Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5532 Die Lewe Het Sy Weg

God het gesê:

Jy het sekere stipulasies omtrent die Lewe. Jy sal saam baie van die Lewe gaan. Terselfde tyd, protesteer jy sekere reëlings, asof die Lewe geen outoriteit het om dinge af te handel vir jou nie. Jy sal hou van sekere bindende reëls en ontsnap klousules. Jy sal graag die Lewe 'n ding of twee wil vertel omtrent sy verkeerde keuses en doen-en-late aangaande jou. Jy stamp jou voet. Jy is seker dat die Lewe moet nie wees soos jy die Lewe sien nie - onvoorspelbaar, onstabiel en ongegrond.

Die feit is dat die Lewe kan enige manier wees soos dit wil wees. Daar is geen wette teen wat jy protesteer nie. Die Lewe kan jou in 'n binding kry. Wat se hulpbron het jy? Daar is geen ontsnapping van die Lewe nie. Dis groter as jy. Die Lewe probeer nie om jou te vang nie, of om jou in 'n binding te kry nie. Die Lewe is eintlik besig met sy eie besigheid, tog, daar is dit: die Lewe is groter as die Lewe.

As jy net kon weet, jy, ook, is groter as die Lewe. Die Lewe soort van sterk-arm jou. Die Lewe het nie altyd maniere nie. Die Lewe is 'n groot man, 'n spier-man. Die Lewe vra nie jou of enige iemand vir toestemming nie. Dit vra jou nie om te sê oor hoe jy voel oor hoe die Lewe is nie. Dalk is jy net opgevang in die middel. In ieder geval, dit lyk of die Lewe arbitrêr is. Ja, die Lewe het sy eie manier om te verwyder of te verstel dit wat lyk of dit in sy pad staan.

Jy mag van die kant getref word, tog niks ontmoedig die Lewe nie. Die Lewe het sy weg. Enige struikelblokke kan die Lewe net optel en weg slinger, insluitende jou. Die Lewe kan soos die wind wees en jou optel, en dieselfde wind kan jou neer laat. Die Lewe, soos die wind, kan jou oor die horison lig. Die Lewe kan jou met blydskap pleister, en die Lewe kan jou neer gooi.

Dit is 'n veilige wed om te sê die Lewe doen wat dit wil wanneer dit wil, en dit lyk nie of jy so baie sê daaroor het nie, indien enige. Die Lewe gee, en die Lewe vat. Dit wil lyk of die Lewe net nie sy verstand kan opmaak nie.

Terselfde tyd, lyk dit of die Lewe heel gedetermineerd en kras is op dieselfde tyd. Jy kan die beste prokureur van alle tye huur, en hy of sy is geen ewe vir die Lewe nie. Somtyds lyk die Lewe soos jou beste vriend, en somtyds sê die Lewe nie eens hallo vir jou nie.

Waar ookal die Lewe wil gaan, die Lewe kan jou saam met hom vat. Jy kan gil, skreeu, huil, totdat jy hees is. As die Lewe een pad wil vat en jy wil 'n ander pad vat, kry die Lewe sy weg en jy vind jouself waar ookal die Lewe jou afgooi.

Jy kan net nie die doel daarvan sien nie. Jy mag voel soos 'n outydse opgestopte pop, wat moet saam gaan na waar ookal hy of sy gedra word. Jy wil 'n sekere sê het, maar dit lyk nie of die Lewe veel na jou luister nie. Die Lewe dink jy is saam vir die rit.

Baie goed wat jou praat doen, of so lyk dit.

Dit is al gesê dat die Lewe wel reageer op jou gedagtes, wense, en woorde wat jy spreek so ook die woorde wat jy nie spreek nie. Die Lewe kan jou oë volg en die geswerf van jou gedagtes. Die Lewe sal jou gee wat jy wil hê. Die Lewe hoor wel wat jy wil hê, en die Lewe hoor jou woorde, en die Lewe hoor ook jou stille gedagtes. Die Lewe sien die uitdrukking op jou gesig, en gaan deur dit. Wanneer jy teleurgestel is, weet die Lewe dit. Somtyds kan die Lewe net nie bepaal wat jy wil hê nie. Dit lyk of jy nie van baie hou nie.

Jy hou nie van die persoon of daardie een nie. Jy hou nie van die werkplek of die vorige een nie. Jy is nie bly met so baie wat die Lewe jou gee dat die Lewe nie weet wat jy wil hê nie en sodoende raai dat jy meer soek van dit wat jy oor praat -- of kla oor. Praat nie langer oor dit wat jy nie van hou nie. Die Lewe doen die beste wat dit kan.

Nou, beslis, dit is nie te sê dat jy alleen die moeilikhede van die Lewe wat jy ontmoet, skep nie, tog gee jy die meeste insette.

Wat sal word van jou lewe as jy okay is met dit en nie langer uit jou pad gaan om dit te beswadder nie. Wat dan?

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"