Heavenletter #5545 Waaraan Dink Jy?
God het gesê:
Jy mag dink dat die lewe is hard en wreed. Jy mag aanneem en ervaar dat die lewe is nie maklik nie, dat die lewe vol slaggate en onvolledigheid en so aan is. Terselfde tyd, die lewe is meer as wat jy sê dit is. Jy kan sweer 'n duisend keer dat die lewe is die mees moeilikste ding wat jy ken. Jy is oortuig dat jou lewe het bewys dat dit moeilik is. Jy kan sweer dat jy dit kan bewys, en jy kan 'n lang lys aanbied.
Dit is een perspektief. Open tot die feit dat daar ander perspektiewe is. Dit help jou nie veel om te beaam dat Lewe op Aarde is 'n moeilike saak. Hoekom dit beaam? Hoekom sal jy ooit so iets wil bewys?
Dalk sal jy erken dat die lewe is ook 'n seëning. Verskuif jou gedagtes na daardie aspekte van die lewe wat jy nie sal laat verby gaan vir enige iets nie. Daar is die groot dinge en ook die klein dingetjies. Daar is die geboorte van jou baba, en daar is die smaak van koffie roomys. Daar is jou baba se eerste woord. Daar is jou eerste liefde selfs al het dit nie uitgewerk nie. 'n Insig. 'n Rok wat jy eens gehad het. Die keer toe jy 'n staande ofasie gekry het in 'n toneelspel. Die soet reuk van blomme. Die prag selfs van blomme wat nie 'n reuk het nie. Jou eerste drie. Toe jy 'n A in statistiek gekry het...
Kom nou, plaas jou aandag op dit wat jou plesier gegee het en aanhou om jou plesier te gee, die vreugdes wat jy op kan staat maak en wat jy met graagte weer sal verwelkom. Is hierdie lys nie eindeloos nie? Dink aan hierdie lys en nie aan jou opgehoopte lys van gevare nie. Gee jouself gelukkige seine. Plant meer sade van vreugde in jou lewe. Gebruik jou algemene kennis. Gee die lewe 'n goeie kans.
Ons kom terug na die rol wat jy speel as slagoffer, asof dit jou maak 'n held wees. Kyk, enige een kan 'n slagoffer wees. Al wat jy moet doen is om daar te lê om op getrap te word. Beter om op te staan en sterk te staan.
Plaas 'n bietjie aandag op jou eie postuur eerder as al die foute wat jy uitwys is in die wêreld.
Jy is gewapen met vrese. Jy het vrees ingenooi voor die tyd, selfs al het jy gedink jy is slim en vrese afgeweer. Begin nou, fokus op die mooiheid en toekennings in die lewe. Dank God.
Wanneer dit reënseisoen is, geniet dit. En wanneer daar sonskyn is, geniet dit. Laat vaar die hele idee van kla en verlies. Jy kan nie verloor nie. Jy is lewendig op Aarde, en tog hang jou voortbestaan nie af van die Aarde nie. Die Lewe is waardevol, en jou lewe is waardevol. Daardie presiese altyd-veranderde voorbeeld wat jou Lewe op Aarde was is nie soos enige ander en sal nie weer kom nie. Oneindige moontlikhede. Hierdie spesifieke lewe op Aarde van jou is 'n eens-in-'n-leeftyd geleentheid. Jy het gevra daarvoor, en dit was vir jou gegee.
Verandering is die naam van die spel op Aarde. Verandering in die relatiewe wêreld is onvermydelik, en tog weerstaan jy verandering oor en oor. Jy beveg 'n spel wat jy nie kan wen nie.
Kan jy ontken dat die lewe is ook pragtig? Kan jy ontken dat jy het oomblikke van suiwer prag gehad? Onthou toe jy geleer het om 'n fiets te ry en af die pad gejaag het. Onthou 'n pragtige hemelryk en hoe jy dit omhels het. Onthou jou fantasieë en boeke wat mooi was vir jou. Waar kan jy al die kry behalwe in die lewe op Aarde?
Onthou wat jy hier en daar bereik het en vergeet wat jy nog nie bereik het nie.
Lewe op Aarde gee jou keuses. Dit is net 'n idee van jou dat jy verkeerde keuses maak. Die lewe van 'n keuse mag dalk moeilik gewees het, tog hoe weet jy dat dit nie die regte keuse was nie? Op een of ander manier, gaan jy regtig vorentoe in die lewe. Jy lewe die lewe regtig in al sy kosbaarheid. Oorhandig jouself die korrekte propaganda. Skryf jou eie advertensies. Dra kennis van wat jy jouself vertel.
As jy doem kan bevorder, verseker kan jy vreugde promofeer. Jy kan regtig nie die bestaan van vreugde ontken nie, so omhels dit.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"