Heavenletter #5500 Wees Self-Versorgend
God het gesê:
Laat Ek jou herhinner dat Ons soek om Self -Versorgend te wees. Jy is My Kind, maar nie My hulpelose baba nie.
Beslis, Ek gee. In alle Waarheid, Ek is die enigste Een wat gee. Ek is God van Wie alle seëninge vloei. Jy moet ander vereer. Jy mag 'n wonderlike ontvanger wees, maar wees versigtig om jou self te sien as die Hoof Ontvanger van My Goedheid, selfs al is jy.
Daar is geen beste van Al God se Kinders in die Land nie. Wees besig om jou liefde uit te gee aan ander in plaas van om so in ontsag te wees van die hoogtes wat jy dink jy bereik het.
Jy is nie vrygestel van verantwoordelikheid om jou eie velde te ploeg nie. Jy het geen plek of tyd om te dink dat jy alles weet nie, en ander --selfs een ander -- weet nie.
Ek het Een Kind. Verseker, jy is bly en dankbaar wanneer Ek tot jou hulp kom, tog, by als wat heilig is. Ek wil nie hê jy moet lui wees en op My wag om jou te bevry nie. Ek het dit al van tevore gesê, en Ek se dit weer: Klop My om dit te doen. Vat initiatief en gaan uit en maak gebeur wat jy wil hê moet gebeur. Maak staat op My, maar moenie vir My wag nie. Gaan uit en werk om My te dien en die mensdom. Ek maak staat op jou.
Ek maak jou nie groot om My te vra vir alles nie. Ek maak jou nie groot sodat jy dink dat jy is geregtig op spesiale gunste, en, daardie ander, dalk, is nie so geregtig nie.
Wees bly en dankbaar, en tog moenie op Berg Ida sit en dink jy weet meer as ander nie. Moenie rond sit en dink dat jy is meer hoogs ontwikkel as ander nie. Jy mag dalk verras wees, geliefdes.
Moenie voorgee dat jy meer of beter as ander is nie. Moenie so trots wees op jou self dat jy die impressie gee -- moet beslis nie 'n impressie van jou self gee -- dat jy hoër of magtiger is of dat jy die kat se snor is nie. Jy weet waarvan Ek praat.
Ek verdien dat elke liewe seun of dogter van My wel meer van homself of haarself dink. Dit bedoel nie -- Ek herhaal -- dit bedoel nie dat jy moet minder dink van enige een as 'n manier om meer van jou self te dink nie. Wanneer jy minder dink van enige ander is dit bewys dat jy regtig nie jou self genoeg waardeer nie.
Ek vra nie dat jy jou self af druk nie. Hoewel, om te dink dat jy geregtig is om 'n ander se waarde te gradeer is trots, opgeblaaste trots. Wees versigtig. Hierdie soort trots is vals en is bedoel om jou te versterk. Versterk die persoon oorkant jou of langs jou. Stel jou self reg.
Wat het geword van moenie veroordeel nie? Ondersteun almal. Bemoedig almal. Nou, sal Ek 'n bietjie verder gaan. As jy opmerk dat iemand jou af druk en dus homself op lig, in sy eie skatting, neem kennis, te gereeld wat jy fout vind in 'n ander is presies die fout wat in jou bestaan. Voëls van 'n veer bly bymekaar. Wat jy sien blyk te wees wat jy is. Hierdie is nie altyd nie maar is meesal die geval. Wat ook al jy 'n ander voor veroordeel, mag jy in presteer.
Liewe Een, waardeer jou self, maar moenie jou self so ernstig vat nie. Jy is nie bedoel om 'n heiligdom te hê waarin jy jouself aanbid nie.
Terwyl op Aarde, wees 'n engel. Jy het die mag binne jou om die wêreld op te lig. Dis maklik. Moet net nie jou self op hou as beter as ander en definitief nie in die spirituele realm nie. Jy mag dalk 'n beter naeldwerker wees. Jy mag 'n goeie siel wees, selfs 'n wonderlike siel, tog moet jy nie, onder geen omstandighede, 'n haan wees wat kraai nie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"