wat jy ooit gehad het? Sy of hy het iets in jou gesien wat jy nou in jouself moet sien. Soos jy jouself behandel, so behandel jy die wêreld. Geen meer modder-gooi nie. Geen meer straf gedagtes om jou mee te straf nie. Wees vriendelik teenoor jouself. Wees verwelkomend. Vergewe jouself jou oortredinge. Vergewe jouself jou onverbiddelike fout vindery. Bevry jou van jou bindinge. Daar is geen goedheid daarin om jou gees plat te slaan nie.
Op watter kleinheid skiet jy jouself af? Is hierdie uiterste verontagsaming waarin jy jouself hou -- een of ander soort gekrulde ego? Is dit een of ander alter-ego wat jou wil plat hou? Staan op voor die tien-telling. As jy nie die beste van als kan wees in hierdie oomblik nie, moet jouself dan ten minste nie die ergste van als maak nie.
Jy kan laat vaar van foute wat jy gemaak het in die lewe, die foute wat jou teister, die foute wat vir nietigheid was en wat jou eie self-verband oorgesien het en/of die agting van ander -- al die tyd wou jy bewys het dat jy reg was en iemand anders was verkeerd, die heeltyd het jy 'n uitvoering gegee, die heeltyd het skaam gevoel oor nou, asof foute in die lewe jou onwaardig maak en strafbaar is met self-vervolging. Jy kan net nie oor jou misgiste idees kom nie en waar hulle jou gelei het? Kry daardie knaende gedagtes uit jou kop.
'n Groot fout wat jy maak is om jouself met foutiewe gedagtes te belaai wat jy nie kan ontdoen nie. Wat jy kan doen is jouself vry te stel en nuut te begin. Jy verkies om jouself te penaliseer eerder as om 'n dwaas te wees, tog, wie anders as 'n dwaas sal homself straf omdat hy nie beter geweet het nie? Kan dit een of ander ego inkorting wees wat jou laat skarrel?
Baie foute kom van een of ander wanvoorstelling van jouself. Dit is meer verleentheid as skuld. In plaas van van die verleentheid laat vaar, mag jy op dit bou en jouself nooit vergewe nie. Laat vaar nietigheid en vergewe jouself. Jy het iets onnodigs gesê en nou hou jy aan om jouself te veroordeel. Eens 'n dwaas, altyd 'n dwaas dink jy, en jy sal nie jouself laat op kom nie.
Jy het 'n beeld van jouself gehad wat jy nie vervul het nie. Hierdie is 'n rol waarin jy speel wat jy stêr in mislukking in plaas van eer wat Ek gemaak het. Ek het jou in My beeld gemaak. Ek het jou nie gemaak in hierdie verlamde ego staat wat jy jouself mee aankla nie.
Wat is self-straf anders as 'n lewens vonnis wat jy op jouself plaas?
Skeur op daardie arrestasie-opdrag wat jy vir jouself gegee het. Hierdie is vordering. Kom los. Gee jouself 'n breuk van ou persepsies. Kom uit die skadu's uit.