Heavenletter #5546 Breek Jou Vrese En Nie Jou Hart
God het gesê:
Jy mag dalk gemaklik geword het om jou hart te skok en te druk en te laat breek. Jy mag dink dat hartseer is die wet van die land. Jy mag dink dat gebroke-hart is die enigste weg om te gaan. So baie in die lewe lyk of dit van jou weg gevat is, van jou gestoei is, uitgewis is vir jou. Daar is selfs 'n woord vir jou lyding in romantiese boeke en in die wêreld, en die woord is drama. Jy tree op in 'n tragedie.
Moet jy so dink oor jou teenwoordigheid in die wêreld wat Ek vir jou gemaak het en vir jou gegee het?
Is dit tragedie dat jou vriende styg na Hemel in die alle dagse wêreld, en jy word gelos om hulle te mis en jy wil hulle terug hê by jou en jy vind dit moeilik dat jy agter gelos word. Dit is te verskriklik vir jou om te dink voor die tyd, en te verskriklik om te treur na die feit.
Is dit te verskriklik vir jou om te oorweeg dat almal op Aarde is tydelik - 'n knip van die oog - en dan, blip, weg iewers, om nooit weer op Aarde gesien te word nie. Inderdaad, dit is 'n wêreld se uitkyk. Die Waarheid is anders. Die Waarheid is dat jy sal jou geliefdes weer ontmoet deur en deur. Jy sal saam hulle wees ten volle, en jy sal hulle herken deur hulle lig.
As jy dink jou geliefdes het verdwyn, maak jy 'n fout, omdat jy 'n broederskap en susterskap is wat in die Hemel ontmoet. Hemel, 'n staat van bewustelikheid, is ver buite jou drome. Jy kom van bewustelikheid, tog is dit moeilik vir jou om die spesiale vreugde nou te onthou. Jy weet jy het eens groot vreugde gehad, tog kan jy dit nie heeltemal terug bring in jou lewe nie omrede die idees wat jy as waar hou. Jy merk hierdie idees as Prioriteite. Die idees wat jy rond dra en aanpas by is nie altyd of selfs gereeld in jou beste belange nie.
Wanneer jy ly in die lewe, sit jy jouself agter die agt-bal. Jy doen dit. Niemand anders nie. Jou eie vrese doen dit. Jy het menigvuldige vrese, en dit lyk of jy aanhou om hulle te borduur. Jy sit in vrees se skoot. Jy druk vrees styf vas en gee jouself oor aan hulle. Geen wonder jy huil.
'n Vrees kom in jou kop, en jy heg by aan die vrees. Jy dink aan die ergste moontlikhede van hoe jy bedreig mag word. Spandeer jou tyd om te dink aan al die goed wat kan gebeur. Begin om te glo in en hê groot vreugde in als wat jy begeer. Aan wie se kant is jy in elk geval? Vrees se kant of die kant van Gelukkigheid? Wat kies jy? Aan wat spandeer jy die meeste van jou tyd? Geliefdes, wat maak jy op staat? Wat het jy vooraf beplan?
Jy het gewoontes wat jy wil breek. Ja, hier is 'n goeie slagspreuk. Breek jou vrese en nie jou hart nie.
Ontbloot jou vrese. Pluk hulle uit dieselfde manier wat jy jou ooghare pluk. Jou vrese regverdig nie regtig die tyd van dag nie, en, tog, dit lyk of jy jou vrese begunstig. Dit kan gesê word dat jy jou vrese koester. Ek stel voor dat jy jou vrese uitdroog. Sit hulle eenkant. Daar is ander dinge wat jy kan doen. Bou sand kastele. Plant dag lelies. Kry vir jouself 'n hond of 'n kat of enige troeteldier wat jy wil. Kry jou verstand af van die konsep van moeilikheid.
In plaas van om vrees so baie in die gesig te kyk, kyk op na die hemelryk. Laat My lig oor jou was. Word wakker tot die Son. Ontdroom jou vrese. Vrese is muggies. Jy hoef nie deur vrees gebyt te word nie en vrees na jou hart te vat nie. Styg hoër. Styg hoër.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"