Heavenletter #5558 Omdat Die Son In Jou Oë Was
Heavenletter #5558 Omdat Die Son In Jou Oë Was
God het gesê:
Jy is so op die drumpel van 'n nuwe ontdekking. Jy is op die punt van 'n groot sprong opwaarts en vorentoe. Jy hoef nie vir dit te jag nie, hierdie sprong. Jy sal dit net eenvoudig sien. Jy sal die hoogtepunt van jou lewe sien reg voor jou. Dit sal verbasend vreugdevol wees. En daar gaan jy.
Jy sal weet wat geluk is. Hoe gelukkig jy sal wees. Hoe jy sal lag. Hoe die lewe jou gelag sal volhou. Jy sal na nuwe hoogtes vlieg met jou gelag. Jy sal saam My lag.
Tonne van gewig sal van jou skouers af val, en jy sal so lig soos lug wees. Jy sal vlieg na geluk. Jy sal 'n engel vanuit die verte wees wat jouself optel en styg in die blou Hemelwaarts. Jy sal weet Wie jy is.
Jou hele lewe, het jy gesmag om so lig soos lug te wees. Jy het altyd geweet dat swaarheid is nie vir jou nie. Jou gees was nooit bedoel om teneergedruk te wees nie. Jou gees was bedoel gewees om jou te stuur, beslis nie teneergedruk wees asof jy 'n ballas is om die Aarde af te hou. Jy, wat 'n Boodskapper van God is. Beslis, styg meer en nog meer en alweer. Daar is geen beperking op jou nie. Geen langer sal iets jou terughou om hoog bo die wêreld te vlieg nie.
Wat gebeur is is dat jy verwyder al die boeie. Dit is nie presies dat jy hulle verwyder nie. Hulle val af van jou af op hul eie. Dit is verregaande vir jou om geboei te wees. Dit is die absurdste van 'n leeftyd. Boeie val van jou voete af en verdwyn vir ewig. Nou kan jy jouself optel en hoër vlieg. Jy is bo die Aarde nou.
Jy was nooit gegom aan die Aarde nie. Die boeie was jou gedagtes wat afgedruk was in die arena van jou vrese en ongeloof. Vrese en ongeloof is nogal sinoniem. Wat kan jou moontlik weerhou van glo in Waarheid eerder as jou vrese van een of ander soort? Jy was bang om soos 'n dwaas gemaak te word maar die veronderstelde dwaas in jou was wys en op sy of haar beste.
Nou is jy onwankelbaar in die skoonheid en die doel van die lewe, jou lewe, en die lewens van ander. Jou groot lewe is net besig om te begin. Jy hardloop oor die velde. Jy sien vanaf 'n hoogte wat jou eens sal laat smag het na jou asem. Nou haal jy beter asem. Nou is jy aan jou opstyging. Jy neem vlug. Jy is in jou Vrye Wil by die Beraad van die Lewe. Jy, inderdaad, skyn soos die Son. Jou skyn verlig die wêreld en in jou eie hart en die harte van ander.
Beslis, jy bewoon steeds die Aarde. Nou, meer bewustelik, zoom jy rond in die Hemel met volle bewustheid dat jy dra Hemel binne jou en deel dit met die Heelal. Jy het twee voete op Aarde en twee voete in die Hemel. Jy het jou Vlerke in die Hemel aanvaar, en dit is goed.
Jy is 'n bewyste Vlieënier van die Lewe. Jy tip jou vlerke vir My. En jy styg. Jy styg die hoogtes, en jy vlieg tussen valleie. Hier is jy. En jy het gedink jy sal nooit iets bereik nie eenvoudig omdat die Son in jou oë was en jy kon nie sien nie.
Nou kan jy sien. Nou kan jy naby en ver sien en dit als bymekaar bring, en nou lief jy. Jy het grense agter gelos. Grense was nooit genoeg vir jou nie.
Moenie bekommer, nou styg jy, en nou lief jy.