Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5528 Wat Saak Maak

God het gesê:

Gereeld, wanneer jy 'n dip in selfvertroue en 'n sin vir sukses in die wêreld ervaar, kan dit wel beteken dat jy reg is om op te styg.

Die vliegtuig van jou lewe tel jou op, en, jy zoom vorentoe. Die duisternis van die nag wat jou so sleg gevang het was eenvoudig net die donkerte voor die sonsopkoms. Sonsopkomste bestaan.

Daar is 'n horison voor jou. As jy nou onmiddellik die horison se lig sien of nie, die horison is daar vir jou om te bereik in die Helder Lig van God.

Dit is asof My hand jou optel teen 'n fenomenale spoed en jy vlieg oor die versperring in die pad wat lyk of dit jou moedeloos hou. Jy is jou eie inspirasie of jy is jou eie moedeloos maker. Moenie moedeloos wees nie. Styg na nuwe hoogtes. Jy is bestem vir nuwe hoogtes.

Wees gereed om op te styg. Wees altyd gereed om op te styg. Gee jouself 'n hupstoot.

In die lewe, klim jy 'n leer. Selfs een trappie op 'n slag werk. Terselfde tyd, maak jy gereed vir die rit van jou lewe. Die lewe is bedoel om die rit en die styging van jou lewe te wees.

Ons gee nie soveel om wat die wêreld dink van jou nie. Ons gee om wat jy van jouself dink. Ons gee nie om wat die wêreld maak van jou nie. Ons gee om wat jy maak van jouself. By Ons, bedoel Ons jy en Ek. Ons bedoel waar Ons Antenna is. Enige een kan ander sleg sê. Dit is nie wat Ons doen nie. Ons praat van jou sig en Myne en wat vir jou saak maak en wat vir My saak maak en, daarvoor, Ons.

Ek vra Myself gereeld:

Hoe kan My kinders My lief het met hul hele harte, en dan voorstel om hulself moedeloos te maak? Is daar enige meriete in 'n saak van uiterste moedeloosheid? Is jy jou vriend of vyand? Is jy My vriend of vyand?

Kyk, moenie so baie dink nie. Kom net eenvoudig saam My. Klim hoog met My. Waag dit met My. Wat se musiek Ons saam kan maak! Wat se hoogtes Ons kan klim!

Vertel My, asseblief, wat kan Ons nie saam doen nie?

Daar is niks wat Ons nie saam kan doen nie. Ons loop eenvoudig. Heuwels is meer as heuwels. Heuwels is kruine wat Ons hoër en hoër lei.

Ek weier eenvoudig om jou te laat in val. En Ek praat ook nie van 'n geveg nie. Ek praat van jou om vorentoe te gaan en nie jouself te verslaan nie. Het jy 'n gewoonte om te vinnig op te gee en te ligtelik?

Beslis, jy mag sê dat jy kan opgee in die wedloop voor jy klaar is. Jy weet by nou al dat Ek nie sê dat jy nooit jou verstand kan verander oor enige iets nie. As daar iets is wat jy nie langer wil word nie, as jy beroepe wil verander, verseker, dit is jou keuse. As jy 'n werk vat op 'n laer vlak of vir minder betaling vir wat die geleentheid jou bied, beslis, dit is vir 'n doel en dit is jou keuse. Wat jy nooit opgee op nie is jouself. In die sin, gee jy nooit op nie.

Jy is jou eie lewensmaat en jy gee die lewe alles wat jy kan gee. Gee dit jou alles. Gee jouself alles behalwe nederlaag. Hou aan om jouself aan te moedig. Gee om.

As jy nie langer omgee om dit of dat te beriek nie, dis okay. Jy hoef nie soos ander te wees nie, net jouself. Jy gooi nie jouself weg nie. Jy gaan vir dit wat saak maak vir jou. Jy kan laat vaar wat nie langer saak maak vir jou nie, behalwe dat dit geen sin maak om My te laat vaar nie. Bly by My.

Jy is nie in 'n wedren na die verlede toe nie. Jy is nie 'n stootskraper nie. Jy hou jou oog op dit wat jou teiken is. Jy bemoedig jouself. Jy is jou eie beste vriend. Jy lig jouself op en styg en styg en styg. Saam styg Ons.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"