Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5537 Die Hoogste Kennis

God het gesê:

Terwyl jy op Aarde is, moet jy inklim in die Lewe op Aarde. Die Lewe hou baie goud vir jou, selfs in daardie oomblikke wat jy eerder sou vermy as jy kon.

Jy is hier op Aarde vir die groei wat Lewe op Aarde jou bied. Op Aarde, leer jy om te sien deur die mis. Jy het die sintuie om jou te help. Jy het teisterende en fiktiewe tyd en ruimte wat jou help om te sien. Jou engelheid in die Hemel en verby is oh so wonderlik en vervullend. In die Hemel is jy so gelukkig en so vry van die navrae en waarskuwings wat Aarde Lewe blyk vir jou hou en wag.

Jy mag dalk vra hoekom jy moontlik nodig het om te weet van gevaar en vrees en pyn en al die dinge wat jou laat hop op Aarde. Hoekom het jy nodig om te leer van besluitloosheid en breekbaarheid en die verganklikheid wat jy leer van op Aarde blykbaar oor en oor? Hoekom moet jy deur die hartverskeurende lewe en leer op Aarde gaan as dit 'n bries is vir jou in Hemel? In Hemel, het jy die Hoogste Kennis altyd.

Jy mag dink dat jy daarvan sal hou om al daai uit te los. Jy hou nie daarvan om al die verduidelikings vir jou wese op Aarde te hoor nie en die leer van lyding en die laat vaarding daarvan.

Terwyl jy 'n engel in die Hemel is, ken jy al die regte antwoorde, en jy kies hulle hartelik. Terwyl jy in die Hemel is, vergeet jy nie vir een oomblik Wie Jy Is nie. In Hemel, het jy geen gevolgtrekkings om te maak nie. Jy het geen klagtes nie. Die Son skyn die heel dag, en jy is onfeilbaar. Jy is, inderdaad, in Paradys, en dan gaan jy alleen na Aarde waar daar oerwoude en groot stede en oënskynlike ongelukke en pyn en marteling van diverse vorms is.

Lees Ek jou gedagtes reg? Jy wonder hoekom op Aarde moet jy Aarde ervaar as, in Waarheid, jy alreeds so helder soos lig is. Hoekom moet jy deur al die skermutselings op Aarde gaan en die menigte van die verskrikkings en hartseer en so voorts?

Lewe op Aarde is die materiaal waarvan romanse en kort fiksie en poësie geskryf word en non-fiksie ook, en operas en musiekblyspele en alles.

Jy wonder hoekom jy nie eerder romanse gegee kan word om te lees in plaas van dit self uit te speel nie. Kan dit nie genoeg wees vir jou om groot romanse te lees en te leer van hul stories. Jy gee toe dat tyd mag dalk nie bestaan nie, soos Ek dit beskryf vanaf my hoogte vanwaar Ek sit en jy, bewustelik, nie meer nie. Jy sal veel eerder My woord vir dit vat en nie die lewe hoef uit te speel nie. Dit is asof jy oor begin in die lewe om net weer te leer wat jy alreeds so goed weet. Op Aarde, is dit asof jy die beste vergeet net om die beste weer te leer.

Eerlik, jy wonder of jy nie op 'n gek se odrag is nie. Jy word 'n raaisel gegee om op te los met groot fronse en probeerslae wat jy alreeds baie goed ken sonder 'n terugwaartse kyk.

Jy verstaan hoekom voëls uit neste gegooi word, tog hoekom moet jy, Wat Siel is, moet aangetrek word in 'n liggaam en gegooi word na Aarde? Op een of ander manier, voel dit net nie reg vir jou nie. Op Aarde, waar daar die fisiese sintuie is, die Aarde se ervarings is oorweldigend en, sover jy kan sien, nie regtig nodig nie.

Verseker, jy leer sodat jy kan onthou, tog betaal jy 'n groot prys vir dit. As die Lewe net nie so erg was nie. Hoekom deur lyding gaan net om te leer dat daar is geen lyding nie en die hele strekking van jou Aardse Ervaring is om verby die illusie te kom wat jy huidiglik mee toegegooi is?

En, nou, soos jy geleë is op Aarde, wonder jy selfs, strydig met die Lewe, of jou termyn op Aarde opgespoedig kan word en vinniger voltooi kan word sodat jy kan terug gaan na Paradys met gemak. Inderdaad, hoekom nie met gemak nie?

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"