Heavenletter #5538 Keer Terug Na Genade
God het gesê:
Wat as die woord lyding nooit uitgedink was nie, sou jy, as 'n sterflike mens, met die lewe identifiseer soos jy nou doen? As daar geen woorde vir pyn en al sy vertakkings was nie, sou jy jou lewe voorstel as vol lyding te wees? Is vryheid dalk die afwesigheid van vrees of pyn? Is vrees die sondebok?
Daar is een positiewe woord wat opmaak vir alles, en dit is Liefde. Die woord lief is soos 'n banier in die lug op 'n helder nag gevul met sterre.
Op 'n baie jong ouderdom, begryp kinders die betekenis van God en vat God as 'n natuurlike voorkoms. Dink hier aan, baie jong kinders verstaan nie net die betekenis van God nie maar, is ook op 'n familiêre voet met My wat ver buite die bekende moontlikhede van die Aarde is. As 'n jong kind het jy nie vergeet vanwaar jy kom nie. Jy het Ons Nabyheid geleef en My gevat as 'n saak van natuur.
Watse vibrasie laat die woord God in jong harte en verstande agter? Jy mag glo dat jy, nou, as 'n ouer, is daar vir jou kinders, en, beslis, jy is, en tog jou kinders is daar vir jou om te lief en ook om van te leer. Jou kinders mag die waarlike onderwysers wees. Mag jy na al hul leidrade luister.
As jy nie die idee ge-aanvaar het dat die lewe gevaarlik is, as jy nie die idee ge-aanvaar het dat jou termyn op Aarde is nie 'n piekniek, hoe sal die lewe dan lyk vir jou? Gaan voort. Vat spronge met jou hart. Behou die erkenning dat Ek binne in jou is. Ek is binne-in jou met volle krag. Binne-in is 'n groot woord om jou tande in te sink mee.
Daar is 'n enorme hoeveelheid aandag op woorde soos; sonder en buite, en so is jy oorval met die wêreld en wat ander mag of nie mag dink van jou nie. Maak My jou Innerlike-Gids en hoor wat Ek vir jou sê.
Dit blyk of die Grote Wêreld jou hart en verstand oorvat, en dit is die Val van Genade. Binne-in jou is gebou die Terugkeer na Genade. Binne-in jou is gebou die her-styging na Genade wat jou geboortereg is. Ja, jy val sodat jy weer op kom. Jy styg na jou natuurlike staat wat die Genade van God en jou ware beroep is. Slegs in 'n illusie het jy die Staat van Genade verlaat. Dit is onmoontlik om te vervaag van Genade maak nie saak hoe jy jouself andersins oortuig het nie.
As jy vra, sal Ek jou vertel dat die oppervlak van die lewe is net 'n klomp ervarings en glad nie Waarheid nie. Ons kan sê dat lyding van alle soorte mislei jou. Jy het jouself bedrieg. Die Lewe is ver verby die afwesigheid van Genade.
In terme van illusies op Aarde wat jy inkoop in, is jou aandag op moegheid. Jy verloor jou fokus en jy dwaal in die nie-verstaanbare en gaan af 'n kronkelpad wat uiteindelik jou net kan terug lei na die Eenheid wat Ons alreeds deel.
Jy soek die Persoonlikheid wat alreeds joune is. Ons kan dit nie eintlik 'n wilde-gans jaag noem nie. Die hart van jou is Liefde. Ek wag vir jou om die Hart van God te erken wat jy vol is van en wat presies die Energie en Lig van God is. Ons deel dieselfde Kern.
Moenie langer in 'n valse beeld inkoop nie. Jou hart mag dalk bitterlik spyt belaai wees met krummels wat jy die verlede noem en wat jy ook bymekaar tel as jou toekoms. Nietemin, jy reik na die Hemel, en die Hemel trek jou op na jou natuurlike staat. Jy is nie 'n alleen armoedige kind in die wildernis nie. Jy mag dalk jou Self vergeet het, tog is jy nooit vergeet nie.
Al hierdie oënskynlike lyding wat jy deurgaan is mis-identifikasie. Gaan verby die slawerny. Kyk in Hoër Plekke. Jy sal jou Brandende Lig sien en die vryheid van die erkenning van jou Self as 'n God -Gegewe Helder Lig op Aarde ken wat, in Waarheid, jy is. Aanvaar Wie jy is. Weet dit, en wees dit.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"