Heavenletter #5499 God Draai Goud
God het gesê:
Geliefde Kind van My, herhinner jouself dat, wanneer jy af voel, selfs op jou laagste, is jy in 'n goeie plek, jy is soos 'n bouler in bofbal wat sy arm ver terug trek voor hy gooi. Of, jy is soos 'n naelloper, wat laag afsak en vinnig vorentoe spring met groot momentum. Of, jy is soos 'n boogskutter wat sy boogstring terug trek. Wanneer jy ophou terug trek en laat gaan, wat ook al jy stuur, gooi, loslaat, gaan vinniger en verder en na 'n teiken.
Wanneer jy af voel, gaan jy vorentoe spring met krag. Jy gaan na nuwe hoogtes styg.
Ek vra jou om nie mismoedig te wees nie. Mismoedig beteken moedeloos, Verseker, jy moet nie jouself moedeloos maak nie.
Jy kan net hoër styg. Jy sal beter word. Jy het dit al van tevore gedoen. En, jy sal dit weer doen. Soos jy styg, so sal ander ook. Jy stel die momentum. Jy breuk die grense wat in jou verstand was, en ander sal ook.
Al jou struwelinge is met jou self. Wanneer jy depressief voel, het jy jou self depressief gemaak. Ander en ander gevalle mag teen jou druk, tog bepaal jy hoe erg. As jy uitgeskel voel, is dit jy wat so voel.
En, wanneer jy geinspireer word, maak nie saak hoe baie ander jou geinspireer het nie, jy is jou eie inspireerder.
Jy is jou eie alles, jou eie lasteraar, wegkruiper, show-off, skuiwer, storie-verteller, akteur of stêr van die show, teiken, verlosser, dispenser, fout-maker, ongelowige, gelowige, slaner, okkupeerder, vryer. Jy is die belle van die bal en jy is die muurblom.
Jy maak jouself bewe. Jy maak jou self kwaad, en jy maak verskonings vir jou self. Jy verkleineer of vergroot, Jy steel, of Jy gee liefdadigheid, Jy is bly en Jy berou. Jy maak gelukkig en jy huil. Daar is alle geleenthede in die Lewe, en jy reageer op hulle soos jy op hulle reageer. Jy dra by tot hul agting of minagting van hul self.
Laat jou lig voort skyn. Maak oop jou oë, en jy haal die blinders af van ander se oë. Almal reflekteer jou op een of ander manier. Dit is nou tyd vir jou om My te reflekteer met al die lig wat Ek jou gegee het. Ware Goud. Jy is Ware Goud. Jy is die Goud wat Ek gedraai het en vir jou gegee het sodat jy die wêreld kan verlig. Jy is verseker nie daardie stukkies stof wat jy jou self aangesê het nie. Word wakker. Word wakker nou.
As jy almal en alles is, sluit My dan in. Dink aan jou self as Gedraaide Goud. Wat anders sal ek draai behalwe My self?
Jy is almal en alles. Jy is verantwoordelik aan almal en alles. Jy is verantwoordelik vir jou self. Ek het jou gemaak in My beeld en jy mag jou self maak as 'n opgewende-speel ding wat net optree soos die wêreld verwag jy moet. Op die allerminste, jy moet goedhartig wees teenoor jou self, maak nie saak hoe ongeorganiseerd jy mag voorkom of watter opmerkings die wêreld mag maak nie.
Op Aarde, is jy in vermomming. Jy het self jou self vermom. Jy loop rond as of jy nie die Koning se seun of dogter is nie. Jy mag dalk jou self vermom het as 'n huffy persoon wat altyd haastig en bang is om gesien te word in al My Glorie.
Jy mag dalk aan jou self gedink het as iemand wat beswaar maak wanneer jy die Goud van My Hart is.
'n Wanvoorstelling is op My kinders onophoudelik geplaas. Jy was nie die Waarheid vertel van jou erfenis nie. Jy was vet gemaak op flim-flam. Jy het geglo jy is die sand (skuim) van die Aarde. Dit is geen kwaadwilligheid teenoor die goeie Sand van die Aarde nie. Dis sand. Die sand self is ook onplesierig gemaak. Die Aarde wat van sand en ander dinge gemaak is hou homself aanmekaar met 'n goeie sin vir Self. En dit is wat jy moet doen. Ken jou self as 'n Verligte Wese. Weet hoe goed die menslike wese is wat jy is en bedoel was om te wees, en wees dit.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"