Heavenletter #5560 Die Prag Van Jouself
God het gesê:
Laat Ons eerlik wees. Meeste van die tyd is jy bang vir die lewe, en te veel kere kyk jy na die negatiewe kant. Hier is die soort van gehuil wat Ek by jou hoor:
"Wat sal gebeur as ek my werk verloor? Wat as ek uit my huis gesit word? Wat as ek my versekering verloor?"
Wat ookal jou bekommernisse mag wees, daar is iets wat jy vrees om te verloor. Vir jou, is die lewe gereeld 'n spel wat jy speel teen verraad. Iemand, of die lewe, gaan iets weg vat van jou. Jy leef in vrees.
Hier is wat om te doen. Verander die spel. In plaas van in vrees vir verlies te leef, wees bly vir dit wat jy nou het. Wees bly. Wees bly vir die maaltyd. Wees bly vir hierdie dag by die werk. Wees bly vir jou huis. Seën waar jy woon wanneer jy huistoe kom, en seën waar jy werk. Seën.
Om bly te wees is 'n ander manier om te sê om dankbaar te wees. Om dankbaar te wees is 'n ander manier om te sê om jou seëninge te tel. Daar was genoeg gewees van jou vrese te tel.
Beslis, dit vat moed om die lewe te leef, omdat die lewe kan oortiep. Die Lewe kan jou uit jou element uit ruk. Die lewe kan ook nuwe hoogtes bereik. Verseker, enige iets in die lewe kan homself omkeer.
Wat is so moeilik om optimisties te wees? Is dit beter om pessimisties te wees? Sodat jy met trots kan sê dat jy realisties is? Waar vat dit jou, geliefdes? Om realisties te wees is soos om jou eie hare te trek en dan te huil dat dit seer is.
Die lewe is gemaak van verandering. Verandering is ook jou daaglikse brood. Daar word veranderinge gemaak en veranderinge wat jy maak. Dit word groei genoem. Jy word geroep om tot die geleentheid te styg. Dit is 'n geval van om nie so styf vas te hou nie. Laat vaar vooraf-bekommernisse. Pas genadiglik aan. Waardeer waar jy is. Waardeer dit. Dan kan jy makliker deel met wat volgende gebeur. Jy kan, eintlik, terug leun.
Dit mag vir jou lyk of die lewe jou byt. 'n Skaap-hond nip aan die skape sodat die skape hulle weg na die huis kan kry.
Somtyds voel jy dat verandering in die lewe is meer as wat jy kan hanteer. Meesal, geliefdes, wat jy verloor is ego. Meesal, is dit die ego wat afgekap word. Jou waarde is nie gebasseer op jou ego nie, jou vleiende skadelike ego. Jy sal herstel van ego-verlies. Ego is nie baie nie in elk geval.
Wat jy moet in die gesig staar in die lewe is binne-in jouself, nie al hierdie buite gebeure nie. Op Aarde, is dit vir jou om jouself te versterk. Dit bedoel om jouself minder onderdanig te vind aan die veranderde wêreld rondom jou. Jy hoef nie so vatbaar te wees vir die buite wêreld van verandering nie. Wees jou eie stuurstang.
Wat is die musiek binne jou? Ruk jouself reg. Jy is jou eie regmaker. Jy is nie oorgelaat aan die genade van die wêreld nie. Jy is tot die genade van jouself. Dit is nie jou energie werd om te probeer om die lewe in sy plek te hou nie. Dit is vir jou om met die lewe te vloei, en, so, jou eie lied te word. So wees dit.
Dit is nie so baie dat jy onderdanig is tot die lewe nie. Jy hardloop saam dit. Nie 'n wedloop nie, tog hou jy by. As die lewe 'n wolf is vir jou, dan hardloop jy saam die wolwe. Deur dit wat jy teenspoed noem, mag jy vorentoe skiet en, raai wat, vind dat jy nie ontbreek nie. Jy mag opeindig as 'n kampioen van die lewe in die wêreld volgens jou telling en Myne. Dit is waar dit tel. Dit is waar jy tel. Dit is waar die lewe tel.
Jy is die held van jou eie lewe. Die lewe is nie 'n oorlog nie. Die lewe mag 'n uitdaging wees, tog is die lewe nie jou vyand nie. Dit is nie nodig vir jou om die lewe te veg nie. Jy oorskry die lewe. Jy is die bou-blokke van jouself. Jy ontdek groot hulpbronne binne die prag van jouself.
Vertrou meer. Vrees minder.