Heavenletter #5527 Jy Sal Lief Wees Vir Iets Wonderliks Om Te Gebeur
God het gesê:
Dit mag lyk vir jou dat Ek jou verby Gaan laat gaan het, of Ek het jou nie verby Gaan laat gaan nie. Dit mag lyk vir jou dat net wanneer jy die trek-brug wil oorsteek, dan lig dit op, of 'n sekere soort byl val. Jy word bang vir die Lewe. Jy hop rond hier en daar, en jy kan net nie verby iets kom en jou rigting vind nie.
Dit lyk of die lewe jou terug hou. Mense hou terug. Dit lyk asof alles saam speel om jou te laat wag vir die lewe om te begin of, ten minste, vir die lewe om van die rusbank af te klim. Dit mag lyk vir jou dat jy altyd wag in die Wagkamer van die Lewe.
Hoe skakel een individu van biljoene op Aarde sy of haar lewe aan? Dit vat groot moed van jou. Dit is nie maklik vir jou om te voel dat jy die Kaptein van jou Skip is. Dit voel eerder vir jou of jy in kwaai golwe of swirling eddy is, geen een wat jou lei na wat jy wil wees of dit wat jy wens om te wees nie.
Jy is seker die Lewe was bedoel om anders te wees. Jy is besig. Jy staan stil. Dit lyk of dit nie saak maak nie, want dit lyk of jou lewe in die tou staan. Dit is asof jy opgevang is by die wegspring hek, jou hele lewe lank al.
Jy wil graag 'n vuur aansteek onder jou lewe en momentum kry.
Jy het in 'n seilboot gerus en nou soek jy 'n spoedboot.
Jy voel dat jy en jou lewe staan stil in 'n strandmeer. Oh, hoe graag jy iewers wil kom.
Jy mag voel dat jy jou lewe uitsit in 'n wiegstoel op jou voor-stoep.
Jy vra jouself wanneer jou lewe gaan begin, asof jy jou hele lewe lank al wag. Jy het deur mosies gegaan, wagtend vir die oomblik wanneer jy uitgeskiet word van 'n kanon en jy 'n duik in die lewe sal maak.
Dit is nie dat jy storms begunstig nie. Jy wil net uit die storms kom. Jy sal daarvan hou vir iets om te gebeur, soos drome om waar te word.
Jy huil, en jy weet nie hoekom nie. Trane kom na jou, en jy wonder hoekom die lewe nie so vinnig na jou kom nie. Jy hou aan om te wag vir die lewe om te begin, vir iets om te gebeur, vir die lewe om oor jou te staan, waar jy 'n diep asem kan vat en trots kan sê, "Hierdie is my lewe. Dit gebeur."
Daar is iets definitiefs wat jy voor wag, en jy is bang dat jy dit gemis het.
Jy het baie goeie verslae gekry, en nou sit jy hier en wonder: "Is dit al?"
Jy mag dalk nie weet wat moes gebeur het nie, tog weet jy dit het nie gebeur nie. Reg nou lyk jou lewe soos 'n dun reguit lyn wat begin en eindig nêrens, en daar is geen afklim vir jou nie. Dit voel asof jy op hierdie plat lyn is al vir ewig, en daar is geen einde nie. Jy wonder of jy jou begeerte verloor het sowel as momentum.
Kom Ons sê jy wou beroemd wees, en roem het jou gemis, of jy het roem gemis. Dit maak nie saak nou nie, tog sal jy lief wees vir iets om saak te maak. Jy wil hê dit moet saak maak of jy lewe of dood is. Jy wil hê jou lewe moet saak maak, tog nou lyk jou lewe of dit swak-knie is.
Jy hou nie van die idee dat jy vergete was nie, tog sal jy van baie van jou lewe wil vergeet.
Somtyds wonder jy of enige iets steeds vir jou saak maak. Miskien maak die wêreld net nie meer saak vir jou nie, wie verkies is tot president of wie nie verkies is nie en al die by-wette om die lewe te leef.
Wat kan jou nou opgewonde maak of jou plesier gee?
Jou lewe moet tot meer waarde wees as om na 'n goeie film te kyk of 'n goeie boek te lees.
Hierdie kan nie wees wat kalmte beteken nie, nie-omgee of nie so baie omgee nie.
Die Son styg en die Son gaan onder.
Die lug is blou of bewolk.
Nou vind jy jouself meer van die Lewe soek, selfs al weet jy nie regtig wat jy meer van soek nie of wat dit dalk na sal lyk nie. Wat kan pas vir jou, geliefdes?
Jy soek iets wat jou sal laat opspring en sê: "Eureka!" Jy soek iets wat jou sal laat opspring en sê: "Ek lewe! Ek lewe!" Jy soek iets wat jou sal laat opspring en sê: "Hierdie is wat ek nog altyd opsoek was na!"
Ek dink jy soek na Avontuur en Verlore Skatte.
Niks is verlore nie, geliefdes. Jy is opsoek vir jou Self. Kyk op. Staan op. Maak oop jou oë. Sien jouself Skyn in Skerp Lig.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"